Vrystaat-polisieman en vrou dood in slaapkamer aangetref

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn polisieman en sy vrou is Vrydagoggend in hul slaapkamer aangetref.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die suster van die beampte wat dood is, het die polisie in Boithuso  in die Vrystaat in kennis gestel van die voorval.

“Sy het ʼn verdagte boodskap van haar broer gekry en gaan ondersoek instel. Toe sy by die huis in Botshabelo aankom, het sy die liggaam van haar broer en sy vrou in die slaapkamer aangetref,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo het die vrou (30) drie skietwonde gehad, twee in haar bors en een in haar kop. “Die beampte (36) wat aan die provinsiale taakspan verbonde was, het ʼn skietwond aan sy kop gehad,” het Mbambo gesê.

Volgens haar is daar ʼn amptelike vuurwapen op die toneel gevind.

Die motief agter die moord is steeds onbekend.

ʼn Saak van moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

Dit gebeur omdat die meerderheid van hulle nie veiligheidsklaring het nie. Dink net wat kan nog alles skeefloop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.