Vrystaat-regering hou partytjie terwyl Vrystaat verarm

(Argieffoto: Ian Landsberg/ANA)

Terwyl dienslewering in die Vrystaat in wese tot stilstand gekom het weens ʼn geweldige geldtekort, het dié provinsie se departement van finansies sowat R1,4 miljoen bestee aan die byeenkoms waartydens die Vrystaatse begrotingstoespraak in Gariep gelewer is.

Die LUR van finansies, Gadija Brown, het self te kenne gegee dat die Vrystaatse ekonomie in ʼn benarde situasie is.

“Die VF Plus het verlede jaar die Vrystaatse regering uitgedaag om vermaak, spyseniering, vervoer en die huur van lokale en geriewe in die komende jare te besnoei en die krane vir luukshede toe te draai wanneer die pandemie verby is,” het Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê.

“Die Vrystaatse regering het egter nie hieraan gehoor gegee nie en gaan voort met sy onverantwoordelike spandabelrigheid. Sowat R66 000 is net aan spyseniering bestee vir dié geleentheid en R1,3 miljoen is aan ʼn maatskappy betaal vir ‘bemarking’ van die byeenkoms.”

Die byeenkoms het in werklikheid boonop veel meer as die R1,4 miljoen gekos, aangesien die Vrystaatse wetgewer en ander departemente pa gestaan het vir kostes soos verblyf van wetgewerlede en amptenare en ander verwante kostes.

Die VF Plus is van mening dat die byeenkoms effektiewelik niks moes kos nie, omdat dit in die Vierde Raadsaal in Bloemfontein gehou kon word.

“Die Vrystaat kan dit nie bekostig om ʼn sent verder aan luukshede te bestee nie. Broodnodige fondse moet eerder verantwoordelik aangewend word om die mense van die Vrystaat te dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johanncb ·

Iewers is daar, nog stééds, iemand wat géén benul van die waarde van geld het, óf weet hoe ‘n ekonomie werk nie! Ons land gaan vinnig ten gronde!

Nie Verbaas ·

Dis nie net die geen benul van geld nie. Wiskunde en rekeningkunde weet ons alreeds is nie die ANC se sterkpunt nie. Die arrogansie is die ergste. Hulle gee doodeenvoudig nie om nie. Laat die bywoners dit uit hul eie sakke betaal.

Regverdigheid ·

Hys kla ten gronde, al wie ons kan red is die Liewe Vader .

Chris ·

Liewe aarde mens sal dink daar is mense wat tog n bietjie verstand het om te kan weet ons kan dit nie bekostig nie.

Peetjie ·

Daar is net geen benul van geld nie….mors, mors mors vir n wennende pkek…

Debbie ·

Die politicians het nie verstand nie of is nie geleer om te weet wat reg en wat verkeerd is nie

Eltan ·

En intussen word my vullis sakke die afgelope 3 maande nie opgetel nie..en moet ek dit self wegry…hierdie week word dit reg voor die wetgewer se voordeur gestort..

Misky ·

Dis n toespraak en covid tyd…. doen dit virtueel en geen koste nie. Logika ontbreek die lot en enige rede vir n partytjie en rondrits

Ria ·

Wat anders kan mens verwag van mense met beperkte begrip en geen commitment tot hulle werk nie. Ons landjie gaan binnekort totaal in duie stort. Dan kan hulleaar nuwe planne maak om op n misvloer met net kerskrah tot hul beskikking te party

Doringindiedam ·

En op die Magersfontein sit die premier van die Noord Kaap heeldag en “werk” in ‘n restaurant terwyl so 5 km van hom af mense woon wat nie werk of kos in hulle huise het nie. En die “werkers” kry gedurig verversings om aan die gang te bly. Geen besoek aan ‘n area wat absolute patetiese dienslewering het.
So, julle “werkers” is nie net in die Vrystaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.