Vrystaat-vrou gevonnis vir kind (3) se gifdood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23-jarige vrou van die Vrystaat is tot tronkstraf gevonnis nadat sy haar susterskind met rotgif vergiftig het.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Vrystaatse departement van openbare vervolging, het Maandag gesê die vrou, Julia Mabine, is verhoor nadat sy haar suster se gesin in November 2015 in die Mphatlalatsane-needersetting in Phuthaditjhaba vergiftig het.

Volgens inligting wat aan die hof voorgelê is, het Mabine by haar suster, Aletta en dié se man, Lethola Moloi, se huis in die nedersetting ingetrek. Die egpaar het drie dogters wat onderskeidelik vier, drie en een jaar oud is. Sy het op die dag van die voorval, 15 November, tieners in die gemeenskap gevra waar sy rotgif kan koop. Die tieners het haar aangeraai om na die nywerheidsgebied te gaan.

Sy is na die nywerheidsgebied en het met haar terugkoms kos gemaak wat sy vir die drie kinders gegee het. Aletta en Lethola het ook later van dié kos geëet.

Die vierjarige kind het in die vroeë oggendure van 16 November ernstig siek geword. Sy het gebraak en erge maagkrampe en diarree gehad. Die ander twee kinders het ure later ook siek geword met dieselfde simptome. ʼn Ambulans is ontbied, maar met sy aankoms was die driejarige reeds dood. Die ander twee kinders is na ʼn hospitaal geneem. Aletta en Lethola het later ook siek geword en dieselfde simptome gehad.

Die driejarige se nadoodse ondersoek het aangedui sy is vergiftig. Tekens van dieselfde gif is by die egpaar en ander twee dogters gevind.

Die vrou het tydens gesprekke met die bure erken sy verantwoordelik is vir die vergiftiging van die gesin. Die bure het dit by die polisie aangemeld en sy is in hegtenis geneem.

Sy is Vrydag tydens ʼn sitting van die Vrystaatse hooggeregshof in Harrismith tot 10 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord. Sy is ook skuldig bevind aan vier aanklagte van poging tot moord, waarvoor sy ʼn bykomende drie jaar tronkstraf op elke aanklag opgelê is.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die NPA het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Xa ·

Vergiftig paar onskuldige kinders en sy kry so kort tyd. Die man wat hani laat val het sit al vir meer as 20 jaar en dit vir n polities gemotifeerde moord. Die regstelsel moet bietjie leer van kallibrasie en maatinstrumente.

SNEL ·

Goeiste, dis darem maar wreed, en sy was seker in die huis toe die ou kleintjies so siek geword het en sy sê of doen ook niks. In die eerste plek, hoe kry sy dit oor haar hart om dit aan iemand te doen en dit dan nog familie. Tien jaar is niks vir so ongevoelige daad nie.

SNEL ·

Ja, 10 jaar vir die moord en 4×3 vir poging tot moord, waarvan sy seker nie eers 10 jaar gaan sit nie en so persoon se kop raas, sy sal dit heel moontlik weer doen met iemand anders as sy uitkom.

Belaglik ·

Die NPA verwelkom dit, belaglik, sy het byna 4 mense vermoor en ‘n onskuldige kind die reg van lewe ontneem, nee regtig, groot fout met die stelsel. Hoe kan jy beplan en moeite doen, ja gaan gif soek, kos kook en hul dit voer. Daar is ‘n helse skroef by haar los so ook die regter en die NPA, waar is die ANC liga vir die kind, Pa, Ma en 2 dogterjies, ja ANC liga daar is 3 vroue betrokke. Weet jy hoe gevaarlik is die vrou, as iemand jou aanval, kan jy nog probeer jouself red, maar om gif in kos te gooi is absoluut gevaarlik! Gaan dink maar eers weer mooi, julle het geen idee wat hier gebeur het nie. Verder hierdie gelyklopende strawwe beteken boggorol, elke straf moet op sy eie anders sit en mors jy net jou asem, regtig wat se straf kan gelyklopend en effektief wees, ag nee man, geen regte vir daai klein seuntjie dink aan die hel waarin hy dood is en die res van die gesin, daar sal ook nog senuwee skade wees, gif maak senuwee skade, gaan lees tog en dink!

Xa ·

Presies, dit val reg in die mandaad van die vroueliga! Maar waarom gee hulle niks om nie? Want dit is n arm familie, en hulle kan nie enige vet poste, luukse karre of huispaaiemente betaal nie so hulle lewens is waardeloos vir die vroueliga.

Hannie ·

Wens ek was in die possisie om hierdie ‘bloody’ land te verlaat, was dit nie vir my familie was ek al weg!

Santie ·

Hoe op aarde kon sy so lig daarvan afgekom het? ‘n Kind is dood, vier ander amper dood. Dit is wreed en sy sal dit dalk weer doen. Selfs al het ‘n stekie geval (in haar kop) – en sy daarom versagting gekry het, was sy heel OK toe sy haar plan beraam en uitgevoer het. Moord met voorbedagte rade dus! En dit op haar eie familielede……… Nee ek verstaan nie hoe daardie vonnis uitgewerk is nie.

Ben Jacobs ·

Die simptome is van 2 step. Dis nie rotgif soos die berig beweer nie. Dit word egter deur sekere mense as ‘n algemene gif gebruik vir alles waarvoor dit nie bedoel is nie. Die produk is eintlik bedoel om in landerye te gebruik waar aartappels geplant word. Regte produkte wat as “rodenticide” geregistreer is, werk heeltemal anders en die mense sou vir paar dae inwendig bloei.

broos ·

hoekom? wat kon ‘n man en vrou (jou suster!) en hulle 3 kinders aan jou doen wat so verskriklik erg was dat jy hulle wou vermoor?

Olga van Wyk ·

TIEN JAAR? – Waarvan sy net ‘n derde hoef uit te dien voordat sy in aanmerking kom vir parool! Dus kan sy effektief 3 jaar en vier maande sit en daarna vry wees en dit na ‘n koelbloedige, voorbedagte moord op ‘n onskuldige en weerlose kind plus poging tot moord op die ander twee. Daar is geen konsekwensie in ons regstelsel nie. Ek het geen vertrouie in ons land se regstelsel meer nie. Dis ‘n skreiende skande!

Rapes ·

Die regstel is pateties. Dit is beplande moord plus vier pogings tot moord en kry net tien jaar.

Griki ·

Geregtigheid teenoor die oorlede kindjie van drie jaar oud en sy gesin het nié geskied nie. Moordenares 1 – Geregtigheid 0. Die regter en die regstelsel het die slagoffers van ‘n verskriklike tragedie jammerlik gefaal.

Willie ·

Baie ligte staf vir iets so wreed teen weerlose kinders! Die regstelsel en die NPA is baie siek in die landjie van ons…

Amanda Van Vuuren ·

17 Mei

Hene so’n ligte straf vir die wrede manier waarop die stuk drek die kind vergiftig het!! Nie lank nie dan is dy uit op parool en gaan dalk terug om haar ‘werk’ klaar te maak??? Ek lees v geen rede vir die onnodige dood vd kleintjie nie ook nie vd andere wat darem gesond gekom het nie??
Nee wat hier het ons regstelsel weer gruwelik gefaal!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.