Vrystaat-regering het glo geskenkte trekkers geïgnoreer

Roy Jankielsohn, DA-lid in die Vrystaatse wetgewer (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

Die Vrystaatse regering het R2,3 miljoen spandeer om twee trekkers vir die onsuksesvolle Vrede-suiwelplaasprojek aan te skaf, en trekkers, wat deur die nasionale regering geskenk is, geïgnoreer, het die staatskapingskommissie Maandag gehoor.

Die geskenkte trekkers het op die skougrond in Vrede in die Vrystaat gestaan.

Die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, stel ondersoek in oor die Vrede-suiwelplaasprojek waar meer as R200 miljoen, wat geoormerk is vir opkomende swart boere, na bewering deur staatsamptenare en die voortvlugtige Gupta-familie geplunder is.

Roy Jankielsohn, DA-lid in die Vrystaatse wetgewer, het Maandag voor die kommissie getuig. Hy het besonderhede bekend gemaak oor die vrae wat hy gestel het aan die voormalige Vrystaatse LUR vir landbou, Mamiki Qabathe, ná mediaberigte oor die beweerde onwettigheid van die projek in 2013 aan die lig gekom het. Vrede is die tuisdorp van Mosebenzi Zwane, wat in 2011 met die suiwelprojek begin het. Zwane was ook die LUR van landbou voor Qabathe aangestel is.

Foto’s van die 4 400 hektaar plaas en sy buitegeboue is aan die kommissie gewys, en Jankielsohn het sekere voorwerpe op die kaart probeer uitwys.

Hy het ook besonderhede bekend gemaak van geld wat aan Estina, ʼn Gupta-maatskappy, vir die projek oorbetaal is, insluitend R2,3 miljoen wat gebruik is om twee trekkers aan te skaf.

“R2,3 miljoen vir trekkers?” het Zondo geskok gevra. “Dit klink onrealisties en buitensporig.”

Jankielsohn het gesê die trekkers wat die nasionale regering geskenk het, is nooit gebruik nie, en staatsamptenare het dit aan die regering terugverkoop.

Altesaam R1,2 miljoen se staatsgeld is ook gebruik om kantore vir Estina in Vrede aan te skaf. Estina het later die kantore vir R1,3 miljoen aan ʼn privaat individu verkoop, het Jankielsohn bygevoeg.

Geen lewensvatbaarheidstudie is voor die aanvang van die projek gedoen nie. Die projek het die provinsie uiteindelik R570 miljoen gekos. ʼn Lewensvatbaarheidstudie is eers in 2012 gedoen, twee jaar ná die aanvang van die projek.

Estina sou R238 miljoen tot die projek bygedra het, maar dit het nooit gebeur nie.

Qabathe het aan Jankielsohn gesê swart inwoners van Vrede en voorheen benadeeldes was die begunstigdes van die projek, maar hulle het uiteindelik niks ontvang nie.

“Die grootste misdaad is wanneer politici aan mense hoop gee, en dan daardie hoop beskaam. Die verslag van die Openbare Beskermer oor Estina het daartoe bygedra. My kommer was die begunstigdes. Een van hulle, mnr. Ngwenya, was baie uitgesproke en hy is vermoor. Die hoeveelheid vrees onder begunstigdes is baie bekend en baie min van hulle praat daaroor. Voorsitter, geen staatslandbouprojek kan aangepak word sonder om die mense op die grond te bevoordeel nie.”

Hy het getuig oor vrees in die provinsie en hoe Moses Tshake, wat ondersoek ingestel het hoe geld aan die projek spandeer is, ontvoer en vermoor is. Tshake het aan die hoof gestaan van oudits vir die landboudepartement in die provinsie en hy is in 2013 vermoor. Jankielsohn het gesê die voormalige premier, Ace Magashule, het by sy begrafnis gepraat en roubeklaers gesê die senior beampte is vergiftig, maar hy het nooit met die polisie gepraat wat die moord ondersoek het nie.

“Beamptes is die persone wat in die hof verskyn op verskeie aanklagte; en nie politici nie. En ons weet politici het die opdragte gegee in hierdie projek. Daar is ʼn kultuur van vrees in die Vrystaat; beamptes word aangestel volgens kaderbeleid. As jy uitgesproke is oor korrupsie en wanbesteding, kan jy na die kantlyn geskuif word.”

Die kontrak is in 2014 gekanselleer. ʼn Kansellasiefooi van R103 miljoen is aan Estina oorbetaal, kragtens die bepalings van die kontrak. Die provinsiale regering het Estina egter bly betaal ná die kontrak gekanselleer is, en Estina het teen 2016 altesaam R136 miljoen in sy sak gedruk.

Die Vrystaatse ontwikkelingskorporasie (FDC) het intussen die projek oorgeneem, maar Estina ontvang selfs vandag nog steeds R20 miljoen per jaar. Die FDC het ʼn maatskappy, wat paaie en skole in die provinsie bou, teen R1 miljoen per maand aangestel om die projek te bestuur. Die onsuksesvolle projek het nooit enige melk of geprosesseerde melk opgelewer tot voordeel van die inwoners van Vrede of die provinsie nie, het Jankielsohn bygevoeg.

“Die FDC se werk is om ekonomiese groei in die Vrystaat te stimuleer, SMME’s (klein-, medium- en mikro-ondernemings) te finansier, en bates te bestuur wat klein ondernemings kan finansier. Ek dink nie ʼn suiwelplaas is deel van die FDC se mandaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

James ·

Julle eie mense is julle grootste vyand. Maar as julle wakker skrik is daar niks meer nie en dan krap ons kop en wonder wat verkeerd gegaan het….

Vryheid ·

Hulle wil nie boer nie, hulle wil die geld he. Waar het jy al ooit gehoor van n suksesvolle boerdery van n grondeis?

thinus erasmus ·

Dis nou ware Afrika sprokie: die vennoot wat nie sy bedrae gee nie, kry ń vet kansellasie fooi plus ekstras (prestasie bonus?) Die fluitjie blaser word vermoor en die skuldiges leef heerlik vir ewig daarna!

Kokkie ·

Dit lyk vir my Ace Magashule is heeltemaal onaantasbaar. Hoekom is almal so bang vir hom ?????????

BEKOMMERDE ·

My hart is so seer as ek hierdie nagmerrie lees.
Baie kinders word op plase groot en sal wat wou gee vir so geleentheid.

recycle ·

Dit last my dink aan n besigheid wat my gewerf her om hulle fabriek in KZN te bestuur in 2013. Finsnsieel bemagtig deur die DTI met die doel om pbv werkskepping te gee. 5 Maande later brand die plek af tot op die grond. Ek en my onder bestuur word gese ons hulp is nie nodig om te help om die vuur te help blue nie want daar is mos versekering…. Nietemin sit ek ons en die pbv’s daarna sonder werk en die direkteure verdwyn sonder n verduidelikking. Ja ne…

Julie Jansen van Rensburg ·

Kokkie, kry Pieter Louis Myburgh se boek, GANGSTER STATE en lees dit, dan sal jy leer oor watter mag ACE beskik het – en steeds beskik noudat hy in dieparlement is – inderdaad, ek vermoed HY is die een wat die sweep klap en nie CR nie, want hy wat ACE is, is uit-en-uit ‘n ZUMA-kader…. glo my, daardie vent is absolute GIF, saam met 2de-in-bevel, David Mabuza… ANC-korrupsie op sy allerbeste…

Magda ·

Jy is reg – kyk maar na die speaker van die Parliament – Wat het sy met haar plaas en diere gedoen, en kyk watse POS het sy. Die regering is die mense wat vir hulle stem se grootste probleem., en die regering gebruik hulle onkunde om hulle stemme te hou en om die land verder te plunder – SHAME ON YOU ANC / EFF – Maar GOD slaap nie, ANC (ALL NATIONAL CRIMINALS)

Diefie ·

Kan ek asb ook ‘n plaas kry met implemente en R 100 miljoen? Ek belowe ek sal rerig, rerig boer. Dit is my grootste droom om te kan boer. Groot seblief. Oeps ek is wit.

SjN ·

Wil nie die trekkers hê nie, wie moet die diesel koop en hul volmaak.

Naas ·

Vind uit wie het omkoopgeld ontvang vir die aankoop van die 2 nuwe trekkers.

Thinus ·

Dus maar een van daai voorgee plase wat op staatsonkoste onderhou word en nie produktief is nie. Probeer ‘n valse beeld skep van BEE en dat swart ekonomiese bemagtiging op landbou werk en die ware boere nie nodig is nie. As die staatskas opdroog gaan die plase so opdroog soos ‘n woestyn.

Thinus ·

Dit wil vir my voorkom sodra jy die waarheid praat word jou boodskap verwyder. Die plase gaan opdroog soos die woestyn as die geldelike inspuiting onttrek word en dus ‘n oë verblindery vir onteiening.

Gert van Wierdapark ·

Die verslaggie van die OB oor die Estina Vrede-Melk-koei se Soustrein projek was so afgewater dat die water erg Brak was en toe vir haar begin Blaf het! Sy het mos haar “tande gesny” op die projek en haar geknibbel aan die Absa/Bankkorp-saak, minister Gordhan, en nou pres CR, gaan hopelik bydrae dat sy die drywers en stokers van die Soustrein gaan teleur-stel!!

hercu ·

Die ANC het mag gekry en die regering het korrup geword! daar’s pasiënte wat op hospitaalvloere doodbloei terwyl verpleegsters ‘n tee breek vat!  SA het ‘n openbare padstelsel wat die beste in Afrika was, wat nou nie geskik is vir enige voertuig nie, en ons het voortdurend treine wat uitbrand; talle geboue, skole, universiteite en munisipale kantore word verbrand. Deur SA se kwota-stelsels het julle ons sport in die afgrond in; die regering is oorhandig met ‘n burgerlike lugvaartmaatskappy wat een van die oudste en beste was; ons het SABC, SAL, Denel, die Poskantoor, Eskom, SARS, Transnet, Iskor, alles funksioneel en winsgewend oorhandig; julle het hulle bankrot gemaak, hulle aan onbekende oorsese mense verkoop, hulle geplunder en ALLES in die grond vertrap; alles wat die ANC ontvang het, is vernietig, beskadig, bankrot en/of afgebrand; die enigste wat julle in 25 jaar probeer het, het ‘n mislukking geword – soos VBS Bank; en nou beweer julle dat wit arrogansie die rede is waarom daar ‘n gebrek aan respek vir die swart meerderheidsregering is; ons het nie respek vir die ANC regering, nie omdat dit swart is nie, ons het nie respek, omdat hulle disfunksioneel, korrup en onbevoeg is: vertel ons: hoekom moet ons, julle, die ANC steeds meer geleenthede gee as ons sien wat julle doen met wat ons in goeie werkende toestand vir julle gegee het in 1994!!

Veer ·

Thinus Erasmus, ek kon dit self nie beter gestel het nie. Ons regering is vrot tot op die been!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.