Vrystaat-plaasmoord: Man het noodboodskap gestuur

Kyle Stols. Foto: Facebook

Die jong man wat Sondag op ʼn wildsplaas in die Jagersfontein-omgewing in die Vrystaat doodgeskiet is, het kort voor sy dood ʼn noodboodskap van sy selfoon af gestuur.

Maroela Media het vroeër berig Kyle Stols (21), die voorman van Hatari Big Game Safaris, is Sondag deur ʼn onbekende aantal verdagtes doodgeskiet.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn alarm op die plaas het in die vroeë oggendure afgegaan en die eienaar van die plaas het ʼn SMS-boodskap van die veiligheidsmaatskappy af ontvang. “Die oorledene het ook ʼn noodboodskap aan die plaaslike landelike veiligheidsgroep gestuur. Die eienaar van die plaas het onmiddellik daarna die polisie gebel,” het Mbambo gesê.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê daar word vermoed Stols het gaan ondersoek instel nadat die alarm afgegaan het en hy is toe geskiet.

Die polisie het voorheen gesê Stols se liggaam is met ʼn skietwond in sy bors aangetref. Mbambo het egter Maandagmiddag bevestig ʼn nadoodse ondersoek het intussen getoon dat Stols ook ʼn tweede skietwond bo sy regteroor in sy kop gehad het. Stols se vuurwapen is naby sy liggaam gevind.

“Die polisieondersoek duur steeds voort om te bepaal wat presies gebeur het, hoeveel mense by die voorval betrokke was en wat die motief vir die skietery was,” het Mbambo gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Pierre ·

Ons sal moet leer en baie vinnig ook om op te staan teen enige misdaad. Die Polisie se diens is swak. Waarvoor betaal ons belasting??

Leeutjie ·

Wat ‘n pragtige jongman. Hy is veilig by ons Vader. Die aanvallers daarenteen… Gaan nie die hiernamaals haal nie!

Vermeende ·

Ek gaan die harde vrae vra.
Het die kind enige kans gestaan?
Hoeveel tyd het verloop vandat die SAPD gebel is tot dat hulle daar aangekom het?
Hoe lank het dit geneem vir enige hulp om daar op te daag?
Hoe vannig was die landelike veiligheid se reaksie gewees?

Ondersoek hierdie vrae en dan sal jy sien daar is nie tyd gewees nie.
Dit is bitter hardseer dat hierdie mooi seun met sy lewe moes betaal.
Waar is die landbou unies met hulle slim oplossings, sekerlik besig om te bepaal hoe regverdig grondonteiening is en hoe om munt daaruit te slaan.

Afrikaanse Knaap ·

Hier is nog harde vrae.
As niks gesteel is nie, hoekom is hierdie jong man dood gemaak?
Hoekom skrik skelms nie vir alarms of ander mense wat gewapen is nie?
Hoekom het sy moordenaars “menseregte”?
Hoekom moet ek in vrees lewe en R10 000 belasting betaal vir wanneer hulle gevang word?

Die antwoorde is vanselfsprekend.

SW ·

Dis bitter seer om sulke goed te lees. Om agter die oor geskiet te word is duidelik n teken van “seker maak hys dood”. My Sussie se man is ook so dood geskiet 16jr terug in n mislukte transito rooftog. Hulle het hom nie in n geveg raak geskiet nie, hulle het hom eksekusie styl dood luiters tereg gestel.

Phillip ·

Moenie verbaas wees as sommige Polisie lede deel van die sindikate is nie…..

Catryn ·

Of ons as Afrikaners dit nou wil weet of nie, daar is net een oplossing:

Om as volk ons eie onafhanklike soewereine gebiede te verkry – waarbinne ons ons eie weermag daar kan stel om ons gebiede te patrolleer, ons eie leiers te kies, wetgewing, ekonomie, maatskaplik, sosiaal en alles wat binne ‘n onafhanklike gebied is.

Ons lewens is meer werd as dit waarvoor ons jong mense en ouer mense hul lewens so moet opoffer. En dis nie net boere nie, dis oral waar ons geteiken word.

Dit kos goedkoper om te skuif na ‘n gebied binne SA waartoe ons ‘n internasionale reg het as om oorsee te gaan bly tussen vreemdelinge en ander kultuur/taal ens.

Steun Front Nasionaal vir Selfbeskikking/self-determination is ons enigste oplossing.

ONS HET ‘N INTERNASIONALE REG DAARTOE.

Rina Currie ·

Sal beslis wil veilig bly tussen my die mense. Stem vir selfbeskikking.

JK ·

Dis te laat, die anargie is reeds om ons. So ‘n proses gaan tyd neem en dis een ding wat ons nie meer het nie.

Gerda Albasini ·

Rapporteer hierdie plaasmoorde aan e-nuus en daag hulle uit om nuusdekking daaraan te verleen. As hulle dit doen, sal die regering dalk besef wat aangaan.

Leahim ·

Die polisie ondersoek al weer die saak dit is al wat hulle doen geen inisiatief om die misdaad te voorkom voor dit gebeur nie dit is n skande om ons belasting geld so te mors ontbind die klomp en gebruik die geld om die boere en werkers op te lei om hierdie aanvalle te verhoed en hulself te verdedig

T ·

Wat doen JY om misdaad te voorkom Leahim?? Dis nie net hulle plig nie, maar almal is verantwoordelik daarvoor! Sou jy jouself eendag (hopenlik nooit) in die moeilikheid bevind, bel ‘n junkie of iets, moenie ‘die klomp’ bel om jou te kom help nie. Ek stem 100% saam met HPV hieronder.. Die blaam word verkeerdelik op die polisie lede geplaas en instede dat hulle ondersteuning kry, kry hulle konstant sulke vieslike kommentaar soos joune, en dit help ook niemand niks.

HPV ·

Die regering en nuttelose opposisie het die deur vir misdaad oopgemaak, nie die polisie nie. Soos met enige werk is daar slegte en ook goeie werknemers. Persoonlik ken ek baie goeie en pligsgetroue polisielede, maar as mens elke dag aanhoudend moet hoor hoe sleg mens of jou beroep is, dit kan jou moraal totaal vernietig. Kom ons help eerder die polisie, al is dit net deur die goeie lede te respekteer of hulle te motiveer. Dit is jammer dat so jong man moes sterf en ek simpatiseer met sy familie en vriende.

Chantall ·

Wat wil die polisie ondersoek??? N wit jong man is dood…..NET NOG EEN WIT MENS wat vermoor is

Christiaam ·

Dit is baie hartseer..
Ons word uitgemoor soos diere, en ons geliefdes ly daaronder..
Baie hartseer tyd..

Morne ·

Almal se dit is oor apartheid dat hul die boere doodmaak want dit is die ouerige mense wat dai tyd geleef het wat hul so wreed doodmaak maar die jong man het eers dai tyd grootgeword nie hy was gladnie deel van apartheid nie.. daar is net 1 oplossing, hoeveel wit mense sit vandag sonder werk, hoekom gebruik die boere nie witmense om op plase te bly en te werk nie.. want die plaas werkers is deel van die moordenars hul loop hand aan hand.. witmense kry nie werk vandag nie maar as die witboere meer wit mans aanstel vir werk dan kan ons as witmense mekaar help op plase.. die witmans kan opleiding kry vir self beveiling en hul kan werk op die plase.. ek weet van baie jong mans wat werk soek en nie werk kry nie.. daar soveel wit families in wit plaakers kampe wat werk soek en hul kan werk op plase en help dat die witman nie uitvermoor word nie.. ek sal dit doen en ek weet van baie ander wat dit ook gaan doen..

Alwyn Carstens ·

Waarom nie? In NZ stel boere jong blankes aan om hulle op die plase te help. Niks fout mee nie – ek sal enigiets doen om kos te kan kry en vir my gesin te sorg.

NIKS GESTEEL NIE ·

TOO LITTLE TOO LATE, LYK MY ALMAL WAS TE LAAT. Hulle het gekom om die jong man DOOD te skiet, nie om te speel nie, so waar is die liberales nou en diegene wat altyd vertel hoe HONGER Is die aanvallers? Wou hulle die man kom eet? NEE Hulle wil hom uit die pad hê, hy is wit en hy moes sterf, NIEMAND het eers die som gemaak dat hy NA apartheid gebore is nie. RIV jong man, jy was ‘n pragtige seun .. ek kan nie jou familie se hartseer voorstel nie, JAMMER die regering en die LIBERALES is vir jou dood verantwoordelik want hulle beskerm en verdedig die MOORDENAARS. Rus sag seun!

Kobie Nel ·

Ek begin die idee kry dat net die landelike beveiliging, buurtwag, en ander privaat instansies gekontak word in ‘n aanval. SLUIT DIE POLISIE UIT, tot tyd en wyl die omgewing beveilig is en ondersoek is. Ek kry net die gevoel dat die polisie die aanvallers waarsku om te onttrek sodra hulle weet die alarm is gemaak. Dit kan dalk die rede wees hoekom die aanvallers ALTYD hulself betyds uit die voete maak.

Volg op ·

Kyle Stolz se begrafnisdiens vind plaas op Vrydag om 11 uur uit die NG Gemeente Verkeerdevlei.
Hoop die pers is daar!!!

Theresa ·

Die pers en ministers wat hul empatie kom betoon soos hul soms doen. Maar ek twyfel of hul regtig welkom is. Slegs opregtes …

Michelle ·

Die minister van polisie moet vervolg word vir die moorde, die jong man van 21 se lewe het voor hom gele, maar kriminele het anders besluit, maar hoekom sal die minister omgee hy kry mos verniet geleenthede om met sy familie en veiligheids wagte rustig te gaan kuier in Dubai.

buiteland ·

Laat almal in die buiteland weet wat die regering aan ons doen. Buitelanders sal ons kan help.

Chris Ws ·

Dis juis die buiteland wat die anc hier aan bewind laat kom het.Hulle sal nie ‘n vinger roer om die ”mense van apartheid” te help nie.Dis al klaar duidelik.

Gogga ·

Ek vra ook die vraag, hoekom is die 2de skoot sò sekuur teen die jongman se slaap afgevuur en sy pistool daar gelos op die toneel- in land waar elke dag wapens gesoek en gesteel word?? Nee, iets is BAIE verdag- ook niks gesteel nie?? My innie simpatie aan sy gesin. Ons land is siek!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.