Vrystaatpolisie op soek na dié drie mans

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulle by te staan om drie gewapende rowers wat Sondag by ʼn sakeroof betrokke was, vas te trek.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie het ’n rooftog by ʼn vulstasie in Heidedal, Bloemfontein, uitgevoer. “Die gewapende verdagtes het omstreeks 22:15 die aand die drie petroljoggies wat aan diens was by die vulstasie oorval en in die ruskamertjie ingedruk,” het Kareli gesê.

“Hulle het geëis om die kluis te sien wat hulle op ʼn manier oopgekry het. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant in ʼn wit Toyota Corolla gevlug wat aan een van die petroljoggies behoort het. Die motor is later verlate naby ʼn brug in Heidedal gevind.”

Kareli het gesê ondanks die polisie se beste pogings kon hulle nog nie daarin slaag om die verdagtes in hegtenis te neem nie. “Ons pleit by enigiemand wat die gesigte van die verdagtes kan eien om ao. Michael Boukes van die Valke by 079 893 9504 of 051 407 3600 te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

Ja. Moet petroljoggies nou ook bewapen word of moet gewapende wagte aangestel word om hulle self en werkgewers se belange te beskerm? Dit alles omdat misdaad in die land n leefwyse geword het. Dit is die regering se skuld.

Gertjie ·

Winston, dit is nie die regering se skuld nie. Dis die ANC se skuld. Sê maar net.

Wonder net ·

Hoekom word die staat nie hof toe gesleep oor al hierdie dinge nie. Is daar geen regspan in SA wat die mense in SA wil verteenwoordig en die staat bietjie aanvat nie? Ons almal weet die regstelsel in SA is oorlaai, maar iewers moet iets gedoen word sodat ons wondelike ANC regering kan besef hulle moet iets doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.