Vrystaat-plaasmoord: Verdagtes verskyn in hof

Ina en Sakkie van der Berg (Foto: Facebook)

Die verdagtes wat vroeër die week in hegtenis geneem is in verband met die moord op Sakkie en Ina van der Berg die afgelope naweek op hul plaas buite Boshof in die Vrystaat, het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Daniel Tsekiso Selwane (28), Johannes Sekgoro (41), Kat Terrance Thami (34) en Sidasie Daniel Lephele (44) word aangekla van moord, die besit van onwettige vuurwapens, roof met verswarende omstandighede, motordiefstal en diefstal.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n vyfde verdagte is sedertdien voorlopig vrygelaat omdat hy nie met die misdaad verbind kon word nie.

Maroela Media het vroeër berig die vyf verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure onderskeidelik in Bloemfontein en Dealesville in hegtenis geneem.

Sakkie het verlede Vrydag ’n werker dorp toe geneem terwyl Ina op die plaas Bloubos agtergebly het. Sakkie het weer huiswaarts gekeer en op pad terug met sy voertuig gestop om ’n hek op die plaas oop te maak toe hy deur ses mans oorval is.

Die mans het hom na die plaashuis geneem waar hy saam met sy vrou vasgebind, geslaan en toe doodgeskiet is. Albei is op die toneel dood. Sakkie was 67 jaar oud en Ina 62 jaar oud.

Die verdagtes het daarna die huis geplunder waarna hulle met vier vuurwapens en die egpaar se motor vort is. Dié motor is later in modder in die Caledonrivierbedding op pad na Lesotho opgespoor.

Die polisie het gedurende die inhegtenisnemings op twee vuurwapens beslag gelê.

Volgens Mbambo sal die verdagtes weer op 25 en 29 Julie in die hof verskyn waartydens hulle formeel om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
leser

borgtog aansoek, waarom ?, hulle hét moord gepleeg, na borgtog is hulle “WEG”, hulle was klaar oppad na lȇ soontoe

riana

Is hulle nie ook betrokke in die moord op die ander egpaar in Dealesville in Mei nie… selfde modus operande en is maar 57km uit mekaar… en 1 of 2 vandie verdagtes is in die dorp vas getrek….. Ek hoop dit is hulle….. die Families het berusting nodig oor wie wat en hoekom

Tom

En raai wat die pres se niks

HP

Stuur asb tog vir CR ‘n epos van elke plaasmoord en laat hy erkenning van ontvangs trugstuur dat ons seker is hy weet daarvan.

leser

@hp
gee e-pos adres asseblief, briewe word alleenlik aanvaar, maar
dit help nie om te stuur nie, iewers val daardie brief in “file” 13