ʼn 30-jarige vrou is Sondag in die vroeë oggendure in Ladybrand in die Vrystaat doodgeskiet deur twee mans wat glo met ʼn vuurwapen gespeel het.
Volgens kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 01:30 by die munisipale woonstelle in Kerkstraat plaasgevind.
“Die oorledene, Matshidiso Jeanette Lisenyane, was voor die voorval by die huis saam met haar kêrel, toe een van hul vriende kom kuier het,” het Dhlamini gesê. “Die twee mans het na bewering met ʼn vuurwapen gespeel en ʼn skoot is in die proses afgevuur. Die koeël het die vrou by haar regteroor getref en sy is op die toneel dood.”
Die mans, onderskeidelik 35 en 47 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn op aanklag van moord en die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen.
Speel met die vuurwapen?
Tlk!
Baie duur speletjie gewees.
Sondag middag……..
Hulle was sekerlik onder die invloed van iets!
Vuurwapens hoort dood eenvoudig nie in die hands van dwase nie!
Marianne,
Sondag in die vroee oggend ure…..01:30
n Vuurwapen is nie n speelding nie, die eienaar/lisensiehouer/bevoegde persoon moet verantwoordelikheid aanvaar,
Dit is sommer net hartseer vir die vrou en familie. Dit wys maar net vuurwapens is nie speelgoed nie.
Mense leer nie.Hoekom met n vuurwapen speel?Daar is mos baie ander speelgoed?Die meeste van die tipe gevalle sal outomaties die vraag laat ontstaan van die graad van “Soberheid” ten tyde van die geval!
SPEEL ? in die vroee oggend ure …ASB !
Speel? Geen wonder die vuurwapenlisensies word al hoe moeiliker om te bekom nie, dis omdat mense SPEEL met vuurwapens. Die gewone wetsgehoorsame burgers wie se vuurwapens in kluise toegesluit word, kry al hoe moeiliker hulle lisensies terwyl mense wat met een SPEEL een besit het? Wonder of dit gelisensieerd was?
Nou wonder ons nog hoekom wets gehoorsame burgers nog steeds so sukkel om lisensies te bekom. Ek hoop die twee belhamels word swaar gestraf.
Tien teen een was hulle seker lekker dik gesuip/rook! ?
Het iemand die ANC Vroueliga laat weet om in hulle massas op te ruk na die hof omdat hierdie weer geweld teen vrouens is?