Vrystaat-oom vas oor broerskind se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 35-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo sy broer se seun in Qwaqwa in die Vrystaat verkrag het.

“Die seun voer aan hy was op pad huis toe, toe sy oom hom gedwing het om na sy huis toe te loop,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het die slagoffer glo na sy huis geneem waar hy hom gedwing het om sy klere uit te trek. Toe hy weier, het die oom hom geklap en herhaaldelik verkrag.”

Die seun is na die voorval huis toe en het sy ouers vertel wat gebeur het. “Hulle is saam met die seun na die polisiestasie waar ʼn saak van verkragting aanhangig gemaak is. Die oom is daarna in hegtenis geneem,” het Mophiring bygevoeg.

Die man sal na verwagting Maandag in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.