Vrystaat-vrou dood in haar huis gevind

Argieffoto: enca.com

Die bebloede liggaam van ʼn 74-jarige vrou is Saterdag in haar huis in Reitz in die Vrystaat aangetref.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê Marie Venter se kinders het Saterdag op haar bebloede liggaam afgekom. Mohobeleli wou nie oor die oorsaak van haar dood bespiegel nie en het gesê dit sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

“Niks is tot dusver as gesteel aangemeld nie. ʼn Saak van moord word ondersoek,” het hy gesê.

Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat, het aan Maroela Media gesê Venter se kinders het glo nog Vrydagaand met haar deur selfoonboodskappe gekommunikeer. “Die moord moes dus êrens tussen Vrydagaand en Saterdagmiddag plaasgevind het.”

Volgens die VF Plus se inligting is Venter “erg aangerand”. “Die aanval dien net weereens as ʼn bewys dat die regering faal om mense in landelike gemeenskappe en plattelandse dorpe se veiligheid te verseker,” het Van Niekerk gesê.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Mohobeleli het versoek dat mense met meer inligting Stop Misdaad by 0860 010 111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hannelue

Die moorde en aanvalle sal nie stop nie.Bring doodstraf terug en laat die gevoellose moordenaars ook gemartel word en dan die doodstraf kry

Afrikaanse Knaap

Ek is self moeg vir hierdie las wat moordenaars op ons belasting betalers sit, tesame met die feit dat hulle net weer uitkom na 15 jaar en nog moorde pleeg.
Ek hoop die grond kwessie kan nou afgehandel word dat ons op die nommer 1 prioriteit in die land kan fokus, en dit is misdaad.

Gemaskerde Sopbeen

Konstitusioneel kan die doodstraf nie terug gebring word nie, MAAR die konstitusionele “reg tot lewe” behoort gebalanseer te word met die “reg om NIE te lewe NIE”, onderhewig aan die volgende 4 handelinge: Sou jy verkies om 1. ‘n kind te verkrag, 2. dwelms te vervaardig en smokkel, 3. ‘n gewapende aksie te beplan en uit te voer, of 4. iemand se lewe te neem…..dan behoort jou aksies ‘n duidelike teken aan die konstitusionele hof te wees dat jy jou “reg om NIE verder te lewe NIE” wil uitoefen, en moet jy, in ware demokratiese bestel, van NOG VYF keuses… Lees meer »

thinus

Ja die doodstraf word te lig geskat en maklik veroordeel. Dit is net gedeeltelik straf, gedeeltelik afskrikmiddel, maar die grootste doel is om die oortreder permanent te verwyder uit samelewing. Dit word misgekyk en weggeredeneer.
Ek moet egter erken dat dit in huidige landsbestel nie regverdig of doeltreffend toegepas sou word nie.

White Rhino

Die regering is die probleem.Ramaposa se paddapot.