Vrystaat-storms rig groot skade aan kraginfrastruktuur aan

Storms in die Vrystaat het groot skade aan kraginfrastruktuur in die provinsie aangerig. (Foto: Eskom)

Swaar reënval, wind en haelstorms het oor die afgelope paar weke groot skade aan kraginfrastruktuur in die Vrystaat aangerig, met die gevolg dat talle inwoners kragonderbrekings ervaar.

Eskom sê in ʼn verklaring dat dié “abnormale weerstoestande” skade aan onder meer kragpale- en strukture sowel as transformators aangerig het.

Werkers se taak om herstelwerk te verrig, word egter deur nat toestande en modder in sommige gebiede bemoeilik.

“Eskom-tegnici sukkel om die plekke [waar herstelwerk benodig word] te bereik. Weens die nat toestande val vragmotors en voertuie ook vas.

“Die omkeertyd om kragtoevoer te herstel word geweldig geraak. Kliënte word versoek om geduldig te wees en om alle elektriese toestelle as lewendig te beskou.”

Storms in die Vrystaat het groot skade aan kraginfrastruktuur in die provinsie aangerig. (Foto: Eskom)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.