“Die ANC het met leedwese kennis geneem van die noodlottige ongeluk in die Vrystaat,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die party, gesê. “Die ANC probeer steeds vasstel wat gebeur het en sal meer inligting deurgee soos dit bevestig word. Ons gedagtes is met die beseerdes en bedroefdes.”
Maroela Media het vroeër berig minstens 10 mense is dood en talle beseer ná die bus tussen Winburg en Ventersburg omgeslaan het.
Volgens ER24 is meer as 50 mense beseer.
Alles gebeur met ‘n doel. Mens se lewe kan binne ‘n sekond verander.
Simpatiseer mt bedroefte en beseerende families.laat di here in hierdie tyd julle onderskrag en u versterk.
Alle simpatie.
Ongelukke is só onnodig. Dit veroorsaak erge smart. Meer moet gedoen word om ons padvervoer te beveilig.