Vrystaatse hoof van gesondheid by bedrogklagte gevoeg

Argieffoto

Godfrey Mahlatsi, die Vrystaatse hoof van gesondheid, het Vrydag in die Bloemfonteinse hof verskyn op aanklagte van die misbruik van meer as R8 miljoen uit openbare fondse.

Dit hou verband met ʼn saak van bedrog wat verlede jaar teen voormalige en huidige beamptes van dieselfde departement gemaak is.

“Mahlatsi word nou ook van 44 klagte van oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies aangekla. Daar word beweer dat hy versuim het om die ongemagtigde en onreëlmatige besteding van R8,7 miljoen te voorkom,” het Phaladi Shuping, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die geld is uitbetaal aan diensverskaffers terwyl hy as die finansiële beampte van die departement opgetree het. Daar word ook beweer dat hy versuim het om die nodige stappe teen verantwoordelike beamptes te doen, selfs nadat die ouditeur-generaal hom daarvan ingelig het dat die betalings onregmatig was.

Die ander wat in die saak aangekla word is dr. David Motau, geskorste hoof van die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB), Motsumi Polori, Sarah Legobate, Gloria Gogo, John Chakane, Limakatso Mabitle, Hazel Ncukana, Colleen Kala, Jack Letlojane, Tsietsi Polori, Simon Johnson, Thabo Moeti, Victor Kwababa, Simon Njonga, Lebohang Beqezi en Charity Moloi.

Dié mense is almal in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem.

Mahlatsi is op borgtog van R5 000 vrygelaat en sal weer saam met die ander beskuldigdes op 14 Maart in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

En so hou dit nie op en sal dit nooit ophou onder die ANC se bewind nie. Weereens klein vissies. Al opgelet hoe stil Mkhize, Magashule, Zuma en ander hoës se sake geraak het?

Ettienne ·

En nou wonder ek hoeveel van die kaders is alreeds herontplooi na die arme Mangaung Metro District office (Bloemfontein). Benewens dit wonder ek ook hoeveel medici wat aan mediesefondsbedrog skuldig bevind is of ondersoek word ook in die Distrikskantoor aangestel is….?

Swerwer ·

Lekker ou Jan, maak en breek net soos hul wil. Dit is mos die ANC beleid. Intussen moet die arme mense wat afhanklik is van die Dept van Gesondeheidsdienste die spit afbyt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.