Vrystaat-munisipaliteite: Jongste oor kragonderbrekings

Argieffoto: GCIS

Eskom het ʼn ooreenkoms aangegaan met een van die Vrystaatse munisipaliteite wat sedert verlede maand onder kragonderbrekings gebuk gaan.

Bibi Bedir, senior bestuurder van Eskom se kliëntediens in die Vrystaat, het gesê Eskom het ʼn ooreenkoms met die Masilonyana-munisipaliteit wat Brandfort, Theunissen, Winburg en Verkeerdevlei bedien, bereik.

Die Masilonyana- en die Tokologo-munisipaliteit skuld Eskom miljoene rande.

“Kragonderbrekings na die Masilonyana-munisipaliteit word dus met onmiddellike effek opgeskort,” het hy gesê. Dié munisipaliteit skuld Eskom meer as R48 miljoen.

“Ons is tevrede met die ooreenkoms wat bereik is en sal die munisipaliteit se betalings monitor. Indien hulle nie die ooreenkoms nakom nie sal daar binne 48 uur weer kragonderbrekings ingestel word.”

Bedir het gesê daar is intussen ook onderhandelinge met die Tokologo-munisipaliteit wat Boshof, Dealesville, Hertzogville en Seretse bedien, aan die gang. “Eskom het dus besluit om nie kragonderbrekings van 14 uur in te stel nie.” Kragonderbrekings sal egter voortduur tot en met ʼn ooreenkoms bereik word.

Dié munisipaliteit gaan sedert 21 Februarie onder kragonderbrekings gebuk aangesien die munisipaliteit Eskom meer as R36 miljoen skuld.

Tot en met ʼn ooreenkoms bereik word, lyk die Tokologo-munisipaliteit se kragonderbrekings as volg:

Week 2 (28 Februarie – 9 Maart 2018)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 09:0008:30 – 12:00
17:00 – 20:3015:00 – 19:00
Week 3 (10 Maart 2018 tot ʼn ooreenkoms bereik is)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 20:0006:00 – 20:00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietsepan ·

Hoe is dit dat munisipaliteite nie hul Eskom rekenings betaal nie? Vra dit. Vorder hulle nie hul inwoners se rekenings in nie? Wat word van die geld? Haai dis asof ek nie weet nie.

Jan ·

Skande dat Eskom die krag afsny.dit is die een staatsinstelling teen die ander een. Donker Afrika, dankie broederbond.

Chris Ws ·

My vraag is hoe kon Escom hulle so’ ver agterstallig laat raak het?Daar is ‘n groot vrot kol in Escom se rekeninge afdeling wat uit gesny moet word.
Ramaphosa maak oop jou oge en onthou wat jy in jou Staats Rede gese het oor korrupsie wat JY gaan hokslaan.Begin by munisipaliteite en Escom.

CK ·

My vraag is net, is dit die verbruiker se skuld as die rekeninge by Eskom nie betaal word nie, waarom word die verbruiker dan ontneem van basiese dienste. Daar was ‘n goeie gesprek op Die Groot ontbyt in die week wat presies hierdie bespreek het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.