Vrystaat-plaasmoord: Verdagtes doen nié aansoek om borgtog

Gemeenskapslede Donderdag buite die hof. (Foto: Gerda Marie van Rooyen)

Die vier verdagtes in die onlangse moord op Sakkie en Ina van der Berg op hul plaas buite Boshof in die Vrystaat het nie Donderdag ’n aansoek om borgtog by die plaaslike landdroshof ingedien soos verwag nie.

Johannes Sekgoro (41), Daniel Tsekiso Selwane (28), Kat Terrance Thami (34) en Sidasie Daniel Lephele (44) het vanoggend weer in die hof verskyn in verband met die moord op die egpaar.

Sakkie en Ina is vroeër vandeesmaand in hul huis op die plaas Bloubos vasgebind, aangerand en toe doodgeskiet. Sakkie was 67 jaar oud en Ina 62 jaar oud.

Sune Oosthuizen, buurvrou van die egpaar, het aan Maroela Media gesê die gemeenskap van Boshof was verbaas deur die verdagtes se besluit. “Hulle het besluit om vir eers nie hul reg op ʼn borgtogaansoek uit te oefen nie.”

Hoewel die gemeenskap nie die wending verwag het nie, het hulle reeds ʼn memorandum vanoggend aan die klerk van die hof en staatsaanklaer oorhandig waarin hulle pleit dat die verdagtes nie op borgtog vrygelaat word nie.

Ina en Sakkie van der Berg (Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig ’n memorandum is Maandag deur gemeenskapslede met behulp van ’n prokureur saamgestel en sedertdien onder gemeenskapslede versprei. Talle Suid-Afrikaners asook mense van die buiteland het intussen hulle steun vir die memorandum deur middel van e-posse getoon.

Volgens Oosthuizen het die memorandum altesaam 1 443 handtekeninge ontvang. Dié memorandum is ook vanoggend met ʼn goeie gesindheid deur die klerk en staatsaanklaer ontvang, het sy gesê.

“Ek het nie in my wildste drome gedink ons gaan soveel reaksie ontvang nie. Dit was net oorweldigend. Ons is dankbaar vir al die steun.”

Die memorandum is opgestel aangesien van die verdagtes reeds verhoorafwagtend is en ander reeds vorige misdrywe teen hul naam het.

Oosthuizen vertel dat swart en wit gemeenskapslede die hofverskyning vanoggend met dieselfde doel voor oë – dat die verdagtes borgtog geweier moet word – bygewoon het. “Dit is nie net wit boere wat so voel nie. Die hele gemeenskap voel dat die verdagtes agter tralies hoort,” vertel sy.

Twee van die verdagtes was ten tyde van die moord op Sakkie en Ina op parool vrygelaat. Dié parool is vanoggend teruggetrek. Die verdagtes het ook in die hof versoek dat geen foto’s van hulle geneem word nie aangesien hulle vrees vir hul lewe, het Oosthuizen gesê.

Die saak is uitgestel na 30 September. Indien die verdagtes dit so sou verkies, sal hulle dan aansoek om borgtog kan indien. Die memorandum sal dan steeds geldig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

ANDRE ·

Ag shame ! …………..vrees vir hul lewe…..verbeel jou..

Bees ·

Geen fotos want hulle vrees vir hulle lewe ??? ASB !! Wat van daai twee weerlose mense wat OOK vir hulle lewe gevrees het en op die einde die hoogste prys betaal het !!!!

Schalla ·

Bog daarmee! Neem hulle gesigte af en stuur dit die wêreld in dat almal kan sien hoe die moordenaars lyk. Dis net ‘n kwessie van tyd voor hulle weer op die straat is en ons samelewing het die reg om te weet watse moordenaars dalk reg langs jou in die ry by die bank staan of wat dalk kom vra by jou hek vir ‘n piece-job!!!!

Emma ·

Hulle vrees vir hulle lewe maar wat van onskuldige mense wie se lewe hulle geneem het. Ek hoop julle kry presies dit wat julle aan die twee mense gedoen het

Willehond ·

Ag nee! Hoekom nie vra vir borg nie?? Ons wag dan in spanning vir jul tuiskoms!!!

Skoolgeld ·

Hoe op aarde is dit moontlik vir ñ koelbloedigge moordenaar om vir sy lewe te vrees ? Het een van hulle dalk daaraan gedink dat die slagoffers op ñ stadium so moes gevoel het ? Hang hulle in die openbaar asb ?

Lou ·

Hulle wil nie afgeneem word nie want hulle vrees vir hulle lewens!
Baie ironies dat hulle nie ‘n bloue duit omgegee het vir die twee onskuldige mense wat hulle koelbloedig vermoor het nie. Het hulle nie daaraan gedink dat die mense ook gevrees het vir hulle lewens nie.

Emma ·

Hulle vrees vir hulle lewe maar wat van onskuldige mense wie se lewe hulle geneem het. Ek hoop julle kry presies dit wat julle aan die twee mense gedoen het

Koos ·

Ek dink hulle moet van al die paas aanvallers en moordenaars n profile op stel soos met die van n pedofil, stel al die profile’s vry aan almal en sit n losprys daarop

Lollie ·

Sjoe ek like Koos se kommentaar! Dit sal werk! (Dis hoekom hulle dit nooit sal doen nie)

ne ·

Shame! Hoekom is hulle in die eerste plek op parool vrygelaat? Ons moet ook begin met ‘n boendoehof!

Cherokee ·

Dus behoort dit nie te verbaas dat hulle nie om borgtog gevra het nie.

marous ·

Maar die doodskis en sonneblom wittes se fotos het die hele wereld vol gepryk ?

Chris ·

Hulle moet nie vrees vir hul lewens nie.Nee hul moet smeek vir hul lewens!!!!

Michelle ·

Hoekom borg aansoek doen sodat hul kan vlug on ‘n volgende weerlose persoon te gaan gaan uitmoor, hul is geregtig op niks. Die twee dierbare onskuldige mense was nie eers geregtig om te pleit vir hul lewe nie hul het nie ‘n se gehad nie. .

hercu ·

aaaaaai so jammer om te verneem julle moordenaars vrees vir julle lewe, ek voel regtig vere!!

Oom Kalahari ·

Lafaards, wat in getalle ou weerlose mense vermoor en gesinne vernietig. Wys hul foto’s en waarom moet hul voorkeur geniet waar die doodskis 2 en menige ander se foto’s nie gou genoeg pryk op alle MSM voorblaaie nie. Laat die gemeenskappe wat deur die vuilgoed getreiter word die geleentheid kry om met die moordenaars te deel en spaar al die waardevolle belasting gelde vir hul hotel losies in gevaneskap wat gebruik kan word vir beter geleenthede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.