Vrystaatse munisipaliteit moet opdok om salarisse te betaal

Werknemers is ontsteld omdat hulle nie hul salarisse vir die maand ontvang het nie (Foto: Verskaf)

Thamae Masejane, die munisipale bestuurder van die Mantsopa-munisipaliteit, het ’n brief aan die munisipaliteit se speaker gerig om die raad in te lig dat werknemers se salarisse en toelaes Dinsdag nie betaal is nie weens ernstige finansiële probleme wat spruit uit die wanbetaling van dienste wat deur die munisipaliteit gelewer is.

Munisipale dienste in Ladybrand in die Vrystaat is Dinsdag tot ’n stilstand gebring nadat die munisipaliteit versuim het om werknemers se salarisse vir Februarie te betaal.

Die munisipale bestuur het ’n brief aan die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) gerig om hulle met betalings te help. ’n Bedrag van R2,5 miljoen gaan na verwagting Woensdag aan die munisipaliteit betaal word. Die munisipaliteit kort steeds ’n verdere R2,5 miljoen om al die salarisse te dek.

Masejane het die speaker ook ingelig dat die munisipaliteit ’n BTW-terugbetaling van R6 miljoen verwag. “Die oudit sal na verwagting eers Vrydag afgehandel word. Die datum van die terugbetaling is nog nie bekend nie,” het Masejane gesê.

Maroela Media het vroeër berig onluste het verlede week reeds begin opvlam nadat die Mantsopa-munisipaliteit versuim het om salarisaftrekkings aan onder meer pensioen- en mediese fondse oor te betaal. Dit is wel van werkers se salarisse verhaal.

Die Mantsopa-munisipaliteit bedien dorpe soos Ladybrand, Tweespruit, Excelsior en Hobhouse in die Vrystaat.

Tania Halse, ʼn DA-wyksraadslid, sê werkers moes Dinsdag betaal word en Masejane, die munisipale bestuurder, het die situasie tydens ’n geslote vergadering met die werkers bespreek. Halse sê raadslede het reeds gevra vir ’n spesiale raadsvergadering sodat die probleem bespreek kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leonie ·

Wanbestuur is ‘n groot siekte by die ANC. Dis nou al oor en oor bewys, enige iets waaraan hulle vat werk net gladnie en val uitmekaar uit.

koos10 ·

En hoe lank gaan die R6mij hou? My wiskunde vertel my as julle R5 mil aan salarise moet betaal is julle volgende maand weer in die bankrot. Plaas spreek julle die wanbetalings aan, maar nee die 10% wat betaal moet mos vir die 90% sorg. Is dit net die werkers of almal (fat cats) wat nie salaris gekry/gaan kry nie?

Elméne ·

Wonder ek ook, die “fat cats” se salarisse?? Kan jou waarborg dit sal wel betaal word en seker nog met “prestasie” bonusse!!

HOOP ·

So hulle kort 5 miljoen as ek reg lees , en n ou briefie is al wat nodig is , hulle het seker nie Maandag agter gekom hulle gaan nie die betalings kan doen nie , dit is nou wanbestuur op sy gemaklikste.

marius ·

Skelms ! Nou moet die belasting betaler WEER betaal . Stoot die plek plat met alles daarin .

Magda ·

Wanneer gaan die publiek by die regte plekke staak – help nie julle is voor die Munisipaliteit nie – gaan na die Politieke Partye se HUISE, dit is in elk geval Hulle skuld. DALK sal julle iets uitgerig kry.

daniel ·

Dit wil voorkom asof die munisipale bestuurders van omtrent al die munsipaliteite, uiters korrup.en onbevoeg is on enigiets wat met geld te doen het effektief te kan bestuur.
Hoe het dit gebeur dat uiters min van die munisipaliteite hul elektrisiteit rekenings met Eskom te vereffen het?. Nog meer korrupsie ?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.