Vrystaatse egpaar in hof oor wapen en ammunisie

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

ʼn Egpaar van die Vrystaat het Dinsdag in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en omkopery.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê Teboho Lushaba (32), ʼn burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Matjhabeng-munisipaliteit (Welkom), en sy vrou Nonhle Lushaba (34), staan tereg op twee aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, twee aanklagte van die besit van ammunisie en omkopery.

Die egpaar is vrygelaat op borgtog van R5 000 en sal op 3 Junie 2020 weer in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is op 23 April in hegtenis geneem toe ʼn ondersoek beamptes gelei het na ʼn huis in 2010 Village in Thabong, waar die egpaar aangetref is. Tydens die soektog het die polisiebeamptes op ʼn haelgeweer, ʼn 9 mm-pistool en patrone afgekom. Nog ammunisie is in een van die motors gevind.

Terwyl beamptes buite die huis besig was, het die man twee polisielede genader en ʼn plastieksak met ʼn R10 000 kontant aan hulle oorhandig. Hy het glo versoek dat hulle die saak moet uitgooi, omdat hy nie kan bekostig om sy pos as LUR in die munisipaliteit te verloor nie.

Die beamptes het die omkoopgeld geweier en ʼn aanklag van omkopery is by die aanklagte bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Trots op die geregsdienaars wat die versoeking weerstaan het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.