Vrystaat-plaasmoord: Verdagte voorheen glo betrokke by aanvalle

Ina en Sakkie van der Berg (Foto: Facebook)

Een van die verdagtes in die onlangse moord op Sakkie en Ina van der Berg op hul plaas buite Boshof in die Vrystaat was enkele maande gelede nog in aanhouding vir sy beweerde betrokkenheid by ’n ander plaasaanval.

Johannes Sekgoro (41) het Donderdag saam met Daniel Tsekiso Selwane (28), Kat Terrance Thami (34) en Sidasie Daniel Lephele (44) in die Boshof-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, die besit van onwettige vuurwapens, roof met verswarende omstandighede, motordiefstal en diefstal.

Dít volg nadat Sakkie en Ina verlede Vrydag in hul huis op die plaas Bloubos vasgebind, aangerand en toe doodgeskiet is. Sakkie was 67 jaar oud en Ina 62 jaar oud.

Sekgoro, wat onder gemeenskapslede bekend staan as ‘Lolo’, moet op 5 Augustus weer in die hof verskyn. Dit sal egter in verband met die plaasaanval op die egpaar Japie en Emma van den Berg buite Hertzogville wees.

So het Hannes de Jager Vrydag aan Maroela Media gesê. De Jager is betrokke by spoorsny, misdaadsondersoeke en veiligheid in die Wes-Vrystaat en werk nou saam met die polisie.

Japie en Emma is in April verlede jaar deur ses mans op hul plaas Langeveld buite Hertzogville aangeval. Hulle was ten tyde van die aanval albei 75 jaar oud en ’n plaaswerker het destyds hulp ontbied. Die aanvallers is destyds met vuurwapens vort.

Japie is intussen in ’n motorongeluk oorlede en Emma het nader aan haar dogter verhuis.

Volgens De Jager is ses verdagtes kort daarna in hegtenis geneem en ’n plaaslike landdros het aanvanklik borgtog geweier.

Die verdagtes was sowat ’n jaar in aanhouding voordat Sekgoro hom tot die hooggeregshof gewend het waar ’n regter eindelik borgtog aan die ses mans toegestaan het.

Dit was drie maande gelede, verduidelik De Jager.

Volgens De Jager kon Sekgoro, nog voor dié aanval, ook met twee ander plaasaanvalle in die Vrystaat verbind word.

“Hy was so drie of vier jaar gelede een van die verdagtes wat ’n plaasaanval teen ’n boer van Hoopstad beplan het. Daar is inligting ontvang en die aanval kon verhoed word. Twee verdagtes is destyds vasgetrek.”

Johannes Sekgoro. Foto: Verskaf

Sekgoro se vermeende makker in dié aanval was ene Lephele, wat nou saam met hom teregstaan vir die moord op Ina en Sakkie.

Kort daarna is Sekgoro ook verbind met ’n plaasaanval op ’n egpaar, óók van Boshof. Die egpaar het egter besluit om nie in ’n hof teen die verdagtes te getuig nie en het intussen geëmigreer. Die saak is toe laat vaar.

Afgesien van dié plaasaanvalle is Sekgoro ook verhoorafwagtend vir verskeie veediefstalsake in die Vrystaat.

Volgens De Jager besit Sekgoro ’n huis onderskeidelik in Boshof en Hertzogville en is hy glo gereeld betrokke by misdade in die driehoek van Boshof, Hertzogville en Dealesville.

Hy verduidelik dat die naam ‘Lolo’ by soveel misdade in dié gebiede opduik dat die gemeenskap verlede jaar ’n petisie onderteken het sodat Sekgoro nie toe borgtog toegestaan kon word nie.

“Hy is ’n bedreiging vir die gemeenskappe. Sodra jy sy naam hoor, is almal weer op hul hoede. Veral veeboere. As jy hoor Lolo is weer in die tronk, is daar vrede in die veebedryf,” vertel De Jager.

“Hy is soos die Godfather van al die misdade waarby hy betrokke is. Dit is so moeilik om hom in die tronk te kry. Hy is altyd so ’n bietjie in die agtergrond en dan stuur hy sy makkers om die vuilwerk te doen.”

Dit is nie duidelik of Sekgoro by iemand in die omgewing werksaam is nie. “Hy het jare gelede so op plase in die omgewing geskrop. Hy het hier en daar uitgehelp, maar ek dra nie kennis van ʼn vaste werk nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Wurmpie ·

En hoeveel wat op borg uit is of net vrygelaat is omdat polisie nie hul werk doen nie gaan dit weer doen

Sarel ·

Korreksie, dit is nie Polisie wat borg toestaan nie maar die HOF .

Carel ·

Kla nou die regter aan wat die Borg toegestaan het, as daar soveel bewys is dat die gemors by soveel aanvalle be trokke was – wat het die regter gedink? Hy behoord nie n regter te wees nie dis sy skuld die 2 sense is nou dood.

Pieter ·

Stem saam baie van hulle kannie eers skryf of spel nie en dan het baie van hulle al rang wat n grap die hele R. S. A is n grap

Pieter ·

Ja sarel maar as die ondersoek beampte sy werk reg doen en vir die landros wys dat n persoon n gevaar in hou vir die samelewing dan sal die landros twee keer dink voor hy borg toe staan

Hans ·

Tragies dat iemand wat skynbaar n rekord van geweldsmisdade het-so op borg vrygelaat kan word.????????????????????????

George in Bloem ·

Wonder of die gemors nou weer borg gaan kry en weer iemand gaan vermoor? Die staat is dan verantwoordelik.Ek dink hulle is reeds.Die ding moes al toegesluit gewees het lankal en die sleutel weggegooi gewees het.Ek sal glad nie verbaas wees as hy en sy makkers nie ook daai egpaar in Dealesville so bietjie meer as twee maande gelede vermoor het nie want nog niemand is al in hegtenis geneem vir dit nie.

Skoolgeld ·

Nee magtig man! Wie vat verandwoordliheid vir hulle borg ? Ons soek die Regter se inligting asb ?

Melanie ·

Hoe is dit moontlik dat jy by soveel misdade betrokke is en nog nie agter tralies sit waar hy hoort nie.Hoe laat die hof toe vir borg en pleeg jy weer moord.Daai hof beampte moet verantwoordelik gehou word ok.

Mariana ·

Patetiese regstelsel. Vry om weer en weer te moor. Vuilgoed

Koos de Meyer. ·

Maar net weer ‘n bewys, borg en dan pleeg hulle weer misdade soos moord en ander krim dade. Ek wonder wat sê die regter nou wat hulle borg toegestaan het.

Laetitia ·

Ek raak woedend wanneer ek lees dat die regstelstel alweer ons faal. Ek hoop hulle kinders dagvaar die staat vir hul onvermoe.

Antoinette ·

Dit is omdat die speurders nie WEET hoe om sake te ondersoek en genoeg bewyss voor hof kan le nie dan laat die hof hul loop.

Frik ·

Kla Ramaphosa en sy bende aan…hul ondersteun mos hierdié misdadigers. Maar wag, die “regsgeleerdes” is mos ook deel van eersgenoemde se planne. Nou sensor Maroela seker weer my vryspraak…

James ·

Tyd om die regter verantwoordelik te hou. Hofsaak teen hom.. onbevoeg.

Veronica ·

Verwyder asb die adder uit die saamelewing vir die res van sy misrabele lewe! Hy besoedel die samelewing

Margaret ·

Onaanvaarbaar dat hierdie duiwels borgtog kry. Die hofamptenare behoort verantwoordelikheid te neem vir hierdie tipe geweldsmisdade en ook gestraf word indien hul moordenaars en aanvallers op borgtog uitlaat.

Johan ·

Die kans groot dat hulle weer borgtog sal kry en dan weer boere aanval. Dit word ‘n patroon…. Die hele storie is siek.

Joe Olivier ·

Ek wonder steeds hoekom die (reg)stelsel so genoem word, want hulle is baie keer verkeerd. Miskien moet die regstelsel geprivatiseer word. Ek sal graag n franchise wil besit.

Elvira ·

Ek le AL HIERDIE AANVALLE EN MOORDE voor die REGSTELSEL. Waarom is hy en sy makkers nie al lankal toegesluit nie. Waarom borg toegestaan?Alles so onnodig want as hulle in tronk was was Ina en Sakkie nog hier.

Schalla ·

‘n Kriminele register met foto’s moet geskep word as jy my vra! Sy besonderhede en foto moet op ‘n publieke toegangbare website geplaas word waar mense kan kyk vir kriminele en wat hul vorige oortredings of inhegtenisnemings was. Plak sy foto die hele Vrystaat vol op lamppale! Hel sommer die hele SA vol. Hy moet nêrens kan gaan sonder dat iemand hom herken en ligloop vir hom nie. Op die foto lyk hy so onskuldig – of botter nie in sy mond kan smelt nie. Om te dink dat hy in staat is tot sulke verskriklike dinge. Snaaks hoe ‘n goeie skelm altyd so onskuldig kan lyk – amper asof hyself die slagoffer is….

Helena ·

Watter regstelsel het ons land,vir beduidende oortredings word tronkstraf gegee maar herhaalde misdaad oortredings en jy is vry om dit weer en weer te doen en sommer moord oom te pleeg!

Cherokee ·

Toevallig Van Den Berg en Van Den Berg. Dit het my twee keer laat lees.

Abe ·

Johan Swart,
Baie van ons kommentators is onder die indruk dat regters, landroste, die howe, die owerhede, die staat, die regering, ens. sommer net aangekla of vervolg kan word vir besluite wat in howe geneem is. Dit is mos twak. Wat het Afriforum nou met hierdie saak te doen?

Abe ·

Johan Swart,
Geen kans dat enigiemand, ook nie Afriforum nie, n regter wat n besluit geneem het in die uitvoering van sy pligte, kan vervolg vir die vonnis wat hy opgele het of die borgtog wat hy toegesstaan het nie.

Kobus ·

Wie moet ons bedank vir die geweldenaars wat los rondloop. Patetiese Regstelsel.

Andre Stander ·

Mense, haal solank julle klippe en hooi vurke uit – want julle gaan my wil stenig.

HIER HET MEDE BOERE BLOED OP HULLE HANDE.

Die familie wat aangeval was en toe ge-emmigreer het, het klaarblyklik versuim om te kom getuig, en sodoende Moreel gefaal om hulle mede boere te beskerm. Dink oor daardie stelling vir n oomblik… “Wat as”

Paar jaar gelede was daar by my plaashuis ingebreek, en groot skade gemaak. My as jong boer redelik terug gesit. Na die dief gevang was, en ek in hof moes gaan getuig (na die polisie my mooi gevra het om op te daag), word ek ingelig dat dit nie die eerste keer was wat dief in die hof was nie, en met n vorige hof verkeining was die saak teruggetrek – omrede die vorige huisbraak eienaar net versuim het om op te daag en getuig.
Ek het wel vir die polisie (vrou) gesê ek sal getuig – moes 3x keer hof toe gaan en laaank sit en wag – maar te danke aan is dief 9x jaar tronk toe. En toe gedeporteer. En het hý nie weer in ons omgewing ingebreek nie… So kritiseer, maar onthou ook jou eie morele verantwoordelikheid.

Oujongvrou ·

Hierdie is n baie goeie kans vir die onskuldige mense se kinders om n vet eis in te sit teen die staat. Hys n gewoonte misdadiger en loop buite rond en moor. Gemors het gedink (en is heel moontlik reg) dat hy onaantasbaar is.

Abe ·

Oujongvrou,
Daar is geen kans om in so’n geval teen die staat te eis nie. Waarvan praat jy?

S ·

Ek stem saam Tweetie, iemand ondersteun hom. Hoe kan hy 2 huise besit sonder ‘n vaste inkomste, of besit hy 2 plakkershutte? Hy het makkers wat sy vuilwerk vir hom doen en hy tree soos ‘n “Godfather’ op gedurende misdade, ek wonder wie betaal hom…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.