Vrystaat-tieners vermis

Bradley Stafford-Pretorius en Justine Lottering. Foto: Facebook

Bradley Stafford-Pretorius en Justine Lottering. Foto: Facebook

Twee tieners van Odendaalsrus in die Vrystaat word vermis nadat hulle vermoedelik saam weggeloop het.

Justine Lottering (15) en Bradley Stafford-Pretorius (16), albei leerlinge aan die Hoërskool Wessel Maree, word sedert Dinsdagoggend vermis. Volgens Lottering se ma, Amelia Pieterse, het sy gisteroggend rondom 11:00 by die huis gekom en het die huishulp vir haar gesê haar dogter is weg. Sy het haar en Stafford-Pretorius probeer bel, maar albei se selfone was af.

Pieterse het gesê ʼn sak met haar dogter se klere in is in Stafford-Pretorius se ouerhuis gevind. “Ons is baie bekommerd want sy is nou al twee dae sonder haar medikasie. Ons moet haar dringend opspoor sodat sy haar medikasie kan drink,” het Pieterse gesê. Haar dogter is glo met anemie gediagnoseer. Volgens Pieterse help die polisie en privaatspeurders om die twee op te spoor.

Leandri De Bruyn (18), Justine se vriendin, het gesê Justine het al vir die afgelope maand gesê sy gaan saam met Bradley wegloop. “Ek het dit nie kop toe gevat nie, want dis Justine. Ek het gedink sy sal nie regtig so iets doen nie,” het De Bruyn gesê. “Justine het gesê sy gaan by die videowinkel in Odendaalsrus werk totdat sy genoeg geld het sodat hulle kan wegloop.”

De Bruyn het gesê Lottering en Stafford-Pretorius is glo in ʼn verhouding, maar dat Lottering se pa haar verbied het om Stafford-Pretorius te sien. De Bruyn glo dit is die rede waarom die paartjie verdwyn het.

Kapt. Steven Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê hy is nie bewus van ʼn saak wat by die polisie geopen is nie.

Enigiemand met meer inligting of wat een van die vermiste tieners gewaar het, kan Amelia Pieterse op 081 016 4119 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

NL ·

‘n Ouer wat ‘n kind waarsku is selde of ooit verkeerd! Ek het ook ‘n Pa wat my altyd waarsku en gewaarsku het, en al wou ek hom nie dadelik glo nie, was hy op die ou end ALTYD reg! Ek bid dat beide die Kinders veilig gevind sal word… en ‘n goeie pakslae sal kry vir hulle dade! Sterkte aan al die familie en vriende wat oor hulle bekommerd is!
x

nig ·

Nou het hul gekry wat hulle eintlik wou hê – hul foto in die koerante. Ai kinders dink tog altyd hoe seer jul jul ouers maak.Julle het geen idee hoe die wêreld daarbuite is nie, so onthou maar ons was almal jonk en het gedink ons ouers is naar en verkeerd en weet-nie-wat-nog maar as julle eendag self ouers is sal jul agterkom hulle het meestal in liefde gehandel.Met amper geen opleiding hoe dink hulle kan hulle deur die lewe gaan – natuurlik geen besef van wat dinge kos en dat werk skaars is selfs vir opgeleide mense. Baie dom.

Neptunus ·

Dis die gevolg van ons moderne samelewing waar die stert die hond swaai. Waar kinders met sielkunde en slim argumente in plaas van dissipline oortuig moet word van wat reg is. Jammer, maar sulke mense moet eerder reggemaak word voordat hulle verder aanwas.

SNEL ·

Nog nooit het ek gelees of gehoor dat kinders so baie wegloop as in die laaste jaar nie. Lyk my dit is n prestasie as jy dit kan doen. Soek hulle aandag of wil hulle voel hoe dit voel om op jou eie te wees, sonder reëls? Tieners is nie “jokes” nie, hulle sit 40 jaar by jou ouderdom. As jy n tiener oorleef sal jy enige iets lyk my oorleef. Dis hoog tyd dat die rottang in skole en huise weer bietjie gesig wys lyk dit vir my, hierdie mondelikse oorreding het absoluut geen inpak op n tiener se besluite nie. Sterkte aan die ouers!!!

Anel Viljoen ·

Ek stem saam! Foeter hulle – ons het almal piek fyn uitgedraai en sulke nonsens gewaag nie

anon ·

ek as ouer het n rebel van n meisikind op di ouderdom en n klein seuntji hul my als kani glo hul maak hul ouers so seer ni ek streng groot geword my laste pakslae was op 17 deur my oorlede oupa hkm want ek mos slim prt trug met my ouers toe ek my weer kry toe voeter oupa my met di sambok vdag ek 32 dink bja aan di dae wat ek vieslik was met my ouers ek bly in n ander dorp mis my ouers so bja elk dag maar ons kontak mekaar gereeld so tieners as jul hier lees dink 2 keer voor jul weg loop of trug prt di lewe so kort toon respek vir jul ouers

Jeanetta Taljaard ·

Moet nooit tieners verbied om mekaar te sien nie. Laat sy eerder die knaap huistoe bring, waar daar ‘n oog gehou kan word. Maak een helse ophef van hom, as jy nie van hom hou nie, en die liefde verdwyn soos mis voor die son. Hulle wil nie iemand hê waarvan die ouers hou, op daardie ouderdom nie. Glo my, dit werk. Het self drie dogters grootgemaak, slae het nie gehelp nie, maar bogenoemde het soos ‘n bom gewerk. Hoop die kinders word gou en veilig gevind.

Eliza-beth ·

Haha Jeanetta – omgekeerde sielkunde. Ek onthou GOED dat dit so gewerk het met my – die oomblik wat my ouers van ‘n ou hou dan vind ek fout met hom en los hom soos ‘n warm patat. Naderhand as mens grootmens word en meer volwasse uitkyk op die lewe het, is mens tog bly jy het wel al die vriende gehad – dit help mensekennis opbou sodat jy uiteindelik die regte lewensmaat kies. Jongmense is gans te vroeg TE ernstig. Wat vandag mooi, lekker en koel is is nie noodwendig more so nie! So bly maar tuis waar jy verniet eet en warm slaap en los die simpel weglopery – dis iets wat opgevoede mense nie eens aan dink om te doen nie. Terloops, op 16 gaan mens nog nie uit nie, nog minder VAS vaderland tog, jy kry vriende oor vir ‘n koffie en luister musiek en gesels oor alles en nog wat! Mens is net eenmaal jonk en sorgeloos en sonder bekommernisse oor inkomstebelasting, hoe om jou salaris te rek ens – so geniet dit tuis, maak nie saak hoe “verkeerd” jou ouers in jou oë is nie!

mara ·

Vandag se kinders is anders as in die 80 ek dink dis moeiliker En ek stem saam ouers moet laat weet hul moet die kind opHemel hul sal self dit laat eindig as jy as ouer in opstand kom dan kom die kinders in opstand volg hul eie kop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.