Vrystaat-ongeluk: ANC-ondersteuners was in bus

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ANC het bevestig dat die bus wat Sondag langs die N1 in die Vrystaat omgeslaan het, ondersteuners van die party terug na Johannesburg vervoer het ná Saterdag se verkiesingsmanifesbekendstelling in Port Elizabeth.

“Die ANC het met leedwese kennis geneem van die noodlottige ongeluk in die Vrystaat,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die party, gesê. “Die ANC probeer steeds vasstel wat gebeur het en sal meer inligting deurgee soos dit bevestig word. Ons gedagtes is met die beseerdes en bedroefdes.”

Maroela Media het vroeër berig minstens 10 mense is dood en talle beseer ná die bus tussen Winburg en Ventersburg omgeslaan het.

Volgens ER24 is meer as 50 mense beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Alles gebeur met ‘n doel. Mens se lewe kan binne ‘n sekond verander.

sethos ·

Simpatiseer mt bedroefte en beseerende families.laat di here in hierdie tyd julle onderskrag en u versterk.

James ·

Ongelukke is só onnodig. Dit veroorsaak erge smart. Meer moet gedoen word om ons padvervoer te beveilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.