Vrystaat-polisie waarsku teen nuwe slenter

sosiale-media-facebook-twitter-instragram

Foto: LoboStudioHamburg/Pixabay.com

Die polisie in die Vrystaat het mense gewaarsku teen boosdoeners wat voorgee bankbeamptes te wees en dan persone se kredietkaartbesonderhede via ʼn telefoonoproep verkry.

“Verskeie sake van bedrog is aanhangig gemaak nadat niksvermoedende slagoffers telefonies deur mense gekontak is wat voorgee dat hul beamptes van die bank is, inligting oor hul kredietkaarte verkry is en dit daartoe gelei het dat hulle uiteindelik baie van hul hardverdiende geld kwyt is,” het kapt. Stephen Thakeng Saterdag gesê.

Tussen 20 en 22 Februarie is daar drie sulke gevalle aangemeld waarin die modus operandi telkens dieselfde was.

Onskuldige persone sal glo ook ʼn SMS ontvang wat sê “ Pay ZAR (X bedrag) to Takealot online. Reject if not your transaction. 1 – accept. 9 reject.”

Volgens Thakeng sal persone soms dan “1” druk en dan word die transaksie goedgekeur en hul bankrekeninge bedreig.

Thakeng het gewaarsku dat niemand enige bankbesonderhede oor die telefoon moet verskaf nie en eerder die tak self moet besoek indien hulle onseker is.

Slagoffers kan lt.kol. Stephen Mathakhoe by 082 525 2168 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ansie ·

Wil graag anoniem bly. Dit het 2 keer met my gebeur ….. R3,000 verloor die eerste keer. Twee verskillende banke. Die eerste bank het geen simpatie, geen geen. Wees gewaarsku mense. Altwee banke het erken dat hulle weet van die nuutste slenters. Op my vraag hoekom kliente nie in kennis gestel word nie het eerste bank gesê en ek haal aan: ‘Mevrou, dit staan op u maandelikse staat dat u nie aan enige verdagte oproepe aandag moet gee nie ….’ En hier het ons dit nou die polisie kan beriggewing daaroor doen ….. maar die banke wat ons betaal om ons geld veilig te hou, kan nie vir kliente ‘n sms stuur om hulle kliente te waarsku nie!!

LB S ·

Wel, jammer, maar as jy dom is, moet jy maar, jy weet… Hierdie waarskuwings is al hoeveel keer uitgedeel maar steeds laat die mense hulle vang. LEES voor jy knoppies DRUK! En MOENIE jou inligting vir iemand GEE nie.

TLC ·

Maar die slenters is mos ou nuus. Ja ek weet daar is nog mense wat val hiervoor Ek kon gelukkig my delema met Vodacom stop en gevoel vertel my dat ek nog nie einde van hul het nie. Maar mense moet wakker wees as hul eers jou bankbesonderhede vra moet rooilig flikker

Sarel Strydom ·

Hoeveel keer moet die Polisie, Banke en ander mense waarsku voor daar geluister word. Jammer mense kan net hulle self blameer.

Ronel ·

Ek is 2x in die week deur iemand geskakel wT beweer hetbhy werk vir Std bank. Ekt nie meer n rekening daar nie. Hy het redelik hardekwas geword toe ek weier om my persoonlike info te gee. Hyt die foon neergesit toe ek sê dat ek nie n rekening by std bank het nie.

ekke ·

Dit het vrydag met my gebeur, maar wat my pla hul het my op my van genoem maw is dit iemand by bank self?. Dit was n onduidelike lyn, hul wou verval datum op kaart he, ek bly vir haar se ek gee nie datum toe druk sy foon dood

Gerrit ·

Ek dink al hoekom die polisie hiervan weet is omrede n paar polisie manne slagoffers hiervan was,die algemene publiek sal nie so dom wees nie.

truecaller ·

Istalleer truecaller. Gee probeem om te weet wie jou bel nie.

Alida ·

Geen simpatie nie. Wanneer gaan mense leer? Jy NIKS inligting vir enige jan rap nie.

Nico ·

Download die app ‘truecaller’.
Dis verniet en gee onmiddelik vir jou ñ indikasie van die ‘caller’ se lynregistrasie. As dit verdag lyk….dan is dit 10 teen 1. Mag jou dalk net ñ paar rande en ñ paar telemarketing oproepe spaar.

Alwyna ·

Maklik om te sê jy is self te blameer…daardie mense is uitgeslape. Die feite waarmee hul vorendag kom is geloofwaardig.
Ek is ook iemand wat gesê het ek sal nooit so gevang word nie…haha, famous last words! Het bykans R12000 verloor. Ombudsman het my vertel dit was toe iemand in die bank (groen) maar het nie n dooie sent teruggekry nie!

wilma ·

Ek merk in ‘n koerant van verlede week ‘n advertensie wat meld dat 3% rente per MAAND op belegging betaal word. Al wat ek kan sê is dat rooi ligte begin flikker het!

Slagoffer ·

Ek was ook so gevang MAAR vir die wat se hoe gee jy jou details, kom ek se julle, die vrou het alles van my gehad. Al wat sy benodig het was die “approved” sms op my foon EN die beste van alles was dat die SMS van die bank gemanipileer was, dit het soos volg gelees, ” Amount of R5000 TO BE REJECTED by ?@@bank, press 1 to Accept, Press 2 to Reject. Nadat ek eers die 2 gedruk het was daar gese nee ek moet die sms mooi lees wat se ek moet accept sodat ek die bank toestemming gee om transaksie te reject. Die 2de sms het deurgekom waar ek toe Accept het want dit is presies wat die sms gelees het dat die transaksie REJECT word en toe is dit al die tyd die transaksie wat gemaak word. So moet nie vra hoe aanvaar jy n transaksie nie WANT hulle manipileer die bank se SMS. n saak is oop gemaak en sover lyk dit of daar besonderhede beskikbaar is oor die persoon want die geld is na n FNB e-commerce Rekening toe oorbetaal.

E.K. die eerste ·

Ek antwoord NOOIT OOIT enige onbekende nommers nie. Al mag dit dalk onskuldig wees. Daarvoor het alle fone ‘n funksie waar mense ‘n boodksap kan laat indien hul jou soek en jy kan dan terugskakel. So as iemand MY regtig in die hande wil kry sal hul ‘n ordentlike boodskap los. Ek kry deesdae baie min sulke oproepe – ek dink die boodskap versprei dalk. Mense is te nuuskierig en antwoord elke oproep wat hul kry.

Fritz ·

Selfde hier. As jou nommer nie op my foon se kontaklys is nie, het jy n hoop en n half dat ek gaan antwoord.

Ek ook ·

Hulle het my ook amper gevang… die knaap kamma van die Absa en wou my krdietkaart limiet verhoog, hoe meer ek sè nee dankie, hoe meer wil hy dit verhoog. Toe ek nie dit wil verhoog nie, wil hy besonderhede bevestig. Hom mooi vertel wat ek van sy scheme dink…. en foon neergesit.

Niel ·

ja nee ek blok alle nommers van enige iemand wat my probeer bel. As hulle my wil kontak behoorlik moet hulle maar net sms/whatapp stuur. Verder word “unknown numbers” outomaties geblok.

Diklizzy ·

“Telefonies deur mense gebel is” ……. Oortollig. Telefonies gekontak, gebel of telefonies geskakel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.