Vrystaat-vrou dood in haar huis gevind

Argieffoto: enca.com

Die bebloede liggaam van ʼn 74-jarige vrou is Saterdag in haar huis in Reitz in die Vrystaat aangetref.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê Marie Venter se kinders het Saterdag op haar bebloede liggaam afgekom. Mohobeleli wou nie oor die oorsaak van haar dood bespiegel nie en het gesê dit sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

“Niks is tot dusver as gesteel aangemeld nie. ʼn Saak van moord word ondersoek,” het hy gesê.

Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat, het aan Maroela Media gesê Venter se kinders het glo nog Vrydagaand met haar deur selfoonboodskappe gekommunikeer. “Die moord moes dus êrens tussen Vrydagaand en Saterdagmiddag plaasgevind het.”

Volgens die VF Plus se inligting is Venter “erg aangerand”. “Die aanval dien net weereens as ʼn bewys dat die regering faal om mense in landelike gemeenskappe en plattelandse dorpe se veiligheid te verseker,” het Van Niekerk gesê.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Mohobeleli het versoek dat mense met meer inligting Stop Misdaad by 0860 010 111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hannelue ·

Die moorde en aanvalle sal nie stop nie.Bring doodstraf terug en laat die gevoellose moordenaars ook gemartel word en dan die doodstraf kry

Wonder net ·

Doodstraf gaan niks verander nie buiten doodstraf toegedien deur mense. Doodstraf skrik geen adder af nie.

Ai ·

Die doodstraf terug bring?? Op wie dink julle gaan dit van toepassing wees in die nuwe SA?? Natuurlik net wittes! So hou op hoop vir doodstraf in die huidige SA.

Afrikaanse Knaap ·

Ek is self moeg vir hierdie las wat moordenaars op ons belasting betalers sit, tesame met die feit dat hulle net weer uitkom na 15 jaar en nog moorde pleeg.
Ek hoop die grond kwessie kan nou afgehandel word dat ons op die nommer 1 prioriteit in die land kan fokus, en dit is misdaad.

Gemaskerde Sopbeen ·

Konstitusioneel kan die doodstraf nie terug gebring word nie, MAAR die konstitusionele “reg tot lewe” behoort gebalanseer te word met die “reg om NIE te lewe NIE”, onderhewig aan die volgende 4 handelinge: Sou jy verkies om 1. ‘n kind te verkrag, 2. dwelms te vervaardig en smokkel, 3. ‘n gewapende aksie te beplan en uit te voer, of 4. iemand se lewe te neem…..dan behoort jou aksies ‘n duidelike teken aan die konstitusionele hof te wees dat jy jou “reg om NIE verder te lewe NIE” wil uitoefen, en moet jy, in ware demokratiese bestel, van NOG VYF keuses voorsien word, nl. galg, elektriese stoel, gaskamer, dodelike inspuiting of vuurpeleton. Niemand STRAF jou dan DOOD nie……..jy kies die uitkoms van jou lewe aan die hand van jou aksies teenoor jou medemens, en ons help jou om daardie keuses ‘n realiteit te maak. WAAR is ons konstitusionele experts??

thinus ·

Ja die doodstraf word te lig geskat en maklik veroordeel. Dit is net gedeeltelik straf, gedeeltelik afskrikmiddel, maar die grootste doel is om die oortreder permanent te verwyder uit samelewing. Dit word misgekyk en weggeredeneer.
Ek moet egter erken dat dit in huidige landsbestel nie regverdig of doeltreffend toegepas sou word nie.

Katerina ·

Ek was ook altyd ten gunste vd doodstraf maar vandat ek Maroela lees het ek verander van standpunt.Met HIERDIE regering,wie gaan die doodstraf kry? Die doodskis mense sal,Vicky Momberg sal..en die plaasmoordenaars sal 15 jaar tronkstraf kry. In n land met n agenda en n sataniese haat teen enige gegewe etnisiteit is die doodstraf TE gevaarlik om te he.

Robert ·

Katerina, daar is BAIE meer moordenaars as “doodskis mense” en Mombergse. Die paar bg’s sal dán tweekeer dink voor hulle iets doms aanvang. Doodstraf sal dan vir ‘n paar van ons en vir duisende ander as waarskuwing dien. Onthou, sedert de Klerk aan bewind gekom het, sterf daar jaarliks gemiddeld sowat 17 000 mense in Suid Afrika. (Ek weet party bronne sê 15 000 en ander 20 000 per jaar) Dus sál die doodstraf mense tweekeer laat dink voor hulle iemand se lewe sal neem.
Ek hou van hoe Gemaskerde Sopbeen dink

Gerhard ·

Daar is al klaar twee standaarde vir vervolging. Dit sal die selfde wees as die doodstraf terug gebring sou word. Dit is ook so dat daar eintlik geen debat is oor die terug bring van die doodstraf nie, dit sal nooit gebeur nie en mense mors hul tyd met sulke gesprekke.

Padda kwak ·

Paddas word stadig gekook,soos CR se. Stem saam jou White Rhino.

TLC ·

EK wil al skree as die mense sê BRING DIE DOODSTRAF TERUG nie in ons leeftyd nie skrik wakker!!!!!! Dit is die blanke wat 1st aan daai tou gaan hang Maar nou ja net sodat” jy” iets kan sê Sê dit maar oor en oor Jammer Tannie dat jy net nog n nr geword het met ons slap… regering RIV en sterkte vie familie

Tobie Klarens ·

Die mense wie ten gunste van die doodstraf is, moet mooi dink. Die doodstraf in die hande van n onbevoegde regime soos die anc, is soos n gelaaide masjiengeweer in die hande van n kleuter

Dis tyd ·

Ek dink rerig RERIG dis tyd dat boere van plase af weg kom. Is grond en goed werklik ‘n mens se lewe werd?

Gerhard ·

As ons net begin om ons eie mense aan te stel om die werk te doen eerder as om die goedkoopste arbeid onder enige klip uit te grawe, sal dit al klaar beter gaan. Ongelukkig leer mense net nie.

Bosveld ·

Jy kan NIE die doodstraf in die ANC se hande gee nie. Dit sal net in een rigting gebruik word.

Sê maar net ·

Verander asb die laaste paragraaf na die waarheid “niemand sal ivm die moord inhegtenis geneem word nie”

Joan ·

Ons is in elke geval tot die dood veroordeel teen die tempo waarmee ons uitgemoor word. Watse nonsens is die van die doodstraf doodstraf doodstraf in die verkeerde hande. Dalk sal dit genadiger wees as om so wreed vermoor te word.
Wonder wat hou die komende week vir ons in, wie gaan volgende wreed vermoor word.

PJC ·

Katerina jy is absoluut 100% reg. Ongelukkig sien ń baie groot deel van die blanke bevolking nog nie in watter katastrofiese gevolge dit vir hulle kan inhou nie. Hulle is te liberaal om te erken watter uitwerking transformasie reeds op die regsbank het ten spyte van die talle voorbeelde wat ons reeds daagliks sien.

Anner Anton ·

My innige meegevoel aan die tannie se familie. Laat ons uitvind wie die skuldiges is dan neem ons dit van daar..

Karen van Zyl ·

En dan “Anner Anton” wat gaan ons doen, terugsit en niksdoen soos gewoonlik, ons het duidelik nog nie van die ander nasies geleer nie.

Karen van Zyl ·

Ek huil as ek sulke stories lees, die arme tannie was 74. Nee man :(

Phillip ·

Word wakker mense kyk na die weermaglid wat die vrou geskiet het kom niks oor nie . Die weermag lid wat rasse gewld aan hits kom niks oor nie lees die nuus . Maar ons word gevonnes boetes word op gele kry die meeste jare in die tronk Hou maar die doodstraf liefs hier huit ons gaan die eerstes wees wat weer land se geskiedines maak wat veroordeel word . Mense wat vermoor word op hulle plaase moet op die helde akker in PTA begrawe word Hulle is ons helde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.