Vrystaat-pa en seun vas oor dagga-laboratorium

Foto verskaf deur die SAPD

Foto verskaf deur die SAPD

ʼn Pa en seun is Vrydag in Riebeeckstad buite Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat ʼn hidroponiese dagga-laboratorium op hul eiendom ontdek is.

“Die Thabong-polisie en Welkom se honde-eenheid het die oggend omstreeks 09:00 ʼn wenk ontvang oor ʼn dagga-laboratorium in ʼn huis in Riebeeckstad,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê.

Beamptes is na die huis in Jasonstraat en het toestemming versoek om die perseel te deursoek. “ʼn Hoëgraadse hidroponiese dagga-laboratorium was in die agterkant van die huis. Dagga is in die seun se kamer en onder ʼn boom in die erf geprosesseer.”

Die 52-jarige pa en sy 27-jarige seun is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklag van die besit, handeldryf en vervaardiging van “hoëgraadse hidroponiese dagga”, het Thakeng bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stefaans ·

Hoe jammer tog – dagga is die enigste kontantgewas wat nog ekonomies verbou kan word, met al die droogte, peste en plae tans teenwoordig…….

M A ·

:-D Stefaans, jy is heeltemal reg. Dis so’n mooi plant, sterk en plaagbestand. Ek het gehoor daar is ander gebruike ook, behalwe nou die ooglopende rook ding. Dis so jammer dinge word so misbruik.

Jaco ·

Ja Dagga is maar Dagga , ek se nie dit moet goedgekeur word vir misbruik by kinders nie , maar is dit nou regatta so erg ?? kom aan ??? n paar biere doen meer skade aan jou lewer oor tyd , dagga het sy newe efekte , maar ek dink hulle moet dit maar net laat groei dis nie alsof dit heroin of cocaïne is nie

Violet ·

Dis baie goed vir die gesondheid veral is olie vorm. Dit laat jou vergeet van al die moeilikheid in ons land.

Sumari ·

Als goed en wel om te vergeet,maar sodra dit uitgewerk het is als weer terug na normaal. Ek persoonlik het nie ‘n probleem met dit nie. As jy net kalm bly en nie moeilikheid maak nie kan dit werk.

Henry Moorcroft ·

Wens journaliste wil hulle feite reg kry met stories ….eish !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.