Vrystaat-plaasaanvalle: VF Plus wil met polisie vergader

Argieffoto: Reint Dykema

Die VF Plus in die Vrystaat het die provinsiale polisiekommissaris, genl.maj. Moeketsi Sempe, versoek om in te stem tot ʼn vergadering met die party om die toenemende plaasaanvalle in die provinsie te bespreek nadat ʼn egpaar Saterdag wreed op ʼn plaas buite Hertzogville aangeval is.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, het in ʼn verklaring gesê indien Sempe werklik daartoe verbind is om met alle sektore van die samelewing saam te werk om aandag te gee aan misdaad in die provinsie, kan hy regtig nie anders as om in te stem om met VF Plus oor plaasaanvalle te vergader nie.

“In baie gevalle loods groepe van twee of meer aanvallers aanvalle op plase waarin die eienaars hulleself nie kan verdedig nie. Dit is hierdie veiligheidsvakuum wat die VF Plus met Sempe wil bespreek,” het Van Niekerk gesê.”

“Elke misdaad in die provinsie behoort aandag te geniet, maar plaasaanvalle word toenemend polities-gemotiveerd weens politieke partye, waaronder die ANC en EFF, se blatante leuens dat wit mense grond in Suid-Afrika gesteel het. Die regering se grondhervormingsproses in Suid-Afrika is om verskeie redes ʼn mislukking en die ANC speel ʼn uiters gevaarlike speletjie deur wit boere die skuld te gee vir ongelykhede in die land.”

Van Niekerk het beklemtoon dat sommige politici se “populistiese uitlatings” ʼn wanpersepsie skep oor die ware probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar.

“[Die regering] versuim om daadwerklike politieke oplossings te bied. Dit skep net die moontlikhede vir nog plaasaanvalle.”

Volgens Van Niekerk wil die party tydens die vergadering met Sempe spesifieke veiligheidskwessies uitlig en moontlike voorstelle aan die hand doen om die polisie se hand te versterk en sodoende landelike gebiede veiliger te maak.

Maroela Media het vroeër berig Japie (75) en Emma (75) van den Berg is Saterdagoggend buite hul huis op die plaas Langeveld aangeval. Hulle is erg aangerand, glo met pangas, en twee vuurwapens is gesteel voordat die verdagtes op die vlug geslaan het. Meer as 50 boere het dadelik ingespring om die polisie te help om onder meer met twee helikopters die aanvallers se spoor te vat en vyf verdagtes is sedertdien in hegtenis geneem.

Van Niekerk het gesê hy verwelkom wel die polisie se optrede om in samewerking met die gemeenskap vinnig te werk om die verdagtes vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hanna ·

SAPS is kop in een mus met die plaasaanvallers. Sterkte met die onderhandelings in elk geval. Boere en private sekuriteitsmaatskappye gaan maar self die skelms moet vang.

Selfbeskikking ·

Sulke vergaderings was al gedoen en dit baar nil. Vergader eerder met regering en buiteland vir selfbeskikking, dis al wat ons gaan red.

Reguit ·

Onthou die tee en die koekies. Dis al wéér tyd vir ‘n lekker vergadering. Sover, sedert ’94, het al die vergaderings darem maar vir jou ‘n wonderlike impak op die toedrag van sake gehad…… Viva Azanië.

Johan. H. ·

Sorrie man , julle mors jul tyd. Laat die saps eers hul eie kriminele uitwerk, tot dan pas julself op,, Vandag weer gelees hou plunder die saps , sies man!!!

jaco ·

al vergader die liewe Vader in die Hemel of die Duiwel ook met die SAPD, gaan hulle openbare antwoord steeds dieselfde wees: “dis net gewone misdaad en ons kan die ondersoeke daarna nie prioritiseer nie”
Hulle privaat antwoord sal ook bly: “ons regeringsbeleid is eintlik om die boere almal permanent van die plase af hê en die plaasmoordenaars help eintlik om hierdie beleid uit te voer”

Piet ·

Jy kan dalk reg wees, maar jou feite is reguit van die duiwel af, want daar staan tog geskrywe “by God is alles moontlik”. Ons het lank reeds gesien dat niemand ons gaan red nie, behalwe God self. As ek so na die kommentaar kyk dan weet ek dat dinge nog baie erger sal word. Dit is omdat ons God se genade nie verdien nie!

Anli ·

Ons mense wil als op d regte manier “bespreek ” en ” onderhandel” . Maar dis onmoontlik !!

elba muller ·

Kla die anc en eff aan vir volksmoord by die wereld hof. Julle praat teen n muur.

Callie ·

Vra weer. Daag Ramaphosa openlik in die parlement om plaasaanvalle te veroordeel. Laat hy voor almal antwoord en vra of hy iets daaraan gaan doen. Hy sal nie antwoord nie. Hy is die ANC. Dieselde as Zuma. Die doel is om van wit boere ontslae te raak dan is dit maklik om grond te onteien. As dit nie so is nie sal hy dit mos duidelik uitspel. Sy stilswye is mos duidelik sy antwoord

Corrien ·

So iets het Piet Retief ook gedoen. Gaan niks help nie. Tyd raak min vir die Boere.

willie ·

ja na al die moeite kry hierdie selfde “verdagtes” weer borgtog en gaan voort met hulle misdade! anargie op sy beste, die krimenele het geen vrees meer vir die polisie nie kyk net wat gebeur nou op die N3 op hierdie oomblik!

Johanna Botha ·

Polisie kyk net wat gebeur en doen niks is ook heeltemal reaktief en baie van hulle het self krimenele rekords ……

Wessie ·

Al die plaasaanvalle en moorde waarvan ek deesdae lees is bejaardes oor 70!
As hulle nie ‘bullet proof’ op hul plase kan woon nie is dit ‘n statistiek wat wag om gepubliseer te word!
Hoekom verhuis julle nie na veilige hawens toe om julle laaste jare sonder vrees te kan geniet nie?
Die regering en wie ook al KAN NIKS AAN DIE SITUASIE DOEN NIE!!!

Yankee ·

Verhuis waarheen?? Te laat
Lande wil julle nie he nie. Julle is op jul eie genade daar boet

Joe Hall ·

Yankee
Goeie ding dat jy jou goed gevat en getrek ferreira het.
Ons kan en sal sonder jou en die res van die ferreira’s oor die weg kom.

Yankee ·

Regtig, hulle lag vir julle al jare lank!! Probeer weer na 2021. As jy nog daar is om asem te haal.

AmY ·

Hier gaan dadels van kom. Niks gaan gebeur nie. Oumense word gemartel en vermoor of vir dood gelos, en die nuustasies op TV is tjoepstil. ‘n Man gee sy huiswerker ‘n paar klappe, en dit word uitbasuin. Dink dis tyd om KYKNET ook te wys en ons dstv te kanselleer?

Colleen ·

En die polisie gaan julle te hulp snel LOL. Korrupsie vier hoogty in die SAP.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.