Vrystaat-student sterf onverwags in Turkye

Motsheoa Valencia Motaunyana. Foto: Verskaf

ʼn Ingenieurstudent van die Vrystaat wat aan ʼn universiteit in Turkye studeer het, het Saterdag in raaiselagtige omstandighede in dié land gesterf.

Ace Magashule, premier van die Vrystaat, het in ʼn verklaring gesê Motsheoa Valencia Motaunyana (23) van Kroonstad was ʼn eerstejaarstudent aan die Bahcesehir-universiteit in Istanboel waar sy met ʼn beurs van die regering studeer het.

Volgens die verklaring is die Vrystaatse regering onlangs in kennis gestel dat Motaunyana herhalende griep-simptome toon. Die regering het ʼn span mediese kenners na Turkye gestuur om Motaunyana te ondersoek. Hulle het vasgestel dat sy dringend mediese sorg nodig het, maar dat sy nie na Suid-Afrika kon terugkeer nie omdat haar siekte moontlik aansteeklik kan wees.

Die Vrystaatse span en beamptes van die universiteit het besluit dat Motaunyana daar mediese sorg sal ontvang totdat sy sterk genoeg is om na Suid-Afrika terug te keer vir verdere behandeling. Motaunyana is egter Saterdag dood.

Bahcesehir-universiteit in Istanboel, Turkye. Foto: http://www.bahcesehir.edu.tr

“Ons wag op ʼn nadoodse ondersoekverslag rakende die spesifieke oorsaak van haar dood,” het Magashule gesê. “ʼn Beampte van die provinsiale regering is na Turkye gestuur om met die Suid-Afrikaanse ambassade daar reëlings te tref om die oorledene se liggaam na Suid-Afrika terug te bring.” Hy het gesê Motaunyana se liggaam sal na verwagting volgende week in Suid-Afrika aankom en haar begrafnis sal op 17 Junie plaasvind.

“Namens die Vrystaatse regering en die mense van die Vrystaat en Suid-Afrika as geheel, spreek ek my innige medelye aan [Motaunyana se] familie, vriende en medestudente uit. Daar is geen woorde om ons hartseer en verlies te beskryf nie. Die Vrystaat en Suid-Afrika het ʼn potensiële ingenieur verloor wie se bydrae sou gehelp het om ons land ʼn beter land te maak,” het Magashule gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Reti ·

1. Is ons universiteite nie goed genoeg? STAATSBEURS. 2. SPAN mediese kundiges? 3. Het hul nie dokters nie maar wil daar ing studeer? 4. Aansteeklike siekte? 5. Whatever? 6. ……

Jay ·

Suid-Afrikaanse universiteite is nie meer internationaal geakreduteer nie. Ek myself het ook oorsee gaan studeer maar ekt my eie studies betaal en toe ek siek geword het moes ek maar self sien kom klaar in ‘n vreemde land met ‘n basiese mediese plan. Absoluut belaglik dat die madame ‘n hele span dr kry wat na haar toe vlieg. Griep simptome lekker lag ek nou

Annette Stander ·

Liewe genade! Het Turkye nie mediese dokters nie? ‘n Span! Wat gaan dit die belastingbetaler kos en nog sie beurs ook? En nou is dit in elk geval nutteloos.

al ·

Sjoe, wys mens jy is nêrens veilig nie. Sterkte aan haar familie.

al ·

Soos bogenoemde kommentare stem ek saam – regeringbeurs om oorsee te studeer?! Eish!

Allet venter ·

Wonder net oor daai siekte. Hou ons lesers op hoogte asb.

Johan ·

Hier ruik ek ook muishond musk. Wonder wie se familie was sy om sulke behandeling te kon kry. Maar ons sal nooit weet nie, want Lieg en Lag-hulle sal alles belieg en verdoesel.

F Pet ·

Die anc se verdagte handelings het alweer geboemerang, jammer vir die ouers.

Scalla ·

Staatsbeurs, bied ons dit nie aan nie, beskik hul nie oor mediese sorg nie, Ace, terwyl jy nou baie te se het, wat het gebeur met ongemagtigde opgradering by jou woonhuis, het jy al enige terug betalings poging aangewend of word dit ook onder die mat ingevee.

RIP ·

NOGAL ne, ‘n beurs van die Regering? Sou graag wou weet hoe gebeur dit aangesien ek nog selde daarvan gehoor het. Die REGERING het mediese kenners soontoe gestuur om te gaan kyk wat is verkeerd? KLINK soos baie spesiale behandeling hierdie, BAIE vreemd dat die voorreg nie al die mense in SA toekom nie. So kom die regering se skandes maar uit , hulle dink hulle kan alle PRIVILEGES onder die mat invee, en vir julle ondersteuners vertel dit is net die wittes wat PRIVILEGED is. TOEMAAR SA verloor baie goeie ingenieurs omdat hulle WIT is en nie werk kry in SA nie. Dink eerder daaraan dat die mense ‘n KIND verloor het deur julle toedoen!

Hier is BESLIS iets verdags. Jammer vir haar ouers en naasbestaandes!

Om van te huil ·

Die geen respek vir belasting betaler gelde is om van te huil. Hoe regverdig jy dit, terwyl daar duisende kinders nie kan basiese skool opleiding kry nie, regtig dit is verregaande, SA universiteite is beter, liewe magtig en dan nog die Mediese span afstuur, soustrein soustrein gaan stop op ‘n bankrot stasie en dan wil ek sien hoe kom al die studente terug.

Lee ·

My magtig, hoeveel geld het die regering nog oor, eers brand hulle die Suid Afrikaanse UNI’s af, dan gaan daar oorsee gestudeer word met die ”white monopoly” kapitaal se belasting geld. en so word daar nog verder oorsee oorsee gebaljaar ook omdat daar nie die mediese kennis oorsee is nie,? en ons by die huis het nie geld om die dokter te gaan sien nie.

w ·

Hukom gewag om op 23jarige ouderdom te begin met studies. Wie moes eers waar toutjies trek

Annette Stander ·

Magashule wat het dan van jou Kubaanse ingenieurs geword???

al ·

Goeie vraag! Hulle is ten duurste ingevoer en die geval het ñ stille dood gesterf!

Laurika ·

Hierdie is slegs een geval van misbruik van ons belasting betalers se fondse. Ons het slegs hiervan te hore gekom omdat die student om raaiselagtige omstandighede gesterf het. Ek wonder hoeveel geld werklik so sonder ons medewete op ‘n klomp onnodige nonsens uitgehaal en gespandeer word. As ons universiteite nie op standaard is vir hierdie tipe ingenieurs studies nie, gebruik liefs daai “beurs” gelde en sorg dat ons standaarde dan op dieselfde vlak is as die beter ontwikkelde lande. Ons mense sterf daagliks in ons staats hospitale omdat dit OF oorvol is, OF die toerusting ontbreek, OF nie lopende water het nie, OF ‘n tekort aan dokters het. Maar ‘n hele mediese span word uitgestuur vir daai student. Ek is nie onsenstitief nie, maar wraggies, dis net verkeerd! Hoekom is die student beter en belangriker as enige ander Suid Afrikaanse Burger.

Bee ·

Privileged blacks wat studielenings vir oorsese studies kry. Die ander studente march om in SA te studeer, nee daar word mense na die buiteland gestuur vir studies wat waarskynlik dubbeld die hoeveelheid kos as in SA. Gedink hulle kon dit wegsteek, so kom al die skandes uit. SA het nie net een ingenieur verloor nie, maar ook baie wit ingenieurs agv misdaad en BEE.

Bee ·

EN so word daar geld gemors om haar in die buiteland te gaan besoek en weereens soontoe te vlieg om reelings te gaan tref vir haar liggaam … het hulle dit al vir ENIGE blanke gedoen?

Ai ·

Griep simptome? Dit kan amper enige iets wees van breinvliesontsteking tot longonsteking maar ek weet nie wat is so raaiselagtig omtrent dit nie tensy hulle rede het om onraad te vermoed.

festus ·

Ass ek griep het help daai mengsel van vier pille wat mens by die apteek koop vir minder as R50 altyd kan nie n span dokters bekostig nie. Watse dodelike griep was dit dan?

Jammer ·

Innige meegevoel aan die famile. Dit is baie hartseer en ook baie omstrede.

Liza ·

Ai dis so hartseer, en nog so jonk…….Sterkte aan die familie en rus saggies…..

SARIE VAN HEERDEN ·

Lees jy Maroelalesers se kommentare weet jy dat jyself wat met ‘n skewe oog na die berig kyk dieselfde voel as baie ander. Is ons almal dom? Begin studeer eers op 23jariouderdom?Hoekom nie in SA nie.? En wat is so belangrik aan haar dat ‘n span kundiges na Turkye gaan vir haar ondersoeke? Iets rym nie.

marous ·

Jammer sy is oorlede , maar Gigaba kan ook verduidelik hoe Magashule bygedra het om die land verder in resessie in te foeter….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.