Vrystaatse man vas oor kinderporno

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man van Ficksburg in die Vrystaat is Woensdag deur die Gautengse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in hegtenis geneem op aanklag van die besit en verspreiding van kinderpornografie.

“Die man het dieselfde dag in die Ficksburg-landdroshof verskyn en is op borgtog van R10 000 vrygelaat,” het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

Naidoo het gesê die man se vermeende misdrywe is opgemerk nadat die polisie in Duitsland bewus geword het van ʼn aanlyn pornografieverspreidingsnetwerk genaamd eDonkey 2000. Dit laat gebruikers toe om foto’s en video’s met mekaar te deel.

“Met verdere ondersoek het speurders ʼn gebruiker geïdentifiseer wat kinderpornografie verskaf het om af te laai. Verdere ondersoek is ingestel en die man se IP-adres het aangedui hy is in Suid-Afrika. Hy is Woensdag uiteindelik geïdentifiseer en in hegtenis geneem.”

Die polisie het beslag gelê op twee skootrekenaars, twee geheuestokkies, ses hardeskywe, ʼn kamera en ʼn Xbox wat in die verdagte se huis was.

Die man moet weer op 1 Junie in die hof verskyn om die polisie tyd te gun om die saak verder te ondersoek. Die man se naam mag nie genoem word alvorens hy gepleit het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

DMC de Koker ·

Europese polisie agentskappe het nou al meer arrestasies in hiedie verband tot gevolg gehad in SA as ons eie polisie. Goeie werk Duitse speurders.

Ek hoop die beskuldigde kry ‘n swaar straf!!!

Marinda ·

Dit is so siek en walglik. Kan nie dink mense kan so laag daal nie. Daardie foto alleen krap my sommer om. En dan kom hy nog uit op borg. Net om verder kinders te mishandel

Willemien ·

Ek stem saam. Dis erg net om na hierdie foto te kyk. Hoop hy word baie swaar gestraf.

Sê net ·

Hoe arm van gees moet jy wees om so laag te daal vir ‘n “opkikker”, deur kinders te mishandel en misbruik. Siek om die minste daarvan te sê. Wens die hele spul word gevang en gestraf.

Joubert ·

Maroela, ek wil julle vra om dit te oorweeg om nie ‘n prentjie of foto by elke liewe berig te plaas asof julle besig is met daaglikse bloginskrywings nie. Ek dink die gebruik van stock images van gebreide babakousies by aborsie of weggooi-baba berigte, bakke kos by my moordberigte waar kos betrokke was, kinderskoene by molestering berigte, en huilende en naakte kinders by kinderpornografie berigte is onnodig en moet onmiddelik heroorweeg word. Waar die fotos wel van misdaadtonele, ongelukke of verdagtes is, kan dit beslis geplaas word as dit betrekking op die berig het. Julle nuusblad sal ook baie meer professioneel voorkom. Baie dankie dat julle na my pleidooi geluister het.

Landi Slatter ·

Dagsê Joubert

Dankie vir jou terugvoer. Ons webwerf is so gebou dat ʼn foto by elke berig geplaas moet word, anders word die ontwerp van die blad skeefgetrek. Ons vind ook dat lesers oor die algemeen visuele materiaal by ʼn storie waardevol vind, omdat dit vir hulle ʼn storie makliker interpreteerbaar en verteerbaar maak, al is dit nie noodwendig ʼn nuusfoto nie. In die geval van ʼn kind wat byvoorbeeld gemolesteer is, is ʼn nuusfoto waarskynlik nie beskikbaar nie- daarom gebruik ons dan “stock”- foto’s.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

tammy ·

Wanneer word so n persoon n pedofiel genoem? Of is dit iets anders as die wat met kinders mors? In elke geval so n mens is n veragtelike skuim!!! Kinders is so kosbaar en word as geskenke aan ons geleen.

E.K. ·

R10 000 borg – wat ‘n grap. Hy moet agter tralies bly want glo my hy gaan nie dat hierdie hom keer nie!

amanda ·

Maak hom Los in di publiek….ons sal weet wat om mt hom te doen!!!

Loon ·

Hierdie mense se name moet bekend gemaak word, wat se regte moet hy nog hê in die samelewing as hy nie eers n ander en dit nogal kinders se regte kan respekteer nie.
Neewat mask hom bekend dat ons weet teen wie moet ons ons kinders beskerm.

Ilse ·

Ek stem saam. Name and shame. Hoekom moet net hul name geheim gehou word?

Lola ·

Ek dink nie dis ‘n baie intellegente idee om die siek webtuistes se name bekend te maak nie…….

Johan ·

My vraag is, is dit die werk van mense of demone in mense??

amelia ·

Die swaarste straf moontlik moet hul opgele word. Satan is los en moet in die bek geruk word. Ek dink God verwag dit van ons.

Bra joe ·

Geagte DMC de Koker. Ek verseker jou , Suid Afrika het ‘n baie klein maar baie doeltreffende spannetjie wat hierdie ouens se gal werk Dis ‘n spesiale eenheid , waarvan ek van die mense ken , wat hand aan hand met die internasionale polisie werk om hierdie mense aan die pen te laat ry . Baie harde werk , lang ure en die hele land vol om seker te maak hulle ondersoekwerk en getuienis is waterdig om maksimum vonnis te verseker. Die oorspronklike lead kom maar net van daar af omdat die webwerwe daar geleê is , maar ons eie mense doen die grondwerk aan hierdie kant !

Lana ·

Ja wat die persoon gedoen het is verkeerd. Maar as almal wat man veroordeel child psychology agtergrond gehad het sou jul beter begrip gehad het. Iets traumaties moes met man gebeur het of daar was geen attachment tussen hom en sy ouers etc -sulke gedrag begin nie uit bloute as hul volwassenes is. Jammer dat die faktore wat tot man se huidige probleem nie geiidentifiseer enaangespreek was toe hy jonger was. Dis so maklik om te oordeel(net soos igv moordenaars rapest antisocial behaviour-gaan terug na hul kinderdae -hul huidige gedrag spruit uit n sameloop van omstandighede in hul kinder/adolessent dae) ekweet waarvan ek praat ek doseer die vak. Net n klein % van kinders/adolessente/volw wat depressie angs ptsd ontwikkel is agv dinge wat in hede gebeur -eg hijacking sm/dood van geliefde rape etc

Gerda ·

Dis n nonsense storie daai, as jy seer gemaak is toe jy klein was dan gaan jy mos weet om nie ander mense te wil seer maak nie, mense moet ophou omin die gemak van die verlede te leef doen wat reg is. Enige mens het verstand gekry om te onderskei tussen reg en verkeerd. En dis nie van oordeel nie dit moet aangespreek word en die persoon moet gestraf word punt. Dis hoekom die Here die aardse wet ingestel het vir die mens om gereg en geregtigheid te laat geskied en dalk net daardeur kan n persoon wedergebore raak.

Anoniem ·

Lana asb…Dis nie sy ouers se skuld dat hy doen wat hy doen nie…Dis n gekke storie daardie. Hy het verstand gekry, hy is n volwasse man en weet dis verkeerd. Hoekom aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie. Belaglik…..Dink iets anders uit. Moordenaars, verkragters, pedofiele, rowers en wie weet nie wat nog moet ophou om dit te gebruik as verskoning…Weet jy dan moet elke mens op aarde skuldig wees aan een of ander vorm van geweld, moord, verkragting, diefstal, pedofiel ……… want daar is nie n mens vandag wat nie loop met seer in hom / haar nie. Lyk my hulle moet die vak verander of aanpas……..

corrie ·

Grote genade Lana! Juis as jy n “moeilike” kinderlewe gehad het,weet mens tog hoe dit voel en daarom dit nie doen nie! Daar is geen,maar geen verskoning vir sulke vieslike walglike dade nie!!! Jammer maar ek persoonlik dink hy moes nie borgtog gekry het nie. Mag hy kry wat hom toekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.