Twee mans word gesoek in verband met ʼn rooftog Maandagmiddag by die poskantoor op Ventersburg in die Vrystaat.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die posmeester en nog ʼn werknemer van die poskantoor was omstreeks 16:20 nog besig met werk toe twee mans in die kantoor instorm. Hulle het die glasdeur oopgeskop.
“Die mans het die twee werknemers met ʼn vuurwapen gedreig en geld geëis,” sê Makhele.
Die posmeester het dadelik vir die twee mans gewys waar die geld is.
“Die mans het die geld gevat sowel as die posmeester se beursie met R600 kontant, sy bankkaart en identiteitsdokument.”
Die mans het daarna in ʼn silwerkleurige Hyundai met ʼn Lesotho-nommerplaat gevlug.
Die polisie versoek dat enigiemand met meer inligting wat tot die saak kan bydra, die dorp se stasiebevelvoerder by 082 526 2922 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Die ANC gee die wereld n vry pas in SA in. Geen grense meer!
Wat van die rowers in die parlement…word hulle ook gesoek? Vra namens ‘n besorgde vriend…
Watter model Hyundai?
Registrasie nommer?
En ons grense is veronderstel om nog “gesluit” te wees.
Maar daai slot se kode is net so groot geheim soos ‘n matriek wiskunde vraestel…..
Was daar iets om te roof aangesien poskantoor ook bankrot is?