‘Vrystaat-verkragter’ drink gif

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Taxibestuurder het glo ʼn vrou in sy minibus verkrag en toe gif gedrink toe hy gehoor het die polisie is op soek na hom, het die polisie in die Vrystaat Donderdag gesê.

“Die man (39) het die 45-jarige vrou Woensdag in sy taxi opgelaai toe sy op pad was werk toe in Qwaqwa,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het sy passasiers na ʼn tweede taxi oorgeplaas. Toe die vrou weier om ʼn tweede keer haar fooi te betaal, het hy gedreig om haar dood te maak voordat hy haar glo in die taxi verkrag het.”

Die taxibestuurder het die vrou glo R20 gegee en haar langs die pad gelos. Sy kon die nommerplaat neerskryf en het die saak by die polisie aangemeld.

“Toe die man hoor die polisie is op soek na hom, het hy ʼn giftige vloeistof ingeneem,” het Mophiring bygevoeg. Die man is Woensdag in hegtenis geneem en is onder polisiewaking in die hospitaal opgeneem. Hy sal in die Makwane-landdroshof verskyn sodra hy ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.