Vrystaat-ongeluk eis 4

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

Vier persone is dood en drie beseer in ʼn trompop ongeluk op die N1 tussen Winburg en Ventersburg.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het Maandagaand omstreeks 22:50 tussen ʼn Volkswagen Polo en ʼn Ford Ranger plaasgevind. Vier persone is op die toneel dood verklaar en drie is na hospitale geneem.

“Die Volkswagen Polo, met ʼn Gauteng-nommerplaat, het in ʼn noordelike rigting gery, sowat 25 km buite Winburg in die rigting van Ventersburg. Die Ford Ranger het ʼn bestuurder en drie passasiers gehad en het ʼn sleepwa gesleep.”

Die Ford Ranger het na bewering voor die Polo ingeswaai en die twee voertuie het mekaar reg van voor getref. “Die Ford Ranger het aan die brand geslaan. Die bestuurder het in die brand verkool.”

Volgens ʼn passasier is die bestuurder oorspronklik van KwaThema in Springs. Drie passasiers het ernstige beserings opgedoen. Twee persone is na Winburg-hospitaal geneem en die derde na Bongani-hospitaal.

Die bestuurder van die Polo en sy twee passasiers is op die toneel dood verklaar deur paramedici.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

eisch, die kop aan kop ongelukke, waar is die mense se opeiding, redenerings en oordeel vermoë

Blomme

So tragies en ook so onnodig.

Shakespeare

Kamikaze from Kwa Thema vertel die hele verhaal. Strafbare manslag teen ‘n dooie ? Dit wil gedoen word.

Yvonne

Doodsveragtende optredes is in die meeste gevalle waarneembaar…..wees ons genadig….alles verval so vinnig