Vrystaatse egpaar op plaas oorval, aangerand

Argieffoto: Maroela Media

Die Vrystaatse polisie is op die spoor van drie verdagtes wat die afgelope naweek ’n egpaar in hul plaashuis op ’n plaas buite Petrusburg oorval en aangerand het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou het Saterdag omstreeks 07:00 ʼn deur na buite oopgesluit toe sy deur drie mans met klapmusse oorrompel is.

“Hulle het aangedring op kontant en die vrou eerste aangerand waarna hulle die man elders in die huis gaan soek het,” vertel Kareli.

Die man is aangerand waarna die verdagtes daarin kon slaag om die sleutel tot ʼn kluis in die hande te kry. Hulle het ʼn .22-geweer en ammunisie uit die kluis gesteel waarna hulle ook met ʼn klein bedrag kontant op die vlug geslaan het.

Volgens Kareli het die man kopbeserings in die voorval opgedoen en is later na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas vir mediese behandeling. Die vrou is op die toneel behandel waarna sy saam met haar man hospitaal toe is om hom by te staan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Wessel ·

Huisroofsaak
Wat van betreding aanranding met die doel om ernstig te beseer poging tot moord roof diefstal MAAR HUISROOF SINNELOOS

Ronel ·

My tannie was ‘n paar jaar gelede ook ‘n slagoffer van so plaasaanval. Die hofsaak en ondersoeke het langer geduur as wat die aanvallers gesit het. Hulle is ook net aangekla van huisroof. Maak nie saak of my tannie amper doodgemaak is en ernstig aangerand was nie. Nee NET huisroof. Die sg oortreders was al uit die tronk uit, toe sukkel my tannie nog met angaanvalle en depressie agv die aanval. Sy het ongelukkig ‘n rukkie terug die stryd verloor teen die depressie en haar eie lewe geneem.

Kokkie ·

Ek stem 100% saam. Dit moet mos nou klink asof dit nie so erg was nie…….sommer so in die ver by gaan ietsie gevat.

Anoniem ·

Ek dank net die Goeie Vader dat hulle met hul lewens daarvan af gekom het. Dit kon tragies geëindig het.

So dankbaar saam met hulle.

MlM ·

Is dit nie n plaasaanval nie??? Dit is hoe ons dit hier ervaar.

Elvira ·

Daar sal nooit ooit weer rus en vrede en n gevoel van veiligheid in hierdie land wees nie.

Jj ·

Ons sal wees! maar net as ons as volk ons eie veiligheid verseker en terug baklei

ne ·

Huisroof? Is die SAP aan die slaap? Of het hulle kaders opdrag gegee om net “huisroof” op die aanklag te sit. Wat van PLAAS AANVAL en poging tot moord aanranding met die doel om ernstig te beseer. Afriforum julle sal moet help asseblief. Alles word mooi toegesmeer.

piet piet ·

Hulle klassifiseer dit as huisroof om die statistieke te kook sodat die oningeligtes nie weet wat die totale plaasaanvalle is nie ,dit is mos wat Ramaposa gesê het op nasionale televisie.

marous ·

Hierdie mense moet so hard geslaan word dat die hele wereld sidder . Klaar .

Stelling ·

Niks word manipuleer deur die SAPD nie. Die kriminele klag is HUISROOF. Die aanranding word as verswarende omstandighede gebruik afhangend van die graad daarvan. Die polisie kan nie hul eie klagtes maak nie, dis die werk van die wetgewer (legislator). Jy kry nie n klag plaasaanval nie. Dit kan slegs onder geografiese ligging val.

kolla ·

Wat mense nie verstaan nie, is dat roof ‘n baie ernstige misdaad is waarvoor jy in die verlede gehang kon word (‘n halsmisdaad). Wat roof van gewone diefstal onderskei, is dat daar ‘n geweldselement betrokke moet wees.

Klaralĺl ·

Dit is duidelik dat daar gepoog word om mense deur vrees van plase af te verdryf.

Bossie ·

My simpatie aan hierdie boer en sy vrou wat ook nou statistiek geraak het van die hoeveelste rasgedrewe aanvalle/moorde. Ek is so jammer vir julle. Ek dank God dat jul die aanval oorleef het en sterkte vorentoe. Almal is bewus daarvan dat roof nie die hoofrede is nie. ‘n Ras is besig om gemartel en uitgemoor te word. Ek het eens gesê ek sal die laaste persoon wees om my land te verlaat en ek sal veg tot die dood. Nou wonder ek net vir wat sal ek veg tot die dood? Alles is tot in die grond in regeer. Ons het alles gegee en opgeoffer. Moet ons ons laaste kragte saamsnoer en baklei tot die bitter einde net sodat ons mense daarna weer ons gatte moet af werk vir die volgende 400 jaar om ‘n paar miljoen aan die lewe te hou sodat hulle nog miljoene kan voortbring? Nee wat, dit is beter dat ons maar ons lappe bymekaar skraap en vir ‘n klompie jare elders gewaardeer word vir wie ons is. In daardie tydperk sal hul mekaar uitwis en dan eers kom ons terug en bou weer ‘n mooi land. Hulle sal ons smeek om terug te kom want hongersnood sal intree en dit sal baie ellende voor hul deur gooi. Daarna sal die natuur praat… Ek moet herbesin waarheen ek oppad is. Die spul verdien nie ‘n bietjie van my energie nie. Waarheen? Ek weet nie. God sal my lei in hierdie besluit…

Erick ·

Jy praat die waarheid. My hart is een met jou op dié skrywe.

Gaitsigubib ·

Moet net nie protes aanteken teen die aanvalle en golfies veroorsaak nie, anders is dit mos ons eie skuld as ons uitgemoor word. As mens hande gevou sit dan sal alles vanself beter word, of hoe my liberale vriende? Bietjie voete was en so 1000 maal verskoning vra in die NG kerk dan is ons sterk op dreef na ‘n beter SA.

Helga ·

As die mede burgers tog net kon besef hoe waardevol boere in ons land is, as hulle net n uitstappie Zimbabwe toe kon Om te sien wat Vir hulle voorle. Die plaaslike bevolking in Zim besef nou wat hulle verloor het.

Johann M van Heerden ·

Het iemand nie CR se watsapp no of epos nie. Sodat ons dit vir homkan stuur. Ook vir Trump.

piet piet ·

Die polisie is alryd op die aanvallers se spoor pleks stop hulle die aanvallers in hul spore voor hulle aanval

Swanester ·

Wens Trump kan sien wat hier aan gaan en die mense wat rerig help nodig het Kom by staan lyk my die land gee net om as jy die selfde kleur as hulle is Anders beteken jy niks

Bossie ·

Johann, CR wil nie van ons hoor nie, op GEEN manier nie. Volgens wat ek verstaan kan Trump nie optree voordat daar nog baie meer mense vermoor word nie anders stenig die wêreld Amerika. M.a.w. geen petisie, geen w.app, geen bewusmaking gaan die Regering, of die wêreld, van besluit laat verander nie. Daardie besluit is dat ons op ons self aangewese is. Nie eens ons eie mense het genoeg moed om teen die massa op te staan nie. Indien hul wel die moed het begin hul onder mekaar te baklei want elkeen wil sy eie stempel afdruk. Ek is dankbaar vir die enkeles wat hul hart gegee het vir die saak maar dit gaan bly by bewusmaking. Kyk eerder na jouself en besluit wat jy vir jou, jou gesin, jou familie wil doen. Niemand luister nie en hul gaan ook nie in die toekoms nie. Indien hul dalk luister, doen hul niks daaromtrent nie. Hartseer is dit beslis. Kom ons stuur ons boodskappe eerder aan God. Hy sal luister EN optree. Ons moet net aanhou vra…

sweis ·

Ons weet nie sê jy ons ons stem EFF en werk saam met die DA aan n beter plan vir our people.

Andre ·

@kolla – het jy VF+ gestem of wat het jy gestem? Indien nie, gaan vra die party waarvoor jy gestem het wat hul intussen gedoen het

GP ·

Daar was mos gese daar is nie so iets soos plaas aanvalle in SA nie. Statistieke moet dit mos nou bewys, net baie gevalle van huistoof.

Jerry ·

Alle aanvalle word veroordeel en moet uiteindelik tog op meriete na gekyk word. Die drie rowers het gekom om te roof en nie om te martel en te moor nie. Die modus operandi was aanranding en roof en dui daarop dat hierdie rooftog nie met haat teen witmense gepaard gegaan het nie. Ons moet versigtig wees om oorboord te gaan deur alle aanvalle te veralgemeen en valslik as haat aanvalle teen witmense te wil afmaak. By monde van die ANC se Lindiwe Sisulu sal Afriforum wie daarop aanspraak maak dat hulle die Afrikaner verteenwoordig uitgesluit en geisoleer word, so daar bestaan bewyse dat daar wel n georkestreerde aanslag op die regte van wit Afrikaanssprekende mense is en juis daarom moet ons perspektief behou om steeds reg onderskeid te tref tussen haataanvalle en aanvalle wat nie met haat gepaardgaan nie. Ons beduiwel ons eie saak wanneer ons die verkeerde onderskeid tref. Alles is nie net donker nie, daar is hier en daar ook nog n silwerrandjie wat ons steeds moet kan raaksien.

Andrè v E ·

Waar is ONS Advokate wat moet opstaan teen “huisroof” waar daar ernstige aanranding was? Baklei teen die onregverdige aanklagtes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.