Vrystaatse boere haal self miljoene uit vir padonderhoud

Slaggate in teerpaaie (Foto: Vrystaat Landbou)

Boere in die Vrystaat het die afgelope jaar volgens ʼn opname van Vrystaat Landbou (VL) reeds meer as R6 miljoen bestee om herstelwerk aan provinsiale en munisipale paaie te doen.

Francois Wilken, president van VL, sê algemene agteruitgang van die provinsie se padinfrastruktuur belemmer nie net die toeganklikheid na arbeid en die lewering van produkte nie. Weens die talle ongelukke op Vrystaatse paaie het dit ook lewensgevaarlik geword.

“Vanweë die gebrekkige regeringsvermoë en traagheid om paaie te herstel word boere toenemend gedwing om dit self te doen,” sê Wilken.

“Die R6 miljoen-syfer is die werklike koste is wat aangegaan is. Daar is baie werk aan paaie deur boere gedoen wat waarskynlik nie eens gerapporteer is nie.”

Hy sê as geleentheidskoste, produksietydsverliese, slytasie op toerusting en voertuigherstelwerk bygereken word, sou die bedrag veel hoër gewees het.

VL meen die situasie is die ergste in die Noordoos-Vrystaat, waar daar in die Thabo Mofutsanyana-distrik ʼn groep van vyf boere is wat jaarliks saam meer as R1 miljoen moet bestee net om paaie gangbaar te hou.

Wilken sê as hulle dit nie doen nie, is dit haas onmoontlik om hul graan, tuinbou- en veeprodukte aan die mark te lewer.

Volgens VL is briewe al herhaaldelik – en onsuksesvol – aan LUR’e en ministers geskryf om die probleme te pak.

Die organisasie win nou regsadvies in om ʼn oplossing te probeer vind.

“Vrystaat Landbou se regspan ondersoek tans moontlike regsroetes ten einde die landbougemeenskap se regte te beskerm en dienslewering te verseker. VL is vasbeslote om die saak ten volle te dryf,” sê Wilken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Willem ·

Die verval het al met ace begin en nou gaan dit net erger!!!!!

Cecilia ·

Trek dit v SARS af as n uitgawe. Dan sal j sien hoe spring d ANC rond

OW ·

Die vraag is of hierdie uitgawes wel van SARS afgetrek kan word?Selfbestuur is ons voorland,maar hoe gaan daar van die belastingstelsel onafhanklikheid verkry word?

Stofdonkie ·

Hulle sal wel die kostes as uitgawes eis op hulle boerderye. Definisie vir aftrekbare uitgawe is dat dit aangegaan mos word ter voortbrenging van inkomste wat hulle hier maklik kan argumenteer wel die geval is omdat hulle nie hulle produkte kan by die plaas hek uitkry as daar nie paaie is nie.

Miskruier ·

Die boere kan maar tolhekke opsit, ek sal betaal as ek hul paaie mag gebruik.

Andries ·

Maak die pad reg en eis private tolgeld vir instandhouding. Die boere sal dit met ‘n gelag betaal want produksie sal verbeter.

Anel ·

Skraap die paaie en verander dit weer in grondpaaie. Aangesien alles agteruit gaan. Teer en gruis ensand en alles wat daarmee saam gaan is duur. So verander maar weer terg na grondpaaie. Wonder net word wst van al die geld wat ons betaal vir die instandhouding van ons paaie?

piper ·

wel in goeie jare wanneer hulle n wins maak is die uitgawes aftrekbaar van belasting. so minder geld aan die regering. maar in n swaar jaar skep dit probleme.

agnes ·

Vanaf 1994 het ons mooie land verander na n vuil land waar geen onderhoud en ordentlike bestuur meer aanwesig is. ONS betaal die belasting maar waar gaan die geld heen? Armoede seevier,die hogere gesig leef lekker en mors. Dis Baie erg!

Pietertjie ·

En al drie vlakke van regering voel ‘n veer. En hulle stem-vee maak blykbaar nie die konneksie nie, want hulle hou aan om vir die agteruitgang te stem.

Toy ·

Kry die regering nie skaam nie, dat hulle die paaie wat ook ‘n noodsaaklikheid is en ook self gebruik so laat vergaan, Dit is soos moord om sulke paaie te gebruik.

gpsa ·

Sluit aan by die tax union of south Africa. Sover ek weet werk hulle met die sake sodat mens die kostes kan verhaal.

Tino ·

Maar dis mos belasting aftrekbaar…? Dalk ‘n premie op sit vir hul tyd

Adam Adriaan ·

As ‘n mens die strategie van die NWO drywers{Nuwe Wêreld Orde drywers} ken en verstaan dan sal jy sien dat dit een van die metodes is om die platteland te ontvolk. Kyk na die situasie by al die plattelandse munisipaliteite[totale verval} Hulle wil alle mense na die stede dryf om totale beheer oor hulle te verkry. Almal word in mandelikes toelae betaal. Hierdie is maar die begin van die groot verdrukking waarvan die Woord praat en ons waarsku. Time spendon reconnaicense is never waisted. Doen u self die guns en begin wyer lees. Alles waarmee hulle besig is is beskikbaar op internet. U sal u hande saamslaan. Wees verseker alles wat in die Woord staan en voorspel word is die waarheid!

Mundus ·

Sover ek weet was daar reeds twee hofuitsprake waar munisipaliteite beveel was om ‘selfdoeners’ te vergoed vir ingrypings. Verskeie belanghebbendes reken dit is die roete om te volg om te verseker dat die owerhede hulle werk doen.

Dries ·

Daar word dan grondbelasting op boere gehef. Is dit dan nie om paaie in stand te hou nie?

SjN ·

Trek dit af van hul vragmotors en sleepwaens se jaarlikse lisensie gelde.

Stofdonkie ·

Privaat mense mag eintlik gladnie aan openbare paaie werk nie. Wonder of dit so slm is om te sê wie die pad reggemaak het, want dit kan lei daartoe dat hierdie weldoeners in die sop kan beland.

Madeleine ·

Ja maar ek Dink waar dit lewensgevaarlik raak en diens ontbreek Sal mense moelik vervolg Kan word.

popsa ·

Twee uiters ernstige motorongelukke het reeds in hierdie jaar buite Edenville op die Heilbron-pad gebeur. Beide ongelukke was direk slaggat-verwant, aangesien motoriste moes uitswaai vir slaggate en sodoende met aankomende verkeer gebots het. In een hartseer geval is ‘n leierboer van die omgewing vroeër vanjaar ernstig beseer en later in die hospitaal oorlede. In die ander geval het die pa van ‘n dogtertjie, wat ook in die ongeluk betrokke was, verlede Sondagaand veelvuldige beserings opgedoen. Sy huidige toestand is onbekend. Besorgde inwoners van Edenville het reeds keer op keer die onbegaanbare toestand van die betrokke pad gerapporteer, maar sonder enige positiewe reaksie. En dan gebeur daar nóg ‘n ongeluk, nie ver waar van die vorige een plaasgevind het nie… Wie is die verantwoordelike persoon in hierdie saak?

Madeleine ·

Goeie werk!!
In sulke gevalle ondersteun ek ontduiking van belasting

annie ·

… en so word ons die slawe. Miskien kan die boere ander tipes ‘teer’ uitdink… van rommel/plastiek en dit patenteer. Jammer, ‘n slegte idee. Netnou moet julle die resep plegde…

Cecilia ·

Annie wat van ons smelt die nuwe karre wat hulle met daai geld koop en gebruik dit as die nuwe teer vir SA se paaie wat almal in so toestand is??????

Belinda ·

die boere kry geen beskerming van die government maar tog sal hul nogsteeds uit die goedheid van hul harte iets doen wat die staat veronderstel is om te doen. Baie dankie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.