Vrystaat-plaasmoord: ‘In sy laaste oomblikke was hy alleen’

Gawie Stols, die broer van Kyle Stols (25 Oktober 2017). Foto: Reint Dykema

Gawie Stols, die broer van Kyle Stols (21) wat Sondag op ʼn plaas in die Jagersfontein-distrik in die Vrystaat doodgeskiet is, het Woensdag emosioneel vertel hoe sy broer se dood hul gesin geruk het.

“My ma wil nie meer lewe nie, sy sien nie kans nie. My pa is verpletterd. Hy praat nie, hy is te stukkend. Ek het ʼn oupa wat 85 jaar oud is. Hy het kanker, hy is siek. Hoe moet hy hierdie skok hanteer?”

Stols het op ʼn mediakonferensie gepraat waartydens AfriForum sy plaasaanvalstatistieke tot dusver vir 2017 bekendgestel het. Maroela Media het vroeër berig Kyle is op die wildsplaas, waar hy as voorman gewerk het, doodgeskiet vermoedelik toe hy gaan ondersoek instel het nadat ʼn alarm op die plaas afgegaan het. Hy is in sy bors en kop geskiet. Niks is tydens die aanval gesteel nie.

Kyle Stols. Foto: Facebook

Stols het Woensdag vertel hy het Sondag ʼn boodskap gekry dat Kyle geskiet is en hy het dadelik die sowat 100 km na die plaas gejaag. Toe hy daar aankom, het hy onmiddellik na sy broer begin soek. “Ek het gehardloop na waar ek gehoor het hy is en ek het sy naam geroep. Hulle het my gekeer. Ek het gevra, sê my net, lewe my broer of is hy dood? Een van die vroue het vir my gesê jou broer is klaar dood,” het ʼn emosionele Stols gesê.

“Ek was te laat. As Kyle moeilikheid gehad het, het hy my altyd gebel, maar toe dit gebeur het, kon ek hom nie help nie.”

Stols het bevraagteken wat die doel van die moord op sy broer was aangesien daar niks tydens die aanval gesteel is nie. Hy het gesê sy broer was net 21 jaar oud en kon maklik deur die aanvallers oorrompel word. Hy sou nie teenstand gebied het nie. “Hulle sê jy moet jou huis beveilig, maar hierdie het nie eens by sy huis gebeur nie. Dit het by die lodge gebeur. Sy huis is ʼn paar kilometer van daar af,” het hy gesê.

Hy vertel dat hy daarop aangedring het om sy broer te sien, maar dat die mense op die toneel hom nie wou toelaat om sy broer op die moordtoneel te sien nie. Omstreeks 23:00 is Kyle se liggaam in ʼn lykswa gelaai en het Stols die geleentheid gekry om hom te sien.

Gawie Stols, die broer van Kyle Stols (25 Oktober 2017). Foto: Reint Dykema

“Ek kan nie beskryf hoe dit voel nie. Hulle het hom in ʼn sak uitgebring. Ek het my kop op sy skouer gesit en ek het vir hom gesê ek is jammer. Ek is jammer dat ek nie betyds was om hom te help nie. In die laaste ure wat hy geleef het, was daar niemand om hom by te staan en vertroosting te bied nie. Niemand om net vir hom te sê, byt vas, of, die Here kom haal jou nie. Hy was alleen.”

Stols het ʼn beroep op die publiek gedoen om wanneer hulle van plaasaanvalle hoor of in die media daarvan lees, te onthou dat dit ook een van hulle familielede kan wees. “Gee net ʼn bietjie om, dit is al wat ons vra. Daardie was my broer, maar dit kan jou broer ook wees. Hy was 21, hy het sy hele lewe voor hom gehad. Hy het nie eens kans gekry om ʼn eerste meisie te hê nie – die alledaagse goed wat ons as vanselfsprekend aanvaar.”

Kyle word Vrydag begrawe. Hy is een van 70 mense wat reeds vanjaar in plaasaanvalle vermoor is.

Lees hier meer oor AfriForum se plaasaanval-statistieke vir 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Anneline Bresele ·

Ons innige simpatie met familie en vriende. Bid God se beskerming oor die Boere gemeenskap in RSA. God seën.
Groete uit Hentiesbaai.

Hanna ·

My hart huil saam met julle. So bitter onnodig. Ons dink in ons gebede aan die familie

Stephne Koekemoer ·

Prioriteit in my gebed elke aand is nie die veiligheid van my eie familie nie, maar die veiligheid van elke boer en sy gesin wat snags nie weet of hulle volgende gaan wees nie, om elke oggend die koerant oop te maak en sien dat nog ‘n gebed van my nie verhoor is nie want nog ‘n boer is dood. Hy was nie my boetie gewees nie en ek het hom nie geken nie, maar ek kan vir jou se ek het seer saam met julle en vanaand gaan ek weer op my kniee om my gebed van die afgelope jaar te herhaal en te bid vir veiligheid op die plase!!

Carolina ·

Ek stem saam met jou. Al ken ons hulle nie persoonlik raak dit ons almal aan. So hartseer. Sterkte aan die familie

Grotman ·

Dis nie iets wat net met ander gebeur nie! Elke een van ons kan volgende wees. Ons praat en praat en dis selfde woorde elke keer maar dis tyd om te se GENOEG! MM gaan seker die woorde nie plaas nie maar ek se julle dis tyd om terug te fight. Oog vir n oog en tand vir n tand. En as ons dan in die tronk beland dan weet ons ons het ons geliefdes beskerm.

Janine Marais ·

Ai Gawie so jammer om van julle verlies te hoor…ek self ñ ma van ñ 21 jarige ….sterkte aan jou en die familie mag God vertroosting en berusting bring waar nodig….ons boere is uitgelewer…..

Mariaan ·

So jammer om van julle groot verlies te hoor.
Jy vra wat is die doel van jou broer se dood. Daar is nie ‘n doel nie. Hulle moor en roof omdat hulle kan. Omdat hulle nie bang is vir die nagevolge nie. Hulle weet dat indien hulle gevang word, hulle borgtog gaan kry en dan kan hulle gou nog gaan roof, verkrag en vermoor.
Ek is seker die hele Suid-Afrika is nie net saam met julle woedend oor al die wrede moorde nie, maar voel ook die absolute magteloosheid omdat die wetsgehoorsame burgers geen regte het om hulself te verdedig nie.
Baie sterkte vir julle.

Evert ·

So jammer vir jou en die famillie. Woorde kan nie beskryf hoe hartseer is ons boere volk vir elke 1 wat seer kry en agter gelaat is deur die vieslike aanvalle nie. God is GROOT en hy sal julle deur die slegte tyding dra.

Sommer ek ·

Dit is verskriklik ek huil saam met jou . . weet net GOD was by hom, ek weet jy sou graag daar wou wees tydens sy laaste ure en minute maar troos jou daaraan die HERE het Sy kind toe reeds styf in sy hande vasgehou … RIV pragtige seun. My hart gaan regtig uit na sy familie toe .. my hele wees skreeu ten hemele, hoekom moet soveel onskuldige mense sterf? Vir wat? Niks is eers geneem nie .. HOEKOM?

Genieve ·

Ek hoop van harte die Here help julle hierdeur ai man dis nie maklik nie.

Bietjie bietjie ·

Ek het nie woorde vir die Stols familie nie !
Ek is opreg jammer oor julle onmeetlike skade !
Mag God julle vertroos .
Amen

Leon ·

My hart en siel is stukkend geskeur vir hierdie gesin en die talle ander wat vandeesweek deur hierdie rou en bitter gaan. Mag die HERE se hand oor julle wees.

JvA ·

Dit is sleg dat mens sê “Stols het bevraagteken wat die doel van die moord op sy broer was aangesien daar niks tydens die aanval gesteel is nie.” Asof ‘n inbraak tot diefstal die moord sou regverdig.

Callie ·

Ek smeek alle blanke Suid Afrikaners met allesbinne in my. Hou op om lee jammer woordjies te skryf e te vr wat doen die regering hier aan. Kom ons begin net in ons eie omgewings byeenkomste reel waar ons kan begin wys ons wil saamstaan. Vandaar af kan die groepe uitreik na mekaar. Asb ek vra mooi

Genoeg. ·

Callie, jy is 100% reg. As ons teen nou nie besef ons gaan ons eenvoudige verskille moet kant toe sit en na mekaar uitreik om aksie te neem om onself te besekerm nie dan weet ek darem nie meer nie, hier is n stille oorlog aan die gang en die wit man moet vinnig wakker skrik en hande begin uitreik na mekaar toe, hou op praat en doen!

Anoniem ·

Hi Callie,
Waar vind hierdie byeenkomste plaas? Het jy al een gereel in jou omgewing?

Jean ·

Anoniem….jy klink na die die skoorsoekende-tipe. Stel dit só…gaan weg of gaan kruip gat waar jou prioriteite lê. Dit is beslis nie by slagoffers van plaasmoorde nie.

Mrs.B ·

Hoe seer is my hart!!! Ek huil saam met sy familie. Ons mense kan net bid, bid dat daar drasties iets gebeur on SA reg te ruk.

Blom ·

Ons gee om.. My hart skeur, bitter jammer vir julle ouers en vir jou.. Jul familie. Dis ‘n baie groot tragedie en verlies.. Mag God Sy reg laat geskied! ” hierdie is verskriklik. Ek begin dink hulle kry ‘n betaling van iemand om boere te moor en vroue te verkrag en skend.. Ons moet bid.. Aanhoudend sonder ophou!

Marlien ·

Gawie, ons is so innig jammer vir julle. Niemand verdien dit nie!!Sterkte!

Annwen ·

Gawie ons dink elke dag aan julle , elke liewe dag, het ook familie lid in plaasaanval verloor die jaar.

Adel ·

Dit is hart verskeurend en eintlik maak dit mens net so opstandig ook!! Hoe moet ons saam staan in n land wat die lewe van n boer (jonk of oud) net geensins saak maak nie??? Hulle sal jou dood maak vir NIKS nie, net om te wys hulle kan………… niks word daaraan gedoen nie, wanneer gaan dit ophou??

christa ·

Gawie my hart gaan uit na julle. Sterkte. Jy weet toe my dogtertjie gesterf het, het sy vir my ‘n briefie gelos, “waar God ‘n punt gesit het, mag ons nie ‘n vraagteken maak nie” Daarom glo ek julle sal toegevou word in Sy arms en vertroosting kry.

Nads ·

My hart is stukkend saam julle familie., vir jul Moeder en Vader. ‘n Ouer moet nooit nodig hê om hul kind te begrawe nie… Daar is nie woorde hiervoor nie… Ek bid ABBA VADER se troostende arms om jul gesin…

Ronel Slabbert ·

Ons gee om… glo my
Ek huil saam met julle…
Maandag is swart dag.
Asseblief dra swart om te wys wat ons voel oor hierdie doellose plaasmoorde

Ada ·

Ons kan nie troos nie maar ons dink aan julle en wens julle sterkte toe.
Baie jammer oor julle verskriklike verlies.

Ben ·

Beste van alles hierdie moord/terreur dade kry skaars aandag in die Engelse media. Mens moet mooi kyk om hul raak te sien – gaan kyk maar op IOL en News24. Maar waag ‘n wit mens iets doen….

Johanna ·

Ek het nie meer woorde nie. My innige simpatie en ek bid dat julle vertroosting sal vind. My broer is ook vermoor. Hy was nie ‘n boer nie. Hy is in die straat dood geslaan en sy aanvaller is nog steeds nie gevind nie. Die hartseer raak minder maar die gemis raak groter daarom dat ek julle as familie net baie sterkte en simpatie kan toewens.

RikaG ·

So jammer dit het gebeur..
dink aan julle sterkte aan die familie

madels ·

Ek huil my oe uit, dis koelbloedige moord! So n pragtige die jong man, hoe sinneloss! Mag die Here julle n diepe vertroosting gee wat net Hy kan… ek het nie woorde nie..

Rina de Wit ·

Ja, Gerry Nel, waar is jy nou? Oscar is toegesluit, maar hierdie land is propvol MOEDSWILLIGE MOORDENAARS. Hoop jy kan nou die vervolging doen in jou nuwe amp! Ek is siek siek siek. Ooo my hart gaan uit na dierdie bittere hartseer mense!

Kan nie meer nie ·

My hart bloei vir ons nasie. Nog n boer vermoor. Die kind het alles gehad om voor te lewe. Drome wreed weggeruk deur haat, n haat wat die 21 jarige op sy skouers moes dra van die dag wat hy gebore was. Wat het hy gedoen om dit te verdien. Wat gaan ons maak. Ons beveilig onsself en sluit onself in tronke toe uit vrees. More kan dit dalk jy wees? Wat doen ons groot sterk landbou skole, elsenburg universiteit, agri akademiese inrigtings vir ons toekomstige boere om hul gereed te maak om die land te bewerk, hul stuur hul na buite met n graad… n stuk papier… wat help dit. Hul moet die jong boere instuur met die kennis van n opgeleide weermagslid. Want al jok ons vir onsself word die waarheid elke dag bietjie meer duideliker. Dis reeds n oorlog. Die gevaarlikste werk in 2017 is om te boer. Ek is jammer vir jul verlies. Ek bloei saam met jul. Want een vir een val ons drome saam met vermoorde boere. Die droom vir n toekoms in ons land, Suid Afrika.

christelle du Preez ·

My Innige simpatie en medelye met die familie/vriende! Mag Here Jesus jul styf vashou en dra deur hierdie verskriklike hartseer, jul versterk en omvou met SY liefde.

Elke Janse van Rensburg ·

My hart is seer en ek rou saam met julle. Lewe is so kosbaar. Maar links en regs word mense geskiet soos ‘n nijswerd dier! Here God! Buig af asb en ontferm U oor ons.

JR ·

So onnodig. Wanneer gaan die brutaliteit stop. Geen normale mens doen dit aan n ander. Brutaliteit. Satan se werk.
Mag God jule as famie toevou in Sy troos.
Ekt ook kind ol 20 verloor. Daar word letterlik stuk uit jou siel geruk in oogwink. Bid vir julle. JR

Marrietta ·

Baie baie sterkte vir al die families wat met hierdie seer sit. Die seer kan mens nie aan iemand vertel nie, ek weet, my pa was ook so vermoor. Hierdie is terroriste. Hulle dra net nie Russiese uniforms nie.

Charmain ·

Ek lees hier en die trane stroom net oor my wange. So bitter jammer vir die Stolsfamilie. Elke aand is ek op my kniee en bid vir elke plaasboer se veiligheid. Net ma om weer te lees van nog n wrede moord. Ek verstaan dit nie. Dit is so seer maar hierdie regering doen niks, niks!!!! Dis ma net nog n witte! Almal leef in vrees en bewing want jy weet nie of jy vlg is!

Charmain ·

Gawie ek glo in jou boeta se laaste oomblikke was God absoluut by hom. Ek het lank met dit geworstel toe my Boetie oorlede is. Maar my hart bloei vir julle want dit maak mens nie op oomblik beter voel. Ons voel net so bitter en woedend saam met julle want hoe vergewe mens sulke wrede monsters!!! Hulle en die regering voel niks vir ons!! Dit help nie eers ons bewapen onsself. Hulle kom in massas!

Romando ·

Kyle, ons het jou ontmoet by n 80ste verjaardag gedenking in April 2017 wat ons daar op die plaas gehou het. Jy was ons gasheer en het ons so goed versorg en ons so bly jy het elke ete saam ons geniet. Jou vriendelikheid, opregtheid en respek wat jy getoon het sal ons ewig by bly. Ons het jou net 3 dae geken maar jy sal altyd in ons harte bly. Jy is n Yster ou maat. Liefde en Sterkte aan jou familie. My Pa van 78 wat ook daar was kan dit ook nie verwerk nie. Ons bid vir die familie. Romando en Marlene

Anso Steyn ·

Romando – hierdie seun wat op Verkeerdevlei grootgeword het, was n yster! Hy het met sy stil en nederige manier – sy werk met trots gedoen. Sy ouers is nederige en goeie mense wat al hulle kinders “reg” grootgemaak het! Ons gemeenskap se harte breek saam met hulle –

AD ·

Hallo Gawie, jou ma, pa en julle oupa..ons dink aan julle in ons gebede..vriend van Joubert het gevra ons Moet almal swart dra maandag vir al ons geliefede boere wat vermoor word..baie sterkte ??? ons huil ook

Mellie ·

Hoeveel sinlose moorde nog???! BOERE PLEIT DAT DAAR ASB OP MAANDAG, 30 OKTOBER 2017 SWART GEDRA WORD, om rou en respek te toon a an die wat hul lewens verloor het in grusame tragedies soos dié. Ondersteun hulle ASB!!

Karen ·

Absoluut skokkend, ek dink aan jul groot verlies, mag God jul vertroos. Wat kan ons doen on onsself the beveilig, hulle kom oral in en moor, roof nie eens meer nie, moor net, wat word van ons pragtige land, Here bewaar ons

Marinda ·

Ai Gawie, ek weet presies hoe jy voel. Sterkte aan jou en jou ouers. Wees sterk vir hulle. Veral jou ma. RIV Kyle.

Isabel ·

Vader U Wat alle mag het. Sien Ons trane. Voel Ons smart. U het daardie kind die lewe gegee. Nou het demone dit van hom geneem. Wreek asb Elke druppel Bloed in die Naam van U Seun Jesus. Dit is tyd asb Vader dat U oorneem in SA. Vreeslik om te Val in die Hande vd Lewende God. Wis hulle totaal uit. In Jesus Heilige Naam. Amen.

anton ·

Ek stem saam jou Isabel.
God kan net n paar Engele stuur en in een nag duisende, selfs miljoene van die demoniese moordenaars uitwis. Niks by Hom is onmoontelik nie!!!
Maar die groot vraag is? Is ons nog Sy volk? Ken ons Hom nog? Luister ons nog na Hom?
Leef ons of probeer ons tenminste leef volgens Sy wil?
Gaan ons Sondae na Sy huis omdat ons wil, nie omdat ons verplig voel nie.
Gee ons ons tiendes? Aanbid ons ander gode(sport en dies meer)
Gebruik ons Sy naam ydelik?
Onderhou ons nog Gelofte dag.(16 Des.)
En so kan die lysie aangaan.
Ek dink as ons as volk terugdraai na Hom, sal Hy ons help en na ons kyk net soos Hy met Israel gedoen het.
Maar ek dink ons is nog ongehoorsaam aan Hom en totdat ons nie verander nie, kan ons nie verwag Hy moet ons help en bystaan nie.
Ons as mens moet besef, ons as mens het Hom nodig en nie Hy vir ons nie.
Ek hoop en Glo hierdie word reg verstaan wat ek probeer se.

Ansie Kotzee ·

Baie hartseer… mag ons Vader julle styf in sy hand vashou in die holte van Sy hand in hierdie tyd!

Hannie ·

Ek voel jou pyn……ek ken jou nie… .maar ek kry seer vir julle….en ek het nie woorde nie…. eks so jammer……ek kan net bid vir julle…vir innerlike genesing!

Bella ·

Wraak kom U toe Vader. Asb wis al Ons vyande uit. Vreeslik om te Val in die Hande vd Lewende God. U sien Elke traan. U sien Elke druppel Bloed . Ons vra U in Jesus Naam om asb in te gryp. Amen.

Callie ·

Anoniem. Ek het begin. As al die verskillende kerke net saam op n rugbyveld n biddag hou sal dit al help. Ergste is almal is traag en het verskonings. Ander opsie is ons moet verduur wat ons verdra. Om al die pad kommentaar te lewer gaan NIKS, ZERO, help nie. Daarmee is almal goed want dit is maklik

Willem van Niekerk ·

Kom ons maak seker dat elke berig die buite land bereik . Ek is seker dat tussen almal van ons genoeg mense vrinde. kennise en familie het wat die informasie daar kan versprei. Die media moet sorg dat die NUUS DIE REGERINGS VAN ELKE LAND op die hoogste vlak bereik. Elke dag sonder ophou. 24/7.

Callie ·

Daar is n groot versoek dat almal Saterdag 12 uur die middag, waar jy ookal is, op jou knie gaan en bid en God vir leiding vra

June ·

Vandat die swarthemp veldtog begin het, hou ek op sosiale media die mense se kommentaar dop. Ons kan nie eens saamstem om in solidariteit swart te dra Maandag nie, daar is wragtig mense wat dit afskiet as ‘dit sal tog niks help nie’. Wel ek sal dit ondersteun en beslis swart dra. En daar is sprake dat ons moet saamtrek en n optog hou parlement(of soortgelyks) toe, sodat ons gehoor en sien kan word, want blykbaar is ons onsigbaar. Net as ons kan saamstaan en mekaar ondersteun sal dit kan werk, so kom ons begin met die swart dra op Maandag…staan n slag saam!

Miekie ·

Ek het nie woorde nie. Die mense wat die plaasmoorde pleeg het geen gevoel vir mens of dier nie. Ons kan maar net in ons gebede aan die boere dink wat voedsel aan ons voorsien
Baie sterkte aan die hele familie

maryann ·

Gawie Marilyn en kinders ons dink aan julle, voel vir julle en bid vir julle, God sal verlossing bring vir ons hou net aan glo van almal van ons by Modder B Gevangenis, waar jul vir lank deel van ons lewe was.

Hartseer ·

Mag God jul familie troos soos Hy alleen kan. Baie sterkte. Jaa……ons kan iets doen en sal kan dink aan idees. Begin om ons, bure omgewing ens. Bid en nogmaals bid want gebede dra krag. Kom ons raak stil en glo idees van saamstaan sal opkom. Skokkend in ons land

Celia ·

Innige simpatie woorde kan nie beskryf hoe die familie moet voel nie. Weet net julle is in ons gedagtes en gebede. Mag die vrede wat mens slegs van onse hemelse Vader kry julle omring terwyl julle tys vat die pragtige seun onthou en treur.
Menige SA mensies ween saam met julle een verlies is ons almal se verlies stadig maar seker verloor ons ons volk.

Joe ·

Sjoee ….. dit is uiters skokkend & hartseer , emosies loop hoog & die trane vloei …. woorde kan net vertroosting bring , maar kan nie die persoon terug bring nie. Baie sterkte aan die familie …. mag daar vir julle vandag , more & elke dag troos wees …. ons harte gaan uit na julle …..

Koos B ·

Ek gaan Maandag swart dra maar soos dit nou gaan sal ons elke dag moet swart dra.

MB ·

Gawie ons is so jammer vir jul verlies. Ons weet God sal jul deur die swaar tyd dra bly net aan hom Vasklou ons huil saam jul en is saam jul rou want dit gebeur elke dag en niemand verdien dit nie maar diep binne my weet ek die gewetenlose monsters sal eendag swaar gestraf word deur on Hemelse Vader. Rus sag Kyle. ons dra elke boer sowel as gesinne regoor die land op aan ons Hemelse Vader en vra hom om jul elkeen te beskerm en veilig te hou. Kom ons dra almal Maandag swart vir ons boere en se genoeg is genoeg!

Anoniem ·

Onthou net dat God ‘n pad vir elkeen van ons het, HY was by jou broer, moenie jou self verwyt nie. Maak seker jou saak met ons Vader is reg. Baie sterkte aan die familie!

Adele ·

Gawie, ek is so……verskriklik jammer dat dit met julle moes gebeur het. My hart gaan uit
na julle gesin. So ‘n pragtige jong man. Sy lewe so vinnig verby. So hartverskeurend. Dink aan julle.

Anél ·

Gee net bietjie om!! Dit is presies wat gese moet word vir almal wat hulle koppe weg draai en oe toe hou!! Dit is net hartverskeurend!

Ada ·

My hart gaan uit na julle as gesin. Al wat ek kan se is die woorde uit die liedjie “Whispering Hope” : Will not the deepening darkness – brighten the glimmering Star.”
Ek hoop daar kom eendag vertroosting. Sterkte vorentoe. Ek sou net soos julle as ouers gevoel het indien dit een van my kinders was – ook om ‘n broer te verloor is net so erg!!!Dink aan julle.

Rita Bierman ·

My hart huil – ek dink heeltyd aan julle…. dis so onnodig! Wees verseker van duisende se gebede.

Riana Steyn ·

Gawie hier sit ek en lees al hierdie vanoggend en soos gisteroggend die rou hartseer van Joubert se vrou ook wat sonder haar man moet voort. Julle famlie het ‘n “gat” nou soooo onnodig. Die trane loop oor my wange want al ken ek julle nie is ek ongelooflik hartseer vir hierdie brutale insidente!!!! lewens te kort weggeruk ons asof dit niks beteken nie ons moet op ons kniee bly en ons koppe na ons Vader toe draai elke dag om ons by te staan.

Ek dink aan julle en en julle in my gebede en al die ander boere in ons land !!!!!

Boeremeisie ·

Liewe Stols en ouers – ons is so, so, jammer oor julle groot pyn – ek sou plekke met hom wou ruil want ek is al oud. Stols, ons dink nie net aan julle nie, ons BID vir julle, elke dag – vir ELKE boer in hierdie land, en vir sy mense, sy gesin. Alleen ons Here weet…. en Hy is in beheer.

Wally Du Plessis ·

My meegevoel aan die familie hiervan Brisbane Australia. My hart is stukkend om te sien hoe my volk so baie mense verloor in plaas moorde. Dis tyd dat ons iets daar aan moet doen of vergaan.

Marietjie ·

Dis baie hartseer. Ons kan maar net bid en bly hoop en vertrou.
Sterkte vir die familie en vriende.

VanAfrika ·

Omdat MM my altyd blok het ek gese ek praat nie weer hier nie, maar vandag laat ek my stem hoor, Almal gaan aan oor Halloween en wanneer ons swart moet dra, in die Christen kultuur dra ons in tradisie swart omdat ons rou. Hiermee se ek, dra Maandag swart en verdruk die duiwel op sy eie voorstoep en spoeg op sy verjaardag. Ons sal Psalms en Gesange en Lofliedere sing sodat Jesus hierdie dag sal oorheers. My Gospel CD gaan in my kar speel die heeltyd wanneer ek in my kar is en in volle bors saam sing. Steve, Jy moet Skree se song hard vir ons op radio sing Maandag en as die radio stasies teen dit is, sing sommer hard op Facebook, ek sal my Facebook aan he net vir jou song. Juanita, sing Halleluja, die Here kom ons haal, Roman, Piet Smit, Raymond Cilliers en al ons gospel bekendes, laat Maandag julle gospel stemme hoor, dit is wat ons van al ons bekendes vra terwyl ons almal swart gaan dra. Laat die aarde dreun Maandag met God se teenwoordigheid. Baie het lankal van Hom vergeet en verwerp Hom, laat ons ore hoor en laat ons, ons kniee buig, nie uit wil uit nie maar omdat ons MOET.

Annie ·

Ons innigste simpatie met die familie. Ons almal stem saam dat hierdie gebeure meot stop. Ons gaan maandag ook in VSA swart klere dra omdat ons volk rou. Rou en nederig word voor God. Ons is besig met veldtogte en hopelik sal dit baie vinnig ‘n effek hê. Hou aan om hierdie boodskappe in die media te plaas. Dit het ‘n effek en ook die massaoptogte.

cathy ·

my hart wil breek, ek huil saam, geen woorde sal nou vertroosting bring, baie baie sterkte aan julle familie! bid vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.