Vrystaatse boer sterk aan ná plaasaanval

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 45-jarige boer van die Ladybrand-omgewing in die Vrystaat is in die hospitaal opgeneem nadat hy Saterdag op sy plaas, Zuurbult, oorval en met ʼn mes gesteek is.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 14:45 gebeur. Bill Clark was alleen in sy huis op die plaas toe hy deur drie verdagtes oorval is en met ʼn mes in die nek gesteek is. Die verdagtes het R50, ʼn skootrekenaar en ʼn horlosie gesteel en op die vlug geslaan.

“Die polisie ondersoek ʼn aanklag van huisbraak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Xuma gesê. Hy kon nie bevestig in watter hospitaal Clark behandel word nie.

“Ons doen ʼn beroep op die boeregemeenskap om te alle tye paraat te wees en hul eiendom te beveilig. Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om die Ladybrand-polisiestasie te kontak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lappop ·

En nou moet die boere die polisie se werk vir hulle doen. En sou ‘n boer, eintlik enige een van ons ,’n oortreder skiet, voordat jou keel halfpad afgesny is, word jy aangekla van moord.

CK ·

Aanklag van huisbraak,wat van die mes gestekery.Dis mos poging tot moord of hoe ?

Amanda De Souza Dias ·

Mes gestekery is aan my kant defnitief ‘n poging tot moord saak veral dat die boer in die nek met ‘n mes gesteek was

Pietertjie ·

Ek wil weer ‘n beroep op die polisie doen om meer paraat te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.