Vrystaatse polisie aan eie genade oorgelaat

(Argieffoto)

Daar word jaarliks hand en mond belowe om die probleme met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uit te stryk. Tog was daar tydens onlangse oorsigbesoeke aan sewe polisiestasies in die Vrystaat geen sigbare verbetering in die toestand van dié provinsie se polisiestasies nie.

Leona Kleynhans, die DA se woordvoerder vir polisie in die Vrystaatse wetgewer, kan van dié treurige toestande getuig nadat sy onlangs oorsigbesoeke aan sewe polisiekantore in die Qwaqwa- en Phumelela-gebiede gedoen het.

Sy vertel stukkende diensmotors staan al maande – indien nie jare nie – by sommige polisiestasies in die Vrystaat se werkswinkels geparkeer, terwyl sommige polisiestasies etlike duisende agterstallige dossiere, maar slegs een speurder het.

Mobiele stasies is nodig, maar die mannekrag is nie daar om dié stasies te beman nie.

“Polisiestasies in die Vrystaat moet maatskaplike dienste inroep om DNS-toetse op slagoffers van verkragting en seksuele aanranding te doen, aangesien hulle selde verkragtingstoetsstelle beskikbaar het. Vir vingerafdrukke en ander forensiese toetse moet die plaaslike misdaadrekordsentrum ontbied word.”

Sy vertel ook dat sy tydens haar besoek aan die Phuthaditjhaba-polisiestasie begroet is met ’n stukkende heining van die polisiestasie se werkswinkel. Intussen word onderdele en enjins weggedra.

(Argieffoto: SA Polisie)

Die stasiebevelvoerder van die Warden-polisiestasie het tydens Kleynhans se besoek vertel dat hy al ’n jaar lank daar werksaam is. Tog het hy die afgelope jaar nog nooit ses van sy toegewese nege diensvoertuie met ’n oog gesien nie. Dié diensvoertuie is stukkend en staan geparkeer in die werkswinkel.

Die polisiestasie leen nou ’n patrollievoertuig by die polisie in Harrismith.

Om sake te vererger sit die polisiestasie in Warden met ’n agterstand van 1 366 dossiere en slegs een toegewysde speurder. Daar is ook geen steunpersoneel vir die speureenheid nie. Nog ’n speurder is by Phuthaditjhaba “geleen”.

Kleynhans wys ook daarop dat die kritieke N3-hoofwegpatrollie-eenheid tussen Villiers en Harrismith opgeskort is. Dit laat ongeveer 70 kilometer tussen hierdie dorpe ongepatrolleer. “Dit is hier waar liggame uit voertuie gegooi word en kapings plaasvind,” verduidelik sy.

“Sommige stasies is gelukkig om nog ’n paar aktiewe reserviste te hê wat sowat 10 jaar gelede gewerf is. Nuwe aansoeke is ingedien, maar geen antwoorde word van die provinsiale polisie ontvang nie. Personeel van die SAPD verkeer onder uiterste druk omdat hulle sonder die nodige hulpbronne moet presteer. Alle stasies rapporteer dat hulle mobiele stasies nodig het vir afgeleë of baie besige gebiede, hoewel hulle tans nie die mannekrag het om hierdie stasies te beman nie.

Sy sê die skuld vir die vertraagde herstel van voertuie word gepak op die lang wagtydperke vir magtiging van Wesbank vir onderdele of die uitkontraktering van herstelwerk.

“Groot herstelwerk word aan vyf diensverskaffers in Qwaqwa uitkontrakteer, maar stasies kla oor die gehalte van die werk wat gedoen is, want die voertuie is net ’n paar dae op die pad voordat dit weer onklaar raak.”

Kleynhans sê nou die DA sal voortgaan om toesigbesoeke te doen en die minister van polisie sowel as die provinsiale polisiekommissaris aanspreeklik te hou vir hul volslae versuim om die SAPD in die Vrystaat behoorlik op te lei en van hulpbronne te voorsien.

“Ons salueer die personeel wat probeer om gemeenskappe onder moeilike omstandighede te beskerm sonder enige ondersteuning van hul bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Martie Smartie ·

En kyk bietjie watse salaris verdien die prov komm en sy brigadiers, dit om n groot gemors v alles te maak – lieflik, live the african dream

My siening ·

En kyk bietjie die range is meerderheid so vet en lui so die kaders moet maar sit hulle baas Cele weet nie eers van die probleem nie. Laat hulle beat loop dan kry hul bietjie offeninge. Ek weet van offisiere wat die enigste voertuig wat daar is nog vat om huistoe te ry na werk. Regering weet nie wat aangaan nie want hulle se moes daar is nie misdaad in die land nie, want jan wat tax betaal bestaan nie vir hulle nie, nê Cyrel, sisulo en cele!

Di ·

Dis baie hartseer! Ongelukkig is dit so dat jy sal saai wat jy maai. Die hele land gaan deur hierdie selfde gemors – als is gebreek, niks word instand gehou, baie sit in poste net vir die salaris elke maand. Hoe minder hulle hoef te doen hoe beter vir hulself, daarom word niks herstel want danhet hulle ‘n verskoning! Daar is absoluut NIKS wat OOIT hierdie land sal weer sal kry waar dit was 20 jaar terug nie. TE VER verval in totale gemors en rommel status

Watsenaam ·

O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van n volk deur sy leiers verlaat. Dis presies hoe komunisme werk. Raak asb. ontslae van die klomp “know nots” ons word in ons eie land gevange gehou deur n klomp skurke.

Herman L ·

Daar is polisiemanne-en vroue wat hulle werk ernstig opneem en hulle verdien waardering vir hulle toegewydheid onder uiterste toestande! Maar dan is daar die oorgrote meerderheid, sommige brigadiers, generaals en Cele. Hulle is deel van die staatskapingsmafia wat net vir hulleself omgee!

marius ·

En hoed kruip in gate rond vir fotos . Die hele regering het in misrabele onbruik verval .

BoepensVark ·

Ons is nader aan die einde as wat ons besef…………..

Kokerboom ·

Kom ons sê dit vir mekaar reguit: Die SAPS (so ook weermag) is ‘n verleentheid vir land. Die topbestuur is almal kaderaanstellings en absoluut “useless!” Die SAPS is “top heavy” in massa en getalle maar ondervoed in kennis, vermoee en inisiatief! Herstruktueer topstruktuur, raak ontslae van alle kaders en bring meer Blanke senior lede in. Raak ontslae van ALLE rassisme en DOEN die werk!!!OPns is keelvol verby om elke dag na flou verskonings te luister!!!

Koos 100 ·

Die Vrystaat is nie al nie. Tog word R2 miljard jaarliks aan 500 polisielede spandeer,om die skelms wat die land beheer, op te pas!

Koos 100 ·

Warden se stasiebevelvoerder moet disiplinêr aangekla word. Daar is duidelik geen oordrag van bates gedoen toe die een aangestel was nie. Volgens die SAPS se oodragte moet dit binne 30 dae na aanstelling gedoen word. Dit behels dat ‘n 100% voorraadopname gedoen moet word. Dan moet alle voertuie elke 6 maande gesertifiseer word. Hoe kan dit gedoen word as die SB nog nooit die voertuie gesien het nie? So SB, jy het net so groot aandeel aan die verval van die SAPS as die res!

Roelof ·

Is daar regtig niemand wat iets kan doen om die toestand van die SAPD te verander nie. Landwyd is polisie stasies en voeruie vervalke. Met hul swak salarisse baklei polisie al 3 jaar vir 1% verhoging. Kan nie een opposisie party intree en die toestand beeindig nie?

Christelle ·

Dis nie net in die Vrystaat nie, maar landwyd. Wanneer laas was daar verhogings vir SAP lede op die grond, met die salarisse wat SAPD lede kry is dit geen wonder korrupsie is so baie nie, hoe oorleef jy met deesdae se pryse as jy 3 of 4 jaar laas n verhoging gekry het.

Niklaas ·

Dis een gemors en ek is onseker of dinge sal verbeter , maar kom ons hoop maar so !

Swerwer ·

Die konsuise polisie wat sonder vervoer is en nie hul werk ten volle kan uitvoer nie is slegs ‘n rookskerm want dit is die doel dat die SAP nie moet fuksioneer nie, baie duidelik 1 van Cele se strategie om sy kader te beskerm en nie hulp aan onskuldige mense in nood te kan bied nie.

Danie ·

Wie kan ons blameer? Net die polisie se op en wakker bestuur.Hulle aandag is nie op hul werk gevestig nie.Dink net aan planne om uit hul staatskaping delema uit te kom.En wie ly daaronder die gemeenskap,gin wonder misdaad seevier.

Lurock ·

Ou hoed moet himself nou toevoeg, Shut up. Daai ou is so ver verwyder van die werlikheid, hy sal nooit ooit weer die werklikheid vind nie. En sy top bestuur is in sekere gevalle nog meer patties. Ag shame, daar is nie begroting vir polisie werk nie maar miljarde om die ministers en adjunkte te beskerm. Pateties verby.

Hasie ·

Sê net vir ou Hoed dat die televise en koerante daar gaan wees om fotos te neem …. hy sal kom pose daar ….en vir almal vertel on te Shud up want daar is nie so iets nie.

Lillian ·

die sukses van enige besigheid lê by die bestuur, so ook die regering en in dié geval, die polisie, as die bevel power is, kring dit uit na voetsool vlak. En dit is hoekom ons eens trotse polisiemag nou nie eens meer ‘n diens kan lewer nie, want die rolmodelle is so onbevoeg en korrup

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.