Vrystaatse boer sterf in heli-ongeluk

Jurie Wessels is dood nadat sy helikopter op ’n plaas buite Parys neergestort het. (Foto: Verskaf)

’n Vrystaatse boer is Maandagoggend dood nadat sy helikopter op ’n plaas buite Parys neergestort het.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê dat Jurie Wessels (71) op die plaas Rockridge wou land toe die ongeluk gebeur het. Volgens Khosana het Wessels se Hughes 268C-helikopter kragdrade op dié plaas getref voordat dit geval het.

“Hy was alleen in die helikopter en is op die toneel dood verklaar.

“Die oorledene is na die Sasolburg-staatslykshuis geneem waar ’n nadoodse ondersoek gedoen sal word.”

Die polisie in Parys is ook met ’n geregtelike doodsondersoek besig.

Maroela Media het ’n navraag aan die Burgelike Lugvaartowerheid (BLO) gestuur en wag tans op terugvoer. Familielede kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Jurie Wessels is dood nadat sy helikopter op ’n plaas buite Parys neergestort het. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.