Vrystaatse leeuboer vas ná ‘plaasaanval’

(Argieffoto: Maroela Media)

Die leeuboer wat glo Donderdagoggend op sy plaas naby Kroonstad aangeval is, is op drie aanklagte van moord in hegtenis geneem nadat ’n voorlopige ondersoek deur die polisie op ’n ander weergawe van die aanval dui as dié wat die boer aanvanklik gegee het.

Nog drie verdagtes is intussen op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg in hegtenis geneem. Dié verdagtes, twee mans en ʼn vrou, is almal in hul laat twintigs. Dié drie verdagtes het nie aanvanklik deel gevorm van die boer (37) se weergawe van die aanval , waartydens hy drie beweerde aanvallers uit “selfverdediging” doodgeskiet het nie.

“’n Voorlopige ondersoek is op die toneel gedoen, waartydens die ondersoekspan ’n ander weergawe van die voorval ontdek het as wat die klaer in die saak aanvanklik verskaf het,” het brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, Vrydagmiddag in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring is die boer in die lig van dié verwikkelinge vir ondervraging geneem. Daar is toe besluit om hom in aanhouding te neem, terwyl die forensiese span Vrydag meer bewyse op die toneel inwin.

“Dit is standaard praktyk om aanklagte van moord aanhangig te maak indien vermoed word ​​dat enige persoon die wet ernstig oortree het onder die voorwendsel van selfverdediging. Die uitkoms van verdere ondersoek, veral ’n nadoodse ondersoek en enige ander forensiese ondersoek, sal bepaal of ’n ander of bykomende aanklagte as dié van driedubbele moord aanhangig gemaak moet word.”

Die boer en die ander drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kroonstad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Werner ·

Klink eerder of hulle ons nou probeer intemedeer.Seker bang daar word meer aanvallers doodgeskied

Hoekom ·

Ons sal nie geintimideer word nie. Ons sal doen wat ons moet doen om ons self te verdedig.

Casper ·

Die vorige berig het daarop gedui dat die man aangeval is en ernstig beseer is.Die drive wat saamgesmeer het om moord te pleeg,waar pas hulle in die prentjie want dit klink my hulle was nie op die toneel nie.Wat van die vierde een wat gevlug het.

Willem ·

Dit is NIE standaardpraktyk om ñ moord saak te ondersoek nie .Indien vuilspel vermoed word..kan ñ moordsaak ondersoek word..andersins ñ GEREGTELIKE ondersoek .Iets sê vir my IEMAND het aangejaag..

Piet parys ·

Die vraag is eerder kan mens die polisie se sogenaamde misdaad toneel kennis glo. Hulle is al oor en oor bewys dat hulle onbevoeg is .Die grootste misdadiger wat land in bankrotskap gedompel het loop vry Rond nê stortkop!!!

DieKriek ·

Ek weet van mense wat verskeie kere aanvalle aangemeld het wat nooit gebeur het nie. Hopelik is dit nie in hierdie geval so nie.

Blikkantien ·

Ek hoop nie hierdie is nou die voorland van enige mens en veral boer wat hulle eie lewens verdedig nie. Dit klink of die polisie hul bes probeer om hierdie arme boer vas te trek. Ek sou baie graag wou weet watter ander bewyse hulle wil bymekaar maak en wie die ander drie is wat ook in hegtenis geneem is. Volgens ander bronne het die boer dié drie aangekla en is hulle afsonderlik van hom in hegtenis geneem.

Jannie van Niekerk ·

Dit IS alle blankes se voorland. Onthou dis VRYSTAAT polisie wat almal ACE ondersteuners is en alaml weet dat ACE, Cele en Ramaphosa is plaasaanavlle goedgesind.

Dinkself ·

Is die boer dieselfde persoon wat ‘n paar jaar gelede skuldig was aan onwettige handel in renosterhoring nie?

Jannie van Niekerk ·

In hierdie geval glo ek nie die polisie nie. Veral nie ‘n hoë offissier met ANC verbintenisse nie.

Abie ·

Baie goeie beriggewing. Asb. Hou ons op hoogte, bv. Na maandag se hofverskyning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.