Vrystaat-vrou moor glo man oor egbreuk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 31-jarige vrou van Trompsburg in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy glo haar man met ʼn mes vermoor het.

“Die vrou was Sondag op pad na hul huis in Mandela Square toe ʼn onbekende vrou by haar erf uitgestap gekom het,” het konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, in ‘n verklaring gesê. “Die vrou het na haar huis toe gehaas en met haar 34-jarige man begin baklei.”

Die vrou het glo tydens die woordewisseling ʼn mes gegryp en haar man een keer in sy bors gesteek. “Die polisie is ontbied, maar die man was reeds dood toe hulle by die toneel opgedaag het,” het Kareli bygevoeg.

Die vrou sal na verwagting Woensdag in die Trompsburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Moord word beplan. En ai tog, hoeveel van ons wou al in so situasie iemand doodmaak.

Drieks ·

Ek kan net dink hoe moet dit voel as jou maat dalk ontrou is. As sy liewer eers omgedraai het en af gekoel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.