Vrystaatse broers sterf saam in ongeluk

Stephan en HC de Bruyn. (Foto: Facebook)

Die gemeenskap van Hoopstad in die Vrystaat is in rou gedompel ná die dood van twee broers in ʼn motorongeluk Maandagoggend.

Die bakkie waarin HC de Bruyn (21) en sy broer Stephan (23) gery het, het gister kort ná 05:00 op die pad tussen Bultfontein en Hertzogville omgeslaan, het kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, gesê.

HC en Stephan is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood. Volgens Thakeng was die jong mans se pa ook op die ongelukstoneel.

Die mans se ouers boer in die omgewing. Die broers is oudleerlinge van Grey College in Bloemfontein.

“Ons harte is stukkend en ons medelye gaan uit na die familie en vriende van HC (2016 matriek) en Stephan de Bruyn (2014 matriek).

“Mag hul ouers en almal vertroosting ontvang in hierdie hartseertyd. Baie sterkte,” het die skool op sy Facebook-blad geskryf.

Verskeie ander boodskappe van medelye is ook op sosiale media geplaas.

“Jy en HC was so mooi voorbeeld van broers wat opreg lief was vir mekaar! Ons het julle verskriklik lief en jul sal voortleef in ons harte.

“Dankie vir al die mooi memories waarmee jul ons agterlaat. Ons mis jul al klaar so verskriklik,” het Rachell Wolfaardt, ʼn vriendin, op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

toy ·

Ek kry ‘n pyn in my binneste van hartseer vir die ouers. Ai dit is verskriklik hartseer, mag die Here vertroosting gee in hierdie hartseer tyd.

Sieg ·

Ons innige meegevoel vir die familie, mag God julle harte weer heel maak. Sterkte.

Ma ·

Ek het 1 van my seuns verloor in ‘n motor ongeluk 7 jaar gelede. Dink hulle sou my saam met my kinders begrawe het as ek sy boetie ook moes verloor. Baie sterkte aan die ouers.

Elize ·

Baie sterkte aan die ouers. Dit is n groot hartseer om 1 kind te verloor wat nog te se van 2. Mag Jesus julle styf vas hou en jul vertroos in hierdie moeilik tyd. Ons bid vir julle.

Dis Sam ·

#Ma … Ai, ‘n drukkie vir jou moederhart.

Innige meegevoel en simpatie aan die twee jongmanne se geliefdes.

honourable member ·

Sterkte aan die familie. Dis baie tragies wat gebeur het en ons verstaan nie altyd die doel van al hierdie hartseer nie.

Al ·

Sterkte aan die gesin in hierdie donker tyd.
My innige simpatie.

Liza ·

My innige meegevoel, my hart gaan uit na die familie en ouers, dink aan julle.

Krummel ·

Liewe vanderland, mens wil eintlik ineenkrimp. Dit is net mense (ons mense) wat doodgaan. Wat gaan van ons oorbly? As dit nie moord is nie, is dit ongelukke.

Rika ·

So verskriklik hartseer my gebede gaan uit na julle. Mag die Vader vertroosting bring in hierdie hartseer tyd.

Anoniem ·

Liewe hemel… om TWEE pragtige jong seuns op een slag te verloor.. Ek kan my net nie indink watter foltering die familie moet deurmaak nie… Mag die Here jul versterk, is my bede.

madels ·

Ja, dit is absoluut verskriklik! O mag die Here hierdie ma en pa en familie styf vashou. Hoe ongelooflik verskriklik om twee kinders te verloor…. net verskriklik verskriklik!

Anel ·

Mag God hierdie familie vertroos in die vreeslike hartseer tyd. Sterkte

Bianca ·

Julle my hart pyn! 2 kinders op een slag my mamma hart is so seer vir julle. Mag Pappa Jesus julle styf vashou in hierdie tyd

Lizzy ·

Baie sterkte aan die ouers. My neef se 2 seuns is ‘n paar jaar terug ook saam in ‘n motorongeluk oorlede, hulle was oppad Bloemfontein toe waar hulle studeer het. Ons gebede is met die familie.

Steph ·

Bid en vra dat ons Hemelse Vader jul styf sal vashou en vertroosting sal bring, so bitter jammer oor julle 2 seuns, my haryt gaan uit na julle! Baie sterkte en innige meegevoel.

Steph ·

Bid en vra dat ons Hemelse Vader jul styf sal vashou en vertroosting sal bring, so bitter jammer oor julle 2 seuns, my hart gaan uit na julle! Baie sterkte en innige meegevoel.

Sarie ·

Geen woorde, hoe goed bedoel, kan hierdie familie se smart verlig. Ek ken self die pyn. Kom ons almal dra hierdie famile op in ons gebede, vir altyd..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.