Vrystaat-plaasmoord: Bure red boervrou, kry boer se lyk

Argieffoto

Argieffoto

Jan de Kock (69), die boer wat gister op sy plaas buite Petrus Steyn vermoor is, se vrou was in die huis se badkamer toegesluit terwyl sy liggaam in ‘n skuur gelê het.

Gerhardt Gouws, veiligheidskoördineerder in Petrus Steyn, het aan Maroela Media gesê bure van die De Kocks is na die plaas Groot Waag nadat Jan se Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie deur die polisie buite Vereeniging gekry is. Die sleutels was in die aansitter.

Gouws sê die bure het De Kock se vrou, Marietjie, in ‘n badkamer in die plaashuis gevind waar die aanvallers haar toegesluit het. Hy sê De Kock se liggaam is in ‘n stoor langs sy vierwielmotorfiets aangetref.

Volgens Gouws was De Kock se hande en voete met draad vasgebind. “Hulle het hom in ‘n hurkende posisie laat sit en sy bene aan sy lyf vasgemaak. Daar is iets in sy mond gedruk en met draad toegebind.”

Gouws sê De Kock het glo met sy vierwielmotorfiets gery om na sy vee te gaan omsien en dat hy vermoedelik in die veld of met die terugkeer oorval is.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gister gesê die polisie soek na drie verdagtes. Hulle het vuurwapens en selfone gesteel voor hulle met De Kock se bakkie gevlug het.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Enigiemand met inligting kan die Petrus Steyn-polisiestasie by 058 871 3200 kontak.

Lees ook:
Boer vermoor in Vrystaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louise Badenhorst ·

Dit is so wreed! gaan daar nooit ‘n einde hieraan kom nie!

Plaas eienaar ·

Bring asb. die doodstraf terug, ons tronke te vol. Misdadigers het ‘n beter lewe en geen bekommernisse vir die dag van môre nie. Dit is al weg wat hierdie land weer ‘n plek van rus en vrede sal wees.

pop ·

Nee daar gaan nie n einde aan kom nie. En nou gaan die haat nog erger aangeblaas word met die ding wat die regering van voor af wil he daar moet mense na vore kom wat n storie te vertelle het oor die apartheid. Nie in my agterkleinkind se tyd sal die oopgrawe van ou dinge stop nie> Bygese as daar dan nog n elkele witte oor is.

Johannes Smith ·

Hartseer.
Kinders wat oorleef moet van vooraf beplan – waarheen, wanneer hoe ver.
Keuses sluit nie in lekkerder nie, dit moet wees oor beter – oral is beter as in die gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.