Vrystaat storm los talle sonder krag

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Inwoners in die omgewing van die Suid-Vrystaat sit sonder krag nadat ʼn storm Maandag infrastruktuur van Eskom beskadig het. Volgens dié kragvoorsiener is omtrent 50 kragpale omgewaai.

Eskom het in ʼn verklaring bevestig kraglyne in Fauresmith, Trompsburg, Pompie en Edenburg is deur die storm beskadig.

Volgens Eskom gee tegniese spanne dringend aandag aan die kragonderbrekings en beoog hy om herstelwerk teen Vrydagmiddag af te handel.

“Die swaar reën belemmer egter die herstelproses deurdat die terreine byna onbereikbaar is. Dit kan herstelwerk vertraag,” sê die kragvoorsiener.

Eskom bedank kragverbruikers vir hul geduld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Faraway ·

. . . die heel laaste sin in berig is seker n grap of sarkasties?

Francois ·

Die pale staan ook al vir jare, en skielik kom een windstorm en waai sommer omtrent 50 om?

Barney ·

Dit laat my dink aan die storie van die trein spore. Daar was vir jare treine oor die transkaroo tot eendag toe die spore weg is. Hulle moet maar die staal gaan soek by die naaste skrootwerf.

Karlahari ·

Evkom se pale het selde om gewaai.
As dit staal strukture is is die onderste kruis versterkings heel moontlik verkoop vir “scrap metal”. Dit gebeur gereeld, selfs die anker kabels word afgesaag.
Indien dit houtpale is dan heel moontlik verby hul veilige gebruiks periode.
Sal interressant wees om die rede vir die faling te lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.