Vrystaat-polisieman skiet vrou, homself

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisieman het Sondag in die vroeë oggendure in Hillside View, Bloemfontein, sy vrou doodgeskiet voordat hy homself geskiet het.

“Die 50-jarige adjudant-offisier was gebaseer by die openbare-orde-eenheid,” het lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het sy vrou omstreeks 01:50 by ʼn partytjie gaan haal wat by ʼn nabygeleë huis gehou is.”

Die egpaar het glo op pad huis toe begin baklei en net voor hulle by hul huis ingegaan het, het hy haar drie keer geskiet. “Hy is met ʼn skietwond in sy kop aangetref en sy dienspistool langs sy liggaam.”

Mbambo het gesê ʼn saak van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is geregistreer vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.