ʼn 30-jarige vrou is Sondag in die vroeë oggendure in Ladybrand in die Vrystaat doodgeskiet deur twee mans wat glo met ʼn vuurwapen gespeel het.
Volgens kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 01:30 by die munisipale woonstelle in Kerkstraat plaasgevind.
“Die oorledene, Matshidiso Jeanette Lisenyane, was voor die voorval by die huis saam met haar kêrel, toe een van hul vriende kom kuier het,” het Dhlamini gesê. “Die twee mans het na bewering met ʼn vuurwapen gespeel en ʼn skoot is in die proses afgevuur. Die koeël het die vrou by haar regteroor getref en sy is op die toneel dood.”
Die mans, onderskeidelik 35 en 47 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn op aanklag van moord en die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Speel met die vuurwapen?
Tlk!
Baie duur speletjie gewees.
Sondag middag……..
Hulle was sekerlik onder die invloed van iets!
Vuurwapens hoort dood eenvoudig nie in die hands van dwase nie!
n Vuurwapen is nie n speelding nie, die eienaar/lisensiehouer/bevoegde persoon moet verantwoordelikheid aanvaar,
Dit is sommer net hartseer vir die vrou en familie. Dit wys maar net vuurwapens is nie speelgoed nie.