‘Vrystaat-plattelanders lewe in vrees’

Sonsondergang_windpomp_ReintDykema.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

Die DA het ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om alles in hul vermoë te doen om die skuldiges vas te trek wat verantwoordelik was vir die moord op vier mense op Vrystaatse plase verlede week.

Roy Jankielsohn, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, het gesê dit is onaanvaarbaar dat mense in plattelandse gemeenskappe in die provinsie daagliks moet vrees vir hul lewe.

“Ons plattelandse gemeenskappe gaan deurentyd gebuk onder misdaad en te min word gedoen om boere en plaaswerkers te beskerm,” het Jankielsohn gesê.

Vier mense is verlede week in drie verskillende plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor. Woensdagaand is ʼn 87-jarige boer van die Parys-distrik aangeval en met ʼn hamer doodgeslaan. Donderdag is die liggame van ʼn boer en sy huishulp in ʼn plaashuis naby Wepener gevind.

Donderdagaand is Johannes du Randt, ʼn boer van Ladybrand, ook wreed op sy plaas vermoor.

“Namens die DA betuig ek my innige medelye met die vriende en families van die slagoffers. Ons doen ʼn beroep op die SAPD om alle moontlike hulpbronne in te span om hierdie gruwelike misdade te ondersoek en die moordenaars aan die pen te laat ry,” het Jankielsohn gesê.

“Die DA doen ook weereens ʼn beroep op die SAPD om onmiddellik gespesialiseerde eenhede vir landelike veiligheid op die been te bring om die vlaag van gewelddadige misdade in plattelandse gemeenskappe te beveg. Ek sal aan Fikile Mbalula, minister van polisie, skryf om hom aan te moedig om dadelik op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

dis so so hartseer dat mense so uitgemoor en gemartel word ons kan net op ons kniee gaan en GOD vra om die mense te help en genadig te wees R.I.V slmal wat so brutaal vermoor word geen mens vetdien om so te sterf nie !!!!

Willie ·

Word behoorlikke pad blokkades gedoen… Besoeke aan onwettige bly plekke om te kyk na ID en paspoort? Hoe lyk die polistasies, en die bemanning? Vra maar net…

Winston ·

Ek hoor te veel by oud kollegas dat lede aan diens sit en slaap, waneer besoeke gedoen word. Hoe minder jy werk, hoe meer wil jy rus?

Werk nee wat!! ·

Moet asseblief nie vir die polisie nog werk gee nie wanneer gaan hul slaap, as hul alreeds gedurende werkure en etenstye slaap. Hul raamwerk is: kry net die dag verby en kry jou pay!!!! As dit een van hulle werkers of boere was, en hy nog boonop in ‘n kis gesit was, was hulle almal daar en was slaap vergete.

Michael ·

Mense doen aan jou wat jy hulle toelaat .Die boere moet paraat word hulself beveilig en hulle met dodelike mag verdedig teen aanvalle.

Awie Opperman ·

Dagsê Michael, hoewel ek saamstem met jou stelling dat mense paraat moet wees, stem ek glad nie saam met jou eerste stelling nie. Van hierdie aanvalle word met militêre akkuraatheid uitgevoer en dit maak weinig saak hoe voorbereid die slagoffer ookal mag wees. Een van die hoofredes waarom die staat bestaan is om sy burgers te beskerm. Indien die staat nie sy basiese verpligtinge teenoor sy burgers kan nakom nie, dan noem mens dit ‘n “failed state”. Selfbeskikking is en bly die enigste opsie vir die blanke volk se voortbestaan in Suid-Afrika. Dan kan ons regering vermag wat buite bereik van gewone burgers is.

Ouma ·

Neem reg en geregtigheid in eie hande!! Hulle kom nie aan op plase vir koffie en beskuit nie!! Ons boere is te vriendelik!!

Ruby ·

Ek het nog nooit gehoor of gesien dat ‘n minister ‘n besoek aan die vermoorde boer se gesin aflê nie.

Nettie ·

Nog nooit, net as ‘n plaaswerker of huishulp aangeval word of ‘n vermeende mieliedief of kabeldief, maar as ‘n boer aangeval word heers daar doodse stilte, nog nooit hulp aangebied of besef daardie mense sit nou sonder ‘n inkomste en behuising as hulle die boer verloor nie .. alles deel van die oorspronklike grondbesettingsplan.

Wirrim ·

Baie geldige punt. Veral gesien in die lig van parlementere bespreking en ministerieele besoeke en persoonlike vermelding deur Zuma oor die ewe-tragiese insident waar skoolkinders in ‘n taxi ongeluk dood is. ‘n Mens kan maar net wonder.

Ek ·

DA – julle medelye beteken NIKS!!!! HOEKOM HET JUL NIR VROEER IETS GEDOEN OM DIE DINGE TE KEER NIE????????? Hierdie dinge gebeur nie net van gister af nie!!!!!!

Charmaine Griffiths ·

Ek het familie en vriende in Wepener distrik. Hul is PARAAT en doen als in hul vermoe om hulself en hul personeel te beskerm. Dis georganiseerde wetteloosheid en terrorisme wat hier seevier.

Polisiebeampte ·

Ek is self in die polisie en lees hoe almal oor een kam geskeer word. Nie almal slaap aan diens en is sleg soos dit gestel word nie Het julle al ooit gedink dat daar van ons is wat wel trots is op ons werk en wat regtig di ekstra myl stap? As daar fout kom by jou huis of familie, wie bel jy eerste? Dan wonder almal skielik wat is die SAPD se nommer want julle het ons dan nodig Dink jy dis maklik om heelnag kierts regop te sit en nie vaak te word nie? Kom werk een aand saam in die GDS (aanklagkantoor) en more oggend moet jy 6h huis toe gaan en na jou kinders en man omsien Kosmaak huis skoonmaak ens Glo my dis nie altyd maklik nie En dink maar mooi voor jy almal oor dieselfde kam skeer More het jy dalk my hulp nodig dan moet ek my slaap aan diens vir jou opoffer

Billy Kruger ·

Ek bid dat God engele stasioneer rondom elke plaas huis soos wat hy gedien het vir die Boer vroue in die eertydse Rhidesia.

Katryn ·

My hart skeur vir my mense en my land. Ek ken nie die antwoorde nie en ek ken ook soveel hartseer stories en weet van soveel moorde, soveel wat daagliks in vrees lewe. Maar ek weet ONS HET NET EEN HOOP; en dit is in ons Hemelse Vader. Ons is ook nie onskuldig nie. God se (en ek skryf in Engels want dit is vir elke kleur mens in ons mooi sonskyn land wat nie meer vol beloftes en hoop is nie maar vol van die vrug van selfsug : ons het NET EEN HOOP ; ” If my people who are called by my name, will humble themselves and pray and confess their sins, and turn from theor wicked ways, then I will hear from heaven, forgive their sins,and heal their land.” We needntobreturn to our only hope; The Living and Almighty God, because talking and crying alone wont help us at all. I pray now with every brother amd sister in the Name of Christ Jesus our Lord, thatbour nation will turn to God and that he will not only sustain, but bring healing and peace in OUR Country. Amen

N Lourens Reitz ·

Wit stemme het DA in die posisie geplaas waar hul nou amptelik die oposisie is. Hierna tel die wittes nie meer vir die DA nie veral waar dit oor eie sake en die regte van minderhede sal handel.Gaan luister mooi na Mmusi M se intree toespraak in PE toe hy die leier word.

Moesie ·

Ja siestog en almal is so beindruk met die DA en met die amptelike opposisie en MMUSI wat nou ook na almal se belange gaan omsien? Dit is net NOG ‘n AFRICAN PARTY wat nou skouers skuur met die ANC. Hulle voel ‘n veer vir minderheidsgroepe .. hulle het die WITTES gebruik om die DA sterk te maak, ek het nog nie eenkeer ‘n goeie woord uit Mmusi se mond van wittes gehoor nie inteendeel hy sal Helen Zille in die grond in vertrap omdat sy dit gedurf waag het om te se kolonialiste (wittes) het nie net slegte dinge gedoen nie. NEE volgens hom is wittes NET sleg en moet met klippe doodgegooi word .. ons is tog so gullible .. Mmusi en die die grootste gedeelte van die DA voel ‘n veer vir enige witte .. julle gaan nog julle plase afteken aan hulle ..

Dirk01 ·

Polisiebeampte ek verstaan jou reaksie, jy weet egter presies hoe die situasie is. Ek het nog bitter min polisie gesien wat betyds opdaag vir hulp.Hulle daag heel wat kere glad nie op. Ek dra deeglik kennis van polisie strukture en vele verskonings wat aan gebied word . Jy kan nie die publiek kwalik neem nie, wat ek egter simpatie mee het is die bevordering van personeel met min kennis as ook politisie wat geen kennis as generaals en mministers in polisieering het nie . Die getal onbekwame mense is in die meerderheid en dit dra by tot die onsuksesvolle bekamping van misdaad .Ons kan bladsye vol skryf van die swak lede en korrupsie, daar is egter ook mense in ander sektore wat fisies veel harder as jy werk .Dit was jou keuse om n polisie man te word so doen wat jy moet of bedank .

Alida ·

Gee vir die minister n sokkerbal dan sal hy weet wat om daarmee te doen. Van Sapd werk weet hy soveel soos die man in die maan.

N Lourens Reitz ·

En VL ek hoor min van hul as Georganiseerde Landbou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.