Vrystaat-plase se Eskom-meters bekyk

Argieffoto

Plase in die Bothaville- en Viljoenskroon-distrikte in die Vrystaat se elektrisiteitsmeters sal almal geoudit word nadat daar met talle van die meters gepeuter is.

Eskom het Maandag in ʼn verklaring gesê ʼn werknemer van ʼn Eskom-kontrakteur is in hegtenis geneem nadat daar “op groot skaal” met elektrisiteitsmeters in dié gebied gepeuter is. Volgens die verklaring het die verdagte hom as ʼn Eskom-werknemer voorgedoen en die meters op plase naby Bothaville en Viljoenskroon omseil.

“Die verdagte het aangebied om inwoners se elektrisiteitsmeters ‘te kalibreer’ om kamstig laer elektrisiteitsgebruik tot gevolg te hê. Hy het Eskom-kliënte tussen R2 300 en R10 000 per meter gevra,” lui die verklaring.

Nadat Eskom ʼn wenk hieroor ontvang het, het hulle die saak by die Valke aangemeld. ʼn Ondersoek van byna 18 maande het gevolg en die verdagte is Vrydag op heterdaad betrap en in hegtenis geneem.

Eskom het gesê hy sal gevolglik alle elektrisiteitsmeters op plase in dié area oudit. “Kliënte met wie se meters gepeuter is, kan ʼn boete van tot R35 000 opgelê word, ʼn fooi gevra word vir agterstallige gebruik en moontlik vervolging in die gesig staar.”

Enigiemand met meer inligting oor die saak of wat graag na vore wil kom, kan Eskom gedurende kantoorure by 051 404 2277 kontak. Indien jy vermoedelike elektrisiteitsdiefstal wil aanmeld, kan jy ʼn SMS na 32211 (R1 per SMS) stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk ·

Ja ESKOM maaak jul.krag goedkoper dan sal niemand die.meters bypass nie. Dis omdat krag onbekostigbaar raak en mense dit nie meer kan bekostig nie.

Johann Marx ·

Ek het 850 foto’s van “krag diefstal ” direk uit die transformatorkaste langs elke informele nedesetting in my area. Ek het dit aan elke moontlike owerheid gestuur en gevra waarom huiseienaars met vaste adresse moet betaal…….maar informele nedersetting huise nie…en tot vandag toe GEEN antwoord gekry nie. Die transformatorkaste naby aan die tolhekke, is so toegespan en veilig gemaak dat NIEMAND daarmee kan peuter nie….want tol sal jy tol betaal….maar dieselfde word nie gedoen met transformatorkaste langs die informele nedersettings nie….en die huis-eienaars en plaasboere betaal…..en Brian Molefe kry R30 miljoen….Hoekom werk dit so???

Cindy ·

Johan, ek vermoed die meeste van die getroue betalers se velkleur is nie donker genoeg nie, dus maak dit ons ook nie arm genoeg nie

Attie No1 ·

Ja wel ek moes vir my plot se aansluiting betaal: Deposito R 6500.00 + Aansluitings fooi R23,000.00, dan moet ek nog paal koste elke maand betaal voor verbruik. Die ryk boer oorkant die pad hoef nie want hy is as “urban” geklasifiseer terwyl ek “rural” is. Toe kom Eskom mannetjie by my aan en se hy sal my aansluit vir R 500 per maand. Help jy die kriminele of die kommuniste, moeilike besluit.

snoefie ·

Hopelik kan eskom ook verduidelik hoekom swart Boere voorafbetaalde meterbokse kry met geen paalkostes nie. dan was die krag nog gratis herlei van die naaste paal af na die voorafbetaal meters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.