Vrystaatse gesin wreed aangeval, polisie soek dié man

Die Identikit wat deur die polisie vrygestel is.

Niemand is nog in hegtenis geneem ná ’n Vrystaatse gesin verlede maand wreed in hul huis aangeval is nie.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het 5 Junie omstreeks 05:30 plaasgevind toe ’n paartjie van Welkom en hul seun in die Kwintet-woonstelblok in Reitzpark aangeval is.

Die man het glo om 05:30 opgestaan om koffie te gaan maak en ’n aanvaller in die gang gewaar.

“Die man is aangeval en in sy bors gesteek [met ʼn mes]. Die seun is glo ook aangeval en met die mes gesteek,” het Thakeng gesê.

Volgens Thakeng was daar twee aanvallers met messe gewapen op die toneel. Hulle het te voet van die toneel gevlug met ʼn televisie, ʼn haelgeweer, kaarte en ʼn horlosie.

Die pa en seun is na die hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

“Daar is ʼn identikit saamgestel vir een van die verdagtes. Mense met inligting kan speur-AO Slang van Zyl by 073 299 6332 bel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bietjie bietjie ·

Huisroof !!!!!!!!!
Poging tot moord is eintlik van toepassing

Pik ·

In SA hang dit af wie aangeval word en deur wie dan word n saak oopgemaak wat gepas is maak n mens siek

Marlene ·

More, agge nee, asb kom ons bid ernstig tot Die Vader dat Hy sal ingryp dat dit asb kan ophou. Dit is totaal ongevraagd. Baie sterkte vir die gesin.

Realis ·

Ag asb mense bid al vir jare en dit help niks. Vra maar ir Ans en sy miljoen!

Francois ·

Marlene. Mense bid nou al vir die afgelope 22 jaar ernstig. Maar die moorde raak net al erger en erger. Daar is nie n einde in sig nie.

CJ ·

Wonder of “mense aanval en beroof/vermoor” SA se nuwe nasionale sport gaan word? Julle weet, soos wat jag n “sport” vir talle is … ekskuus as ek kru voorkom; ek dink net ons weet nie meer hoe om elke nuwe aanmelding emosioneel te absorbeer nie.

Jaap ·

Huisroof???
Belaglike grap die land.
Maar ja as land deur blindes gelei word wat verwag ons.
Gaan net meer en meer agteruit en wereld lag vir ons.
Afrika – haha haha

Terrible ·

Ag dit was seker nie hy nie. Hy het seker kom koffie soek want ek sien die man het opgestaan om koffie te gaan maak. Of hy het dalk sy geld kom haal vir die vorige Saterdag wat hy in die tuin gewerk het. Die mense is mos onskuldig, dit is mos net die werkgewers (wat gewoonlik blank is) wat al die skuld kry en ‘verdien’ mos die aanvalle. Mag julle almal gou herstel, ek is net bang daardie haelgeweer veroorsaak weer die dood van ander onskuldige mense .. want die mense wat nog nooit lisensies gehad het nie . soos die moordenaars en diewe en CIT heist aanvallers . hulle het mos vir ewig amnestie . dit is net die wittes wat vergeet het om hulle lisensies te gaan hernu wat dit nou verloor …

Henning ·

Hoe ver trek VF plus met die gesprekke vir ons eie land? Ons wil ons eie polisie en regsisteem he, waar dit ernstig opgeneem word.

Ilse ·

Huisroof.. regtig? Onwettige oortreding, huisroof, poging tot moord..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.