Vrystaat-plaasmoorde: Name van verdagtes bekend

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die name van vyf mans is bekend gemaak nadat hulle Woensdag in die hof verskyn het weens twee afsonderlike plaasmoorde vroeër die week in die Vrystaat.

Kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, het gesê Lekgotla Matatiele (22) en Molelekoa Mothibeli (21) het in die Theunissen-landdroshof verskyn in verband met die moord op Martie Bester (68), wie se plaashuis Maandagoggend buite die dorp aan die brand gesteek is met haar liggaam binne-in die huis. Lees meer hier.

Die verdagtes, albei van Theunissen, is Dinsdag in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklag van moord en roof.

“Die saak is tot 21 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding,” het Nagel gesê.

Fana Hendrik “Bitiki” Ntshedi (20), Jacobus Motsamai “Highlands” Bitterbos, en Jackie “Nankies” Louw (21) het in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn bejaarde egpaar, Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70), van die plaas Kwaggakraal naby Bainsvlei.

Die egpaar is Sondagaand doodgeskiet in ʼn rooftog waartydens ʼn televisiestel, vuurwapens en hul voertuig gesteel is. Lees meer hier.

Hulle staan ook tereg op aanklag van moord en roof.

“Die saak is ook tot 21 Januarie vir borgtog uitgestel. Hulle bly in aanhouding,” het Nagel bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor plaasaanvalle op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hector Jooste ·

Kyk na die ouderdomme van die aangeklaagdes. Dit is alles, sonder uitsondering inisiasieskool-moorde.

Anna ·

Hulle kannie apartheid blameer nie hulle is gebore toe ons land oorgegaan het, wat weet hulle van die struggle?

Drieks ·

Word wakker ANC, jul gierigheid is die voorbeeld vir jul kinders en dit is wat jul na 20 jaar gekry het.

Hector Jooste ·

Kyk na die ouderdomme van die aangeklaagdes. Dit is alles, sonder uitsondering inisiasieskool-moorde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.