Vrystaatse polisiekommissaris verbied glo polisie om met gemeenskap saam te werk

AfriForum se Projek Nehemia. Foto: AfriForum

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn klagte aan lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, en lt.genl. Jacob Tsumane, provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens van die Vrystaat, gestuur.

Dit volg nadat Tsumane glo Vrydagoggend ʼn bevel aan alle kluster- en stasiebevelvoerders asook adjunkprovinsiale kommissarisse in die Vrystaat gestuur het ingevolge waarvan alle polisielede in die Vrystaat verbied word om as lede van die polisie deel te vorm van AfriForum se Projek Nehemia.

Hy het glo gedreig om die polisiebeamptes wat hulle hieraan skuldig maak, te dissiplineer.

Volgens Ian Cameron, hoof van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, strook die stelling in dié bevel geensins met die Suid-Afrikaanse Polisiewet nie en ook nie met die nasionale beleidsraamwerk van gemeenskapspolisiëringsforums nie.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiewet (Nr. 68 van 1995) stipuleer dat die polisie organisasies soortgelyk aan buurtwagte, veiligheidsnetwerke en GPF’s as misdaadbekampingsinisiatiewe moet aanvaar en bystaan, mits elkeen binne die raamwerk van die wet optree,” het Cameron gesê.

“AfriForum het die projek op plaaslike vlak en op klustervlak met die polisie bespreek en saam beplan. Die provinsiale kommissaris se dreigement aan polisielede is ʼn blatante verontagsaming van die Suid-Afrikaanse Polisiewet van 1995.”

Volgens Cameron is Projek Nehemia ʼn toetsprojek om vir alle gemeenskappe in Bloemfontein ʼn kans te gee om as pro-aktiewe burgers deel te neem teen misdaad. Hy het beklemtoon dat hulle as oë en ore vir die polisie moet optree en dat die polisie eintlik hierdie soort inisiatief moet verwelkom. Alle optrede van deelnemers van die projek is binne die raamwerk van die wet.

Hier volg die skynbare bevel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ronel ·

Bewys net weereens dat daar WEL polisielede is wat nie wet en orde sal of wil handhaaf nie! Dit vrot mos van die kop af ondertoe…

Hou van ·

Ek hou van sy swierige handtekening, dit lyk nogal ‘geleerd’ . . .

MCH ·

Daarmee nog n spyker in die doodskis van demokrasie. Die Vrystaat is ongetwyfeld en onteenseglik n veilige basis vir Zuma wat deesdae minderheidsgroepe vervreem met ontstellende rassistiese uitsprake. Sy kornuit is premier en die se seun geen onbekende in Guptaland nie. Deel van die Mafia soos gister berig deur Maroela media in die staatskapingsverslag deur akademici. Aangesien Afriforum se vorige suksesse verseker n bedreiging vir bestaande polisiering voorspel, en omdat dit gedrywe word deur n minderheidsgroep, is dit n bedreiging. Hoe gouer ons gaan besef dis n aanslag op alle terreine in totaliteit ook teen blankes, hoe beter. Een van die rookskerms om hul brousel agter weg te steek.Soos gister se akademiese verslag oor staatskaping dit baie duidelik uitspel, is deel van die strategie, die aanstelling van persone wat die oor die kapasiteit beskik nie, vir kanonvoer of
” collateral damage” Alles rookskerms terwyl die land se bates gestroop word. Wat n gemors!

Laat my wonder ·

Die lewe leer ons jy is of vir ‘n saak of jys teen ‘n saak. Ek wonder nou wat isdie SAPS se standpunt oor die saak.

Regtig ·

Wonderlik hoe vinnig die brief uitgestuur is maar dit vat jare om met ander wetgewing. Wys jou net hulle kan nog lees en skryf.

Pieterlewismuts ·

Sny sy water en ligte dan sien ons of dit nog so voorspoedig gaan met hom.

Johan. H. ·

Maar as daar n misdaat is skree hulle gou-gou help , wees op die uitkyk… Seker weer n bbbeee aanstelling, Hierdie lot moet minder praat en meer doen, wat n wonderlike wereld sou dit nie wees,,,,

Sê maar net ·

Met leiers soos die mnr Tsunamie is hulle werklik soos Tsunamies vernietig alles tot dat daar net “rommel” oor is.

tom ·

Van n straat veer tot n kommesaris hy weet niks hy verstaan nie die wet

Antjie ·

Dit verklaar baie. Van die hoë persentasie plaasmoorde tot die bendes op die ashope van Bfn. Doen asb meer hiermee! Kry dit by ondersoek kommissies en by minister van Polisie en selfs internasionaal. Baie hiervan word gesien deur wit mense as rassisme, hoewel dit eintlik neerkom op onvoldoende bestuur in die Polisie self ook.

Ben Prinsloo ·

Nadat ek n bietjie huiswerk gedoen het het ek agter die kap van die byl gekom. Generaal Roland de Vries was n baie suksesvolle offisier in die SAW wat verskeie operasies suksesvol uitgevoer het teen terroriste. Dit wil vir my voorkom asof die Generaal die inisiatief geneem het en in beheer is van hierdie Nehemia beweging. Die meeste ringkoppe in die polisie en saw vandag (laat ek liewer polities korrek wees en sê wás) terroriste. Nou verstaan u seker die kommesaris se optrede en paniek.

Rabes ·

Die kamma leier is deurmekaar… bo aan sy omsendbrief by navrae plaas hy lt. gen. en die volgende maj. gen. Dit is verkeerd en word as gen. maj. aangespreek.

Johann ·

Kluster? Is dit nou ‘n anglisisme of wat, want verseker is dit nie ‘n mooi suiwer Afrikaanse woord nie (cluster is die Engels) Afrikaans kan mens seker van tros praat? Of het iemand dalk ‘n meer korrekte woord. Dit lyk my deesdae as die Afrikaanse taalmense nie ‘n Afrikaanse woord het nie, dan gryp dit sommer die Engelse woord ek kap net ‘n Afrikaanse letter vooraan, en siedaar ons het ‘n nuwe woord. Kluster kom in ieder geval nie in die ouer woordeboeke voor nie.

Alida ·

“Kluster” kom wel in Pharos se Tweetalige Woordeboek en in die Afrikaanse Thesaurus voor. “Tros” sal werk as vertaling vir bv. ‘n “cluster bomb”, maar dit sal nie geskik wees in hierdie berig nie. Klustervergaderings is deesdae ‘n algemene woord in die onderwysomgewing waar vakonderwysers van verskillende skole in dieselfde distrik oor die inhoud van ‘n bepaalde vak vergader.

Johann ·

Dankie Alida, ek waardeer. Ek het natuurlik ‘n HAT en ‘n tweetalige woordeboek van ‘n hele klomp jaar oud. Ek sien maar in die jongste tye, daar duik al meer “vreemde” woorde in Afrikaans op in die koerante wat sommer bykans direk in Afrikaans vertaal word. Ek wil liewers nie my neus in die nuwe woordeboeke druk nie, juis om die “vreemde” direkte vertalings. Een van die dae sit ons met Kaaps en wat nog, daarin.

Ons het nie meer mense wat kreatief in Afrikaans kan dink en woorde skep nie.

Mol ·

“They don’t know what they don’t know”
Dit strook nie met hul strategie nie!

Bruno Stef ·

Dit is maklik om twee en twee bymekaar te tel. Die huidige SG saak teen die Parys Boere het baie daartoe bygedra omrede n Polisie Kaptein ook aangekla word.Die polisie in die Vrystaat beskou seker alle groepe as”Vigalante groepe” wat die wet in eie hande neem onder die voorwendsel dat hulle met die Polisie saamwerk.

Justice ·

Nou is die tyd vir Min. Mabaluba om te bewys dat hy nie net `n sak vol wind is nie maar murg in sy pype het – raak ontslae van Phahlane en Tsumane. Wat probeer die twee afdwing? Die Suid Afrikaanse Mafia is `n werklikheid wat lynreg teen alle vorme van misdaadbekamping is. Die NVG leierskap val in dieselfde kategorie met hul selektiewe vervolgings.

Johannes van Staden ·

Dis jammer dat SA ontaard tot op sie vlak …hoe herstel so iets. Die anc het regtig SA op sy knee

jaco ·

ek weet nie waaroor almal kla nie. Die ANC wil die wit boere van die grond af hê en die plaasaanvallers doen die aanvoerwerk om dit te bewerkstellig, vir die ANC. Uiteindelik as die onteiningswet in werking tree, is daar baie minder boere oor om nog te onteien. Hoe gaan dit dus lyk as die SAPD, wat deur die ANC-regering beheer word, gaan help met die bekamping van plaasaanvalle en moorde? Sien almal wat so kla dan nie “die skrif aan die muur” nie???

TM ·

Dit is doodeenvoudig. Hulle word verbied omdat dit sal beteken hulle moet begin werk, want iemand soos Afriforum hou hulle nou verantwoordelik. Die wet en enige wetlike dokument beteken vir hulle niks. Hulle steur hulle nie eens aan hofuitsprake nie. En dis nou ons polisie, want eens ‘n trots was.

Adoons ·

NEMIAH Project: kan jy dit oorvertel? Dat hulle nie eers die moeite kan doen om die korrekte Afrikaans (Nehemia) of Engels (Nehemiah) te gaan opsoek nie!

Kas ·

Want die ANC HAAT die mense van die land. Hulle is net daar vir eie gewin ten koste van die massas.

Vierkleur ·

Aan Kas – Hou moed. Die Republiek van die Oranje Vrystaat SAL weer herstel word. Ons sal weer regeer en nie bannelinge in ons eie land wees nie. Nie onder die Engelse of swart juk staan nie.

al ·

Die polisie wil dan juis hê ons publiek moet hul help met die stryd téén misdaad! Nou hoe dan nou?!

Big daddy ·

Ek vertrou geen polisieman nie. Ek moet n baie erenstige klag le in ladybrand maar her absoluut geen vertroue in hulle nie. En die probleem daar is wit lede. Dis siek.

Ronell ·

Big Daddy. Net soos jy geen polisieman vertrou nie, vertrou niemand iemand wat skuil onder ‘n skuilnaam nie. Jy kan nie sê al die polisiebeamptes is verkeerd nie, net soos wat jy nie ‘n hele boks appels kan weggooi omdat daar een slegte appel in is nie.
Hierdie brief met die opdrag daarin, sal verseker ondersoek word, daar is te veel oë op die polisie om dit net te ignoreer.
Publiek moet ook deeglik kennis neem, na die Marikana debakel wil geen polisiebeampte meer optree teen belhamels nie, doen hulle dit, word hulle aangekla en afgedank.

Johann Marx ·

Dis maklik om te verstaan. SA kan NIE bekostig om al die misdaad op te los en voorkom nie, want ons het ‘n misdaad-gebasseerde ekonomie. As daar geen voertuie gesteel word om te vervang nie, is ons motor-industrie in sy kanon in. As daar geen misdaad was nie, was 1 miljoen “wagte” werkloos. As daar geen misdaad was nie, was daar GEEN sekuriteitsmaatskappye nodig nie, of lemmedraad vervaardigers en installeerders, of elektroniese alarmstelsel vervaardigers of installeerders nie. Daar sal miljoene stene minders verkoop word, want al die mure sou onnodig wees. En die regerig sou uitmis op hulle 14% van al daardie uitgawes…..dink daaroor…

Ekke ·

Laat ons maar die dinge wat nou gebeur reg in die oe kyk!! Haat witmense, gryp en moor hulle! Maar moenie iets oorlaat nie! Steek dit aan die brand! Dit brand ook vingerafdrukke so ek is veilig! Wat gaan ons doen? Sit en toekyk? Ons ouens oor 80 kan nou boggerall doen!! Jong wittes moet maar opruk en wys hulle het murg in hulle bene! Self trots en lus om te oorleef! Gee ons ouens raad! Al wat die meeste van ons kan doen: is Bid!!

Vierkleur ·

Nie geweet daar is polisie in die Oranje Vrystaat nie ?

CHRISTA ·

Ek wonder net: WAT VREES TSUMANE? Dit klink vir my hierdie Projek Nehemia laat sy broek bewe!! Oom Angus, ons liewe HERE is besig om die ANC se sake lelik deurmekaar te krap!! PRYS DIE HERE!!!

J ·

Ons Hemelse Vader SAL die laaste skuif doen terwyl ons op ons knieë bly. Behou GELOOF.

al ·

Inderdaad. Die geraamtes val met ñ spoed uit die kas van die regering, als deel van die groter plan.

Johannes Meintjes ·

As oud weermaglid en GPF deelnemer wie self al 7 keer in 3 jaar deur roof en besering geteister is op ‘n plot, wil dit soms voorkom asof die SAPD die staat beskerm en nie die burgers nie. Die AfriForum Buurtwag model help na mening om inwoner-deelname te vergroot en risiko te verminder. Sou die SAPD dan versuim om met beter toegerusde Buurtwagte te wil saamwerk (wat teen die praktiese werkwyses tot datum getuig!), dan sal SA burgers en buurte na mening moet begin besin oor privaat weermagte en uitgebreide sekuriteitsorganisasies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.