Vrystaatse leeuboer vrygelaat

Pieter Swart (Foto: Facebook)

Pieter Swart, die leeuboer wat verlede week op sy plaas naby Kroonstad in die Vrystaat aangeval en drie vermeende aanvallers uit beweerde selfverdediging doodgeskiet het, is Maandagmiddag uit aanhouding vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig Swart is verlede week ná die aanval in hegtenis geneem op drie aanklagte van moord nadat ’n voorlopige ondersoek deur die polisie op ’n “ander weergawe” van die aanval gedui het as dié wat hy aanvanklik gegee het.

Swart sou na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die saak is egter nooit op die hofrol geplaas nie.

FC Schilling, Swart se regsverteenwoordiger, het buite die hof aan Maroela Media bevestig dat Swart uit aanhouding vrygelaat is aangesien daar geen prima facie-saak is nie.

Nog drie verdagtes sou na verwagting ook vandag verskyn in verband met die aanval.

Maroela Media verneem dat dié drie daarvan beskuldig word dat hulle met die vermeende aanvallers saamgeweer het om ’n misdaad te pleeg.

Die verdagtes, twee mans en ʼn vrou, is almal in hul laat twintigs. Hulle het egter teen middagete nog nie in die hof verskyn nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

katerinadiekat ·

Niks deurmekaar nie. Daar was 4 aanvallers, die leeuboer het 3 doodgeskiet, die 4de een het weg gehardloop. Die ander 3 “aanvallers” was vriende van die 4 wat wel die boer aangeval het. Maar aangesien hulle obviously nie op die toneel was nie, het hul liegstories toe nie gewerk nie.

Kosie ·

Wat gaan hier aan is julle nou bang as die boere begin terug skiet nou probeer julle hulle afskrik

Juffrou ·

Wéér totale onbevoegdheid! Hoekom die arme man toesluit? Gaan sluit die korruptes en diewe en kriminele toe. Julle hoef nie eens speurwerk te doen; die name is reeds bekend.

Magda G ·

Bid vir die boer maar die 3 mense wat saamgesweer het om te lieg moet reggesien word. Uitvaagsels

Anti-Verkramp ·

Korrek, dis dwarsboming van die gereg. Lyk asof hulle die arme man by die storie ingesleep het en gelieg het vir die polisie.

Hannelie ·

Die man is n held!. Hy verdien eerder n medalje. Wie sou daardie 3 volgende aangeval het?

Tino ·

Verdagte nommer 5 wat die uitkyk was en nie ‘n oog getuie nie se weergawe dra meer waarde want die blanke moet betaal en gestraf word.

Die rassisme is ooglopend opvallend!

Elize ·

Klink of hulle die boer wou “frame”. Scary die polisie van ons.

Leeuwyfie ·

Ek hoop die boer maak ‘n saak teen die polisie en die 3. Hierdie was ‘n intimidasie taktiek as ‘n waarskuwing vir ander boere.

Hannes ·

Daar is nooit “resources” om ‘n saak deeglik te ondersoek nie, bo-langse speurwerk as ons mense gemartel en vermoor word… maar as die aanvallers hulle Moses teekom, dan word sy verklaring deeglik ondersoek…
Dit is duidelik, arme Pieter is net Swart in sy van.

Ek hoop sy regspan dagvaar die staat vir hulle onbevoegtheid, dan kan hy dalk van ons belasting geld kry wat hulle so mors.

Adri ·

Dit klink vir my na ‘n klassieke geval van onregmatige arrestasie en aanhouding. Onbevoegde, rassistiese amptenare behoort persoonlik aanspreeklik gehou te word vir die man se lyding.

Ralph ·

Die bekamping van plaasaanvalle is geen prioriteit by ANC, PAC SAKP, EFF en ander, want ek wil glo hulle sit daaragter.

modiglianigirl ·

Ek sal graag meer inligting en feite oor dié saak wil hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.