Vrystaat-pa agter tralies ná kinders geslaan, verkrag is

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die besonderhede in hierdie berig is nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie. ʼn 46-jarige man van die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hy skuld bekend het op aanklag dat hy sy twee kinders herhaaldelik verkrag en aangerand het.

Die polisie in Thabong het Woensdag gesê die man, wie se naam weerhou word om sy kinders se identiteit te beskerm, het ook sy kinders aan pornografie blootgestel en sy seun gedwing om seks te hê met ʼn hond.

Die man is in die hof vir seksuele misdrywe in Welkom tot 60 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklag van verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer, onsedelike aanranding, die vertoon van pornografie aan kinders en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word me teen van die verkragtingsklagtes, wat beteken dat hy effektief tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is.

“Die vonnis volg ná ʼn voorval waar ʼn slagoffer professionele hulp van ʼn maatskaplike werker wou bekom oor depressie en angs en die Thabong-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe is ontbied,” het Malebo Khosana, woordvoerder vir die polisie, gesê. “ʼn Dossier is oopgemaak en die beskuldigde is op 18 Maart 2015 in hegtenis geneem. Hy het op 19 Maart 2015 in die hof verskyn en was sedertdien in aanhouding, aangesien sy aansoek om borgtog afgekeur is.”

Die staat het op 21 Desember vanjaar ʼn pleitooreenkoms met die beskuldigde aangegaan “om die slagoffers van die trauma te beskerm om te getuig”. “Die slagoffers het aangedui dat hulle eerder nie wil getuig nie, omdat dit te seer sou wees,” het Khosana bygevoeg.

Dit het in die hof aan die lig gekom dat die man die dogter herhaaldelik verkrag het vandat sy nege jaar tot 15 jaar oud was en die seun tussen 10 en 15 jaar oud. “Toe die ma in ʼn stadium wou ingryp, het die man ʼn vuurwapen op haar gerig,” het sy gesê. “Haar seun het vir die pa gesê hy kan hom eerder skiet, waarop die pa net gelag het. Die vrou het die man se humeur en gewelddadige aard geken en sy was bang dat hy haar inderdaad sou skiet.”

Die man het die gesin bly teister, en sy kinders met gordels, stokke en vuiste geslaan.

“Die beskuldigde het sy dogter byna daagliks op een of ander manier onsedelike aangerand deur aan haar privaat dele te vat of haar te dwing om aan hom te vat,” het Khosana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jakes ·

Vermorsing van enige kleur vel, en verdien nie eers die asem wat hy gebruik.

Danie ·

Ek dink die ma kon ook plan gemaak het as sy regtig wou. Verstaan die vrees maar daar was jare wat verloop het waar sy plan kon maak om te ontsnap-
sy was nie vasgeketting nie

Mariette Hammann ·

Waarom is die ma in hierdie geval nie ook aangekla nie? Hou op om belastingbetalers se geld te mors. Hang hulle op en kry klaar. GEEN GENADE VIR VERKRAGTERS!

Bronwyn ·

Klink vir my soos die arme Poppie geval wat net baie langer geduur het en darm nie een van die 2tjies omgekom het nie. Maar by die poppie geval meen ek dat weereens die ma se kinders blybaar nie die moeite werd was om voor te veg nie. Ek het self al n kind verloor aan natuurlike oorsake maar ek sou geveg het tot die dood toe vir my kind. En as ek wel eendag weer besluit om ‘n kind te kry sal ek nie twee keer eers dink om my lewe op te offer vir my kind nie.

Adele ·

Hoe doen n pa of enige ouer so iets aan hul die of enige iemand anders se kinders. Jy is n gewetenlose stuk skuim wat nie verdien om op hierdie aarde te wees nie. God sal nooit toelaat dat n kind van Hom leed aan n ander kind van Hom sal doen nie.

Maria ·

Adele, my sentiment is dat hy slegter as skuim is, want selfs die see spoeg skuim op die strand uit.

Louise ·

Wat ‘n wrede wereld waarin ons lewe! Mense is so gevoelloos en wreed!

Theresa ·

Nie die naam “pa” werd nie. Doodstraf sou meer gepas wees – jarelange uitmergelende lewe vir die arme twee kinders wat totaal en al getraumatiseerd en onaangepas in die lewe is. Wat hy sy seun gedwing het om te doen met ‘n dier sal sy siel laat vergaan. In hierdie geval is 18 jaar verspot kort.

Bokkie ·

In so n geval sou ek met my kinders uitgeloop het en klaar.As om deur so n hel te moes gaan.

E.K. ·

18 jaar is HEELTEMAL te min. Hoe is dit geregtigheid? Liewe hemel … ek het nie woorde

Justice ·

60 jaar tronkstraf waarvan hy slegs 18 jaar effektief gaan sit – 42 jaar afslag vir wat? `n Pleit ooreenkoms om te erken dat hy skuldig is aan sy eie kinders se mishandeling en verkragting? Ek raak al hoe groter voorstander van `n boendoe hof.

Magda ·

Kyk asb biekie na julle spelling en gebruik van woorde, daar word engels en afrikaans deurmekaar gebruik. Dankie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Magda

Ek vermoed jy verwys na die uittreksel op Facebook, en nie hier op die webwerf self nie?
Ons het ‘n paar lesers wat nou al hierna verwys het op Facebook. Die “vertaling” wat jy sien is ʼn outomatiese vertaling van Facebook – jy sal merk dat dit onderaan die stukkie sê “Translated from Afrikaans”. Dit is ʼn outomatiese vertaling, en glad nie die inligting wat ons gepubliseer het nie.
Dit is moontlik dat jy iewers ʼn knoppie gedruk het om Afrikaanse teks outomaties na Engels te vertaal, dit is dus ongelukkig glad nie binne ons beheer nie, en ons kan dit nie aan ons kant verander nie.

Laat weet gerus indien jy spesifiek na die teks hier op die webwerf verwys, dan moet ons dringend ondersoek instel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Chivago ·

Magda – as jy wil kla oor spelling, maak tog seker jou eie is korrek anders kan dit ‘n “bietjie” verwarrend wees.

Seepboks ·

Hi Sune, is dit dalk ook moontlik dat julle kan verduidelik hoekom sekere mense se kommentaar verwyder word en ander, wat ook meer aggresief is staande bly? Sal net graag uit interessantheid wil weet.

moya ·

my gebed is dat die kinders intensiewe berading sal ontvang .langtermyn.ek wens dat ek as maatskaplike werker deel kon wees van die multi-disiplinère span.my hart bloei vr hulle

Lizette ·

Se ek ook as sy bang was vir hm hukm ht sy ni gaan hulp soek ni mt imand ge praat ni. Sy is nt so skuldig soos hy. Ek ht ook no so ge val ge haat mt ons bure n ons ht i saak teen di pa n di ma ge maak omdat sy van als ge weet ht. Sy moet ook gaan dit saam mt hm. Ons lewe in i siek lewe

Skybird ·

Hi Suné,
Wil ek ook graag weet, soos Seepboks, my kommentaar word geplaas en daarna weer uitgewis? ? Is daar verskil tussen woorde ” gemors ” en ” stuk skuim ” ???

Sune van Heerden ·

Dagsê Skybird

Kommentaar word gemodereer volgens ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak jou kommentaar word nie verwyder nie:
http://maroelamedia.co.za/bepalings-en-voorwaardes/

Let asseblief ook daarop dat Maroela Media die reg voorhou om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie onderhewig is aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder. Die kommentator hoef nie in kennis gestel te word indien sy kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur Maroela Media verskaf te word nie.

Die riglyne is saamgestel in oorleg met ‘n regsadviseur om seker te maak ons en ons lesers word hierdeur beskerm.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

wilma ·

Sy dag sal kom in die tronk…skuim van die aarde
Ek voel baie jammer vir die kinders, die Ma is net so skuldig…….

Katoo ·

Ek kan nie verstaan hoekom die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word nie – die kinders is almal gemolesteer/verkrag ens., elkeen ‘n geval op sy eie, maar tog word die vonnisse saam uitgedien – dit moes 60 jaar gebly het, punt oor en uit! Ek verstaan dat die kinders se identiteit beskerm moet word, maar aan die ander kant is dit tog jammer dat die naam van die monster om daardie rede verswyg moet word. Die arme kinders gaan vir die res van hul lewe met hierdie traumatiese ervaring moet saam leef. Mag die 18jaar in die tronk elke dag vir hom hel op aarde wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.