Vrystaatse man verdwyn spoorloos

Sydney Cooper word sedert Dinsdag vermis. (Foto: Verskaf)

Die Bainsvlei-polisie in die Vrystaat het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met enige inligting oor ʼn Bloemfonteinse man wat nou reeds etlike dae lank vermis word.

Sydney Cooper is Dinsdag die laaste keer in sy wit Suzuki Swift, met die registrasienommer ND 891 739, in die omgewing gesien, sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

“Sy suster het hom as vermis aangemeld.”

Cooper woon in Langenhovenpark in die stad.

Die polisie het mense met inligting oor waar Cooper hom moontlik bevind gevra om sers. Teboho Walter Samusho te bel by 068 073 1408, of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.